Ramaphosa wil beleggers by mynbou-indaba bekoor

cyril-ramaphosa-deur-ANA

Pres. Cyril Ramaphosa sal die eerste Suid-Afrikaanse president wees om die jaarlikse mynbou-indaba toe te spreek. Foto: ANA.

Pres. Cyril Ramaphosa sal Dinsdagaand ʼn gehoor van sowat 6 000 besluitnemers probeer oortuig dat Suid-Afrika dié plek is vir enige uitbreiding van hul mynbou-aktiwiteite.

Ramaphosa is die eerste Suid-Afrikaanse president wat die jaarlikse Belê in Afrika Mynbou-indaba by die Kaapstadse konvensiesentrum gaan toespreek. Ghanese president Nana Akufo-Addo sal hom bystaan.

Kenners meen dit is ʼn teken van hóé ernstig Ramaphosa is om beleggers vir die land te vind. Meer as 700 internasionale besluitnemers van die openbare en private sektor woon die konferensie by.

Volgens ʼn verklaring van die presidensie sal die president se boodskap, wat na verwagting om 19:00 gelewer word, hoofsaaklik fokus op politieke stabiliteit en die aanloklikheid van sakegeleenthede in die land.

“Die president sal Suid-Afrika aanbied as ʼn mededingende en beleggersvriendelike bestemming wat ʼn unieke kombinasie van hoogs ontwikkelende ekonomiese infrastruktuur en ʼn lewendige ontluikende mark bied met volhoubare beleggingsgeleenthede,” luidens die verklaring van die presidensie.

Ramaphosa en Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het tot Donderdag om internasionale en plaaslike beleggers en mynboumaatskappye te oortuig dat Suid-Afrika die regte plek vir hulle is om hul geld te belê en werksgeleenthede in die sektor te skep.

Die indaba is die wêreld se grootste byeenkoms van invloedryke belanghebbers en besluitnemers in die vasteland se mynboubedryf. Dit word bygewoon deur besluitnemers van die openbare en private sektor.

ʼn Verdere 35 ministers van lande uit Afrika woon ook die geleentheid by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

CW ·

Wonder wat se wolhaarstories hy nou weer wil opdis. Hy is mos nou uitgevang met die oues. En die stemvee sal hom glo maar niemand anders nie.

zoom zoom ·

Ek hoop hy vertel vir die mense van Sy aandeel in die Marikana slagting.

Sarel ·

Hoe ernstig kan Cyril Ramaphosa werklik oor beleggings wees as hy uit twee monde praat, een met die internasionale gemeenskap en die ander een waarmee hy die teenoorgestelde vir sy eie bevolking sy werklike voormenes probeer voer. Niemand glo hom meer nie. Die brief van die 5 internasionele lande, met die VSA aan die spits, is ‘n voorbeeld van hoe sy geloofwaardigheid geag word.

Werner ·

Nouja en en daar kom die brief van die internasionale 5 met die VSA aan die voorpunt toe op ‘n baie ongeleë tyd.

CW ·

Nee wat, het jy al gehoor dat hy kommentaar lewer daarop.
Pla hom en anc niks behalwe dat protokol nou nie gevolg is nie

CW ·

en soos sy gewoonte is swyg hy soos die graf oor die brief. Dalk klim hy vanaand uit die swygsame kas en verduidelik alles mooi sodat stemvee kan verstaan hys n goeie ou wat deur rassiste gejaag word

Afrikaner ·

En natuurlik gedurende daardie 9 verlore jare tydens die Zuma bewind waarvan Cyril in Davos gepraat het, was Cyril deel van die stelsel en soos Cope nou heel tereg uitwys, het Cyril niks daaraan gedoen nie.

CW ·

Dalk hoor ons nog later in Zondi komissie hoekom hy niks gedoen het nieDalk het hy goeie finansieele rede gehad

Niccy ·

Ha-ha-ha. Smeer maar die heuningkwas. Niemand glo jou meer nie. Gaan myne nie ook onder onteining sonder vergoeding nie?

jean ·

Genugtig!….Wat gaan die etery en drinkery ons nou weer kos?…Hy smeek verniet…as die groot 5 gewaarsku het, beter hy begin ag slaan daarop.

Se maar net ·

Hoekom? Hys dan leier van magtige anc, hulle skrik vir niks en gaan vir ewig regeer onthou.

Jepetto ·

Belegers is nie dom nie Sirel is in skaakmat kom ons kyk hoe hy iut die een kom

Spike ·

Jy kannie ñ comrade en kader glo nie. Sekerlik een van ons swakste presidente ooit. Hy is te bang om standpunt in te neem en word deur premitiewe denkers voorgesê.

Johann ·

Die ergste is die vermetelde vlak van absulute arrogansie… hy en sy kaders LIEG as beginsel, en aanvaar dat mense dit vir soetkoek MOET opvreet. Want die ANC SE SO… in your face LIAR!

AttieNo1 ·

Hy bedoel elke woord wat hy se. Die probleem is hulle kort beleggers in baie sektore in n kapitaal skaars land soos SA. Vir die kiesers sing hy n ander deuntjie van Sosialisme en hy bedoel elke woord daarvan ook. Wat jy kry is n tipe “crony-capitalism” met wat 1 of 2 % groei? n Ongesteurde vryemarkstelsel kan 10 to 12% groei bring, maar dit is nie wat die kiesers wil hoor nie nee. Nes Zimbabwe nes Venezuela verdien die bevolking die regering wat hulle het..Hard en Aanhoudend!

Hansmyt.eeiskoud ·

Hy kan nie eens riool aan die rioolplaas verkoop nie…nou wil hy SA verkoop aan hoogs intelevente beleggers. Het hy die ernstige brief ooit verstaan wat die VSA en andere gestuur het?

Asjas ·

Mag julle Afrika in sy volle glorie(in) ervaar en in so mate geniet dat as (nie wanneer) julle weer op eie bodem terug is, op julle kniee val en die grond soen!!
Julle (jul besitting) is baie welkom hier!!

willem Botha ·

Die probleem wat hy nooit aanspreek nie is die regering se diskriminerende beleid teenoor minderhede,die staats departemente wat nie behoorlik funksioneer nie en die vreeslike toename in misdaad agv die grense wat oop is en vrye toegang bied aan die res van afrika.

Joe ·

Hoekom sal hy dit aanspreuk as hy saam op dit besluit het? Net soos Mmusi wat al vir jare lank se BEE sal viraltyd bly.

Dries du Toit ·

Dit is n baie gevaarlike man daai. Hy lieg vir die wereld en sy eie mense. Hy het binne n paar jaar skatryk geword. Hy het geweet en deelgeneem aan al die korrupsie. Bosasa , SARS, NVG, Transnet, SAL, Guptas, Prasa ens ens het onmoontlik nie sonder hom en sy bedmaat Zuma en Mokoyane en ….en ….plaas gevind nie

Jerry ·

Verandering aan beleid om dit meer beleggersvriendelik te maak is reeds ingebou in die mynbou handves. Daarmee saam sal CR by die mynbou-indaba beleggers probeer oortuig dat vakbond en politieke stabiliteit sy volle aandag sal geniet. Beleggers sal na afloop van die indaba van beloftes en waarborge die mynbou asook olie ontginning geleenthede met beide hande aangryp vir die eenvoudige rede dat dit vir beleggers steeds baie lonend sal wees, maak nie saak wat ookal, vorentoe gebeur nie. Dit hou ook baie belofte in van opheffing, werkskepping en opleiding vir gemeenskappe. Die teendeel is natuurlik ook waar. Soos ons die ANC egter reeds leer ken het is hulle strategie baie geskoei op misleiding en revolusionere kaderselfverryking en sal niks hulle verhoed wanneer alles eers lekker op dreef is en die omgewing klaar besoedel is, om dan weer n klimaat te skep vir verandering wat aan hulle nog n groter deel van die koek sal besorg met gemeenskappe wat steeds net met die krummels tevrede sal moet wees.

Dries du Toit ·

Hy sal dit nie aanspreek nie Willem. Hy is deel daarvan. Dit trek die aandag af van ander belangrike dinge

Jordaan ·

Dit beteken net een dink, hy lieg alweer dat sy tande klap, want dit is die enigste manier om beleggers te probeer oortuig hierdie transformania en misdaad mekka “bekoor” enigiemand.

Sinies ·

Die mynbou mense is slimmer as n Roelf en FW, hulle gaan geduldig luister, die woorde be oordeel vir wat dit werd is en belê waar hulle peil kan trek op die regulatoriese omgewing.
Dit is nie SA nie.

Koos de Meyer. ·

Hy vertel nie van protesoptogte en al die “demands by” die myne nie. Grond storie ens.

Se ek maar net ·

Watter infrastruktuur praat hy van wat bevorderlik is vir mynbou. Eskom bestaan in naam en ons” pothole paaie is nie geskik vir swaar mynbou verkeer nie. Water en riolering is ‘n ernstige probleem oral uitgesluit die stakende werkersmag wat hulle kan verwag en dan die diefstalle. Mantashe het mos nouook gese die plaaslike bevolking van die gebied waar die myn gelee is moet voordeel uit die myn trek. So in kort enige belegger wat hier wil bele moet dan maar miskien voel as hy/sy nie navorsing doen nie.

Vra net ·

Hulle vra vir buitelanders om in die Mynbou te belê, maar daar is AMCU staking by die Sibanye Stillwater Goudmyne al vir meer as 2 maande aan die gang. Dalk is dit die rede dat die media nie meer daaroor berig nie. Hoe belê jy as belegger miljarde rande en dan besluit ‘n unie hulle aanvaar nie ‘n getekende loon ooreenkoms en staak?

Meerkat ·

Ek het idee hulle gaan hul land se eie mense saam stuur om die werk te kom doen.

Ramkat ·

Hy vergeet ‘n groot aantal van daardie beleggers gaan wit wees.

LHS ·

Die regtige groot mynmagnate weet presies wat in die land aangaan, niemand is stupid nie. Die enigste buitelanders wat hier sal waag hou van hoe risiko beleggings of het ander verskuilde agendas soos die Chinese. Cyril moet groot angs ervaar rondom die ekonomie om self so erstig na beleggers te help soek.

Joe V ·

Hoekom belê ons nie sommer self in die myne nie, dan bly die geld hier en die minerale word verkoop?. Ons kan ten minste dan bietjie meer geld maak daaruit aangesien ons nie meer self met die minerale kan werk nie.

George van Bloem ·

Hahahahahahahahaha!!!!Good luck with that Ramapocchio!

Lindtjies ·

Die saadtjie van agterdog en twyfel is al reeds in die buiteland gesaai Mnr Ramaphosa. Met al die plaasmoorde en grond onteiening sit julle turf ‘n bietjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.