Ramaphosa wil impak van brandstofpryse, BTW verminder

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag gesê die regering gaan ʼn stel ekonomiese maatreëls bekendstel wat sal help om die las te verlig wat Suid-Afrikaners dra in terme van die styging in die brandstofprys asook BTW.

Ramaphosa het sakelui en regeringsbeamptes in Pretoria toegespreek voor die Brics-beraad later vandeesmaand.

Volgens hom sal dié stel maatreëls die finalisering van die lys produkte wat uitgesluit word van BTW insluit. “Ek sal die ministers vra om die maatreëls binne twee weke te finaliseer.”

Hy het verder ʼn beroep gedoen op handelaars, spesifiek voedselvervaardigers, om nie dadelik verhogings op voedsel te implementeer nie.

Die regering het die afgelope ruk fel deurgeloop onder kritiek deur opposisiepartye en die samelewing oor die jongste brandstofverhoging en nóg verhogings word verwag. Die ANC het ook gevra vir die regering se ingryping.

Jeff Radebe, minister van energie, het vroeër gesê Suid-Afrika is ʼn nie-olieproduserende land en dat die regering die pryse van brandstof moet aanvaar soos wat dit deur die internasionale mark vasgestel word.

Ramaphosa het voorgestel dat padverbruikers moet probeer om saam te reis, onnodige reise te vermy en “ekonomiese bestuurstegnieke” toe te pas om die impak van die brandstofprysverhoging te verminder.

Radebe het verduidelik dat Ramaphosa opdrag gegee het dat die mandaat van die BTW-kommissie verbreed moet word om die brandstofpryskwessies in te sluit.

Die binnelandse prys vir 95 oktaan petrol het Woensdag tot ʼn rekordbedrag van R16,02 per liter gestyg terwyl die prys aan die kus nou R15,43 per liter is.

Pryse sal na verwagting in Augustus verder styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jakkalas ·

Dis bog dis agv al die belastings wat die ANC regering op die brandstof prys laai. Gedurende 2012 was die prys van olie $142/ vaat. Dit het ongeveer R8-9/ltr gekos toe en die Rand was teen die Dollar ongeveer R12,50. Nou kos olie $75/vaat internasionaal en die Rand teen Dollar R13,50 maar brandstof oor die R16/ltr. O ja en ons was toe ook nie ‘n olie produserende land Mnr. Radebe. Wat het verander behalwe julle gulsigheid na geld wat julle by die belasting betaler wil uitsuig.

ne ·

Mooi gestel, Jakkals. Maar ander mense het nie die verstand om dit so te bereken nie.

Ouman ·

Waar is die ru olie reserwes? O ja die korruptes het dit gesmous en nou het ons niks

humor ·

En so sal die belastingbetaler steeds dubbel moet opdok. Eerstens is ons van die belasting wat ons reeds betaal het, beroof. Nou word ons weer beroof deur duurder brandstofpryse om die beroofde geld terug in die staatskas te kry. En ons hoor nog steeds niks dat die korupte kaders enige iets al terug betaal het nie.

snoefie ·

is brian molefe se grasietyd om terug te betaal nie al verby nie? nog nie gehoor hy het terug betaal nie!

Chris Ws ·

Die internationale ru-olie prys ten spyt,kan die regering MORE die brandstof pryse met tot R5 per liter verminder!Dis net belastings bo op belastings en ook die padbouheffing wat niks beteken nie, wat die brandstof in ons land so onnodig duur maak.Ek wens daar was ‘n manier om die anc regering se ondersteuners presies in te lig WAAROM hulle brandstof so duur is hier teen oor in ons buurlande.
Dit sal gaaf wees indien Maroela Media ‘n indiepte prys samestelling van brandstof in SA kan publiseer.

snoefie ·

met dien verstande chris, daardie buurlande kry hulle brandstof uit Suid Afrika, nie uit china nie. maar betaal minder as ons.

