Ramaphosa wil AfriForum se ingryping in Vrystaat teenstaan

(Argieffoto: free-state-info.co.za)

Pres. Cyril Ramaphosa is slegs vanweë sy oorsigtelike rol as ʼn respondent in AfriForum se hofsaak om die Ngwathe-munisipaliteit onder administrasie te laat plaas betrokke. Nietemin het die president aangedui dat hy dié saak gaan teenstaan.

Die munisipaliteit bedien die dorpe Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies en Edenville.

Die burgerregtegroep het vroeër vandeesmaand hofstukke by die hooggeregshof in Bloemfontein ingedien om die plaaslike owerheid onder administrasie te laat plaas. Die stap volg op die langdurige en voortslepende gebrek aan dienslewering en die plaaslike waterkrisis.

Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier, sê dit lyk of Ramaphosa die gebrek aan dienslewering en die verval goedkeur eerder as om in te gryp en te verseker dat inwoners van veral Parys en Heilbron van water en basiese dienslewering voorsien word.

In die hofstukke voer AfriForum onder meer aan dat die munisipaliteit daarin misluk om ʼn veilige en leefbare omgewing vir inwoners te verseker. AfriForum grond dit op verskeie kwessies. Dit sluit in:

  • mislukking om die munisipale administrasie te struktureer en te beheer;
  • algehele gebrek aan begrotings en beplanningsprosesse;
  • mislukking om uiting te gee aan die basiese behoeftes van die gemeenskap; en
  • uiterste mislukking om die maatskaplike en ekonomiese groei van die gemeenskap te bevorder.

Pretorius sê inwoners van Parys sit al jare lank met ʼn gebrek aan skoon water. In hierdie stadium het Heilbron ook baie min water omdat die Ngwathe-munisipaliteit nie sy finansiële verpligtinge teenoor Rand Water nakom nie.

“Dienslewering bestaan in die algemeen nie in die Ngwathe-munisipaliteit nie.”

Die Ngwathe-munisipaliteit het nog nie aangedui of hy die aansoek gaan teenstaan nie. “Daar is nog nie ʼn hofdatum vasgestel ná die jongste verwikkelinge nie. Die gemeenskap is werklik teleurgesteld in Ramaphosa se besluit om hierdie aansoek teen te staan en ons wag dan vir sy verweer,” sê Pretorius.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eugene ·

Natuurlik sal hy….so nie, droog nog ‘n korrupsie en selfverryking put op.

Papsak ·

Dankie Friforum druk deur wys hom want hy en sy regering is een groot mislikking op alles ??????

Sobymykoolkop ·

Staan terug AfriForum. Cyril gaan van daai 5 dorpe Rolls Royce’s maak.

Frank ·

Ja nee ou Cyril, chaos is mos beter. Mos wat julle verkies!!!

Mariana ·

Hy misluk op soveel maniere. Swakste president wat SA nig gehad het. Hy is maar net soos sy kabinet net daar vir eie gewin. Hy stel nou net belang in sy verkiesingsfoefies of is dit poefies. Hy het geen belang by die mense van hierdie land nie, net homself en die ANC en natuurlik sy Russiese, Chinese en Palestynse vriende. Tyd het aangebreek om hom pad af te stuur. Hy moet gaan.

Piet parys ·

Mamparra Ramaphosa se mislukte regering as dit gebeur sal die ANC se korrupte amptenare werkloos wees want nie een is bevoeg om sy werk te doen nie .

Marinda ·

Ramaphosa en sy kaders is bang hul verloor hul miljoene rande en dan moet hul soos die gewone burgers leef en daarvoor sien hul nie kans nie., dit is darem te veel gevra……..

Jaco ·

As meeste mense in dié munisipaliteit nou wit was, het ek nog Ramaphosa se aksie teen Afriforum verstaan. Seker dan maar deel van die ewige “straf” vir apartheid. MAAR meeste mense in dié munisipaliteit is van Ramaphosa se ras. So hoe dan nou? Hoe sorg hulle dan so swak vir hulle eie mense???

Althes ·

Dankie Afriforum! Die regering wat so alles wil laat nasionaliseer teen 2030, moet verantwoording doen vir die mislukte dienste aan sy burgers.

Kokerboom ·

Kla die President aan!
Die man is ‘n absolute skande vir land.

Christo ·

Dis omdat dit hom en sy party in die verleentheid stel

JohanR ·

Wil Ramaphosa he dat niks in Suid Afrika moet verbeter nie. Alles moet maar ANC vrot bly!

domheks ·

Teenstaan??? Wil jy in ‘n dorp bly waar cANCer niks doen en nog steeds elke maand geld daarvoor kry. Geen water? Dit is ‘n mense reg om SKOON DRINKWATER te kry! Maar dit wys weereens cANCer kyk net waar om die trog vol te maak – weet nie wat op grondvlak aan die gang is nie.

Allop ·

Die ironie is dat die gewone swart burger nog steeds vir die korrupte ANC bly stem al krepeer hulle onder die leiding van die ANC

Cassie Carstens ·

Dis mos sy vriend ACE se dorpe. Hy is die swakste president wat ons land ooit gehad het. Hy het geen ruggraat nie en laat Gods water maar net oor Gods akker loop. Ek dink hierdie is sy laaste stuiptrekkings.

Chris ·

Ek kan ons wittes nie verstaan nie. Ek veralgemeen nou. Ons kla en kerm en wag tot iemand anders iets doen. Hier in ons area met die onluste het die inwoners patrollies gehad wat strate geblok het. Geen ongewenste persone is toegelaat nie. Ons wittes moet uit eie geledere inisiatiewe begin wat self doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.