Nick ·

Gee die man ‘n kans. Hy is nog nie eers ‘n jaar ons President nie. Ék het nie ‘n probleem nie. As hy ‘n “goeie job” doen, stem ek volgende jaar ANC…

Is jy van jou trollie af? ·

Haha in die paar maande wat hy president van ons land geword het, her one land net nog verder in duie gestort en is hierdie land besig om verder agteruit te gaan. Duidelik is jy een van die “uneducated” slaafse volgelinge van die ANC wat alles soos soetkoek opeet. Hoop jy skrik vinnie Walker!

Chris Ws ·

Nick jy leef in ‘n droom wereld.Skrik wakker en kyk om jou rond na wat in die land gebeur van hy president geword het.Als stort in duie .Die ekonomie verswak net meer en niks verbeter nie.Hy verskil NIKS van Zuma nie – hy is net baie slimmer.

Piet Piper ·

Wonder of ANC cadres ‘n vaagste benul het waarom Sasol destyds op die been gebring is in RSA deur ‘n uitstekende regering. Juis om in sulke situasies vir S.A brandstof teen ‘n bekostigbare prys te voorsien.
Bietjie af van die punt, maar ek moet ‘n klip in die bos gooi en sou graag dat ons agbare President en S.A se Polisie hoofde kennis neem: ” Die Polisie in hierdie land word deesdae so intimideer deur die wettelose betogers, afbrekers , brandstigters en kriminele dat hulle gladnie hul werk effektief kan doen, Hulle is op die meeste dorpe en in stedelike plekke te bang om misdaad vas te vat……..hoekom??? Hulle word gedreig dat hul huise sal afgebrand word, dat hulle en/of hul gesinne seergemaak sal word en selfs vermoor sal word. Hierdie “magteloosheid” van ons Polisiemag moet dringende deur Pres Ramophosa en die hoof en Minister van Polisie aangespreek word. Hier is groot moeilikheid in RSA wat dit betref.

Rudolf Peens ·

Produseer Sasol Dan nie meer nie?Was dit nie plus minus 40% van gebruik nie?

Jannie ·

Mooi Nick ek hoop jy is eendag man genoeg om te erken jy het bygedra tot ń land wat in duie gestort het.
Gaan kyk net wat het die ANC in 24 jaar vermag, jy sien dalk iets wat ek miskyk- help my asb. as ek blind is.

Wouter ·

Jannie, Jannie, Jannie
Nick sê dit tong in die kies. Ai tog….ontspan.

Boer maak 'n plan ·

Gaan Google hoe Sasol ontstaan het. Ons was wêreld leiers en het ons eie brandstof vervaardig deur middel van Coal liquefaction. Dis alles belastings en die massas moet nou glo niks BTW op sy pap gaan die las wat hy voel agv die petrol prys verlig.

Johanna Botha ·

Die anc gaan nou n plan maak …o vader ! Die plan gaan behels OSV en om al die verkeerde goed weer te se ….die mense wil nie leer nie en sal ook nooit !

Hannes Eksteen ·

Sasol vervaardig ons eie brandstof
Waarom is die sasol prys dieselfde as die ingevoerde brandstof
Ek dink dit is al lankal tyd dat ons sasol negin aanvat

Tinus ·

Dit is ‘n baie goeie voorneme, ek salueer u president Ramaphosa.

gee my krag ·

Tinus – Nee man moet nie als glo wat jy hoor nie. CR en die anc gaan geen maar geen verskil maak in die ekonomie nie behalwe ondergang.

Johan ·

Sasol borg al die taxis se brandstof teen laerpryse. Hulle gaan nou net weer vir die swart werkers aandeleskema begin. Solidariteit gaan nou die eerste keer dat wit werkers gaan staak by Sasol want hulle word nou uitgesluit by die skema

pieter ·

Gaan ondersoek wat die basis prysvasstelling van brandstof is. Die formule wat gebruik word kom kortliks daarop neer wat dit sal kos om gerafineerde brandstof in te voer vanaf Singapoer en Kalifornie. Dit is wat die ou regering gedoen het om beskerming teen sanksies te bewerkstellig. Ons brandstyof prys is as gevolg van die uitgedateerde metode van prys bepaling sowat R8 per liter te duur.

Avra ·

Geagte Mnr die President. U moes in die eerste plek nie toegelaat het dat petrolprys handuit geruk het nie. Nou moet u ook toe sien dat ALLE produkte se pryse ook daal.
Los maar BTW op 15%. Dit moes jare gelede al verhoog het.

Pietman ·

Eintlik is dit maar weereens die publiek wat moet help om die gevolge van wanbestuur deur die regering te absorbeer, of maak ek iewers ‘n oordeelsfout. Kospryse gaan en sal verhoog; produsente en handelaars kan nie bekostig om aan die Pres. se beroep toe te gee nie – hulle winsmarges is onder druk, onder meer juis vanweë die einste regering se inmenging deur middel van regulasies en maatreëls wat kostestrukture opjaag.

Chrisn ·

Diesel 50 van SA in Botswana is R 10.30 per liter. 2 weke in Botswana gewees. O, ja en daar is wet en orde en die doodstraf is ook nog in werking.

Lynette ·

Ja, Botswana koop vanaf SA brandarof en hul pryse is helfte goedkoper…!!!

Swart Piet ·

Wat almal vergeet is dat dit binnekort weer verkiesings tyd is en die ANC geld nodig het vir T Hemde en Hoedjies en al sulke omkoop goedjies, sonder dit is hulle uit.

Ander Koos ·

Ai tog, net politieke spelery, niks gaan goedkoper word nie

Callie ·

Prys word vasgestel op wat dit by die hawens kos. Binneland betaal dus n denkbeeldige bedrag vir wat dit sou kos om petrol van die kus af hier te kry. Sasol maak dus groot winste en van die geld word terugbetaal aan taxi eienaars. Hulle hoef dus nie hul pryse van vervoer op te sit nie. Dit hou die massas rustig wat vir hulle stem.

Paul ·

Waarom hersien julle nie sommer nie terselfdertyd jul hele beleid en skaf alle remmende wetgewing af om die land se ekonomie aan die gang te kry nie?

Noellene ·

Regtig! Die anc vra die regering … ?
Hoe dom dink julle is die res van die wêreld ?

Alida ·

CR maak mens siek hy spandeer tyd aan goed waaraan hy niks kan doen nie maar kyk verby misdaad, gesondheid en vele ander goed. Stel mens teleur.

Chris Ws ·

Cyril Ramaphosa is nes Zuma – net baie slimmer.Mense verwag hopeloos te veel van hom.

Koos ·

Uitstekende geleentheid vir Cyril om die 4500 plase in staat se besit aan opkomende boere toe te deel, sodat hulle die reeds bekende Solaris nikotienvrye tabak op die plase kan kweek, waarmee reeds bio-brandstof vir straal vliegtuie geproduseer is hier plaaslik.

Dink net hoeveel werksgeleenthede kan daarmee vir die massas geskep word, ensomeer.

Dit sal SAA ook sommer help om op sy eie bene te staan en veel goedkoper as tans te kan vlieg.
Nog wyer voordele wat daaruit kan spruit.

Maar nee, sulke sake soos wat reeds bewys is as suksesvol, word mos heeltemal oor die hoof gesien en belaglikhede soos wat glo binnekort aangekondig gaan word EN wat niks tot stand bring nie, kry voorkeur.

Stephanus ·

Ja CR, almal moet opofferings maak behalwe die ANC regering. Halveer julle belasting en die brandstofprys val. Jy praat net, doen nooit iets. Praat oor korrupsie maar niemand word vervolg nie!!!

Chris Ws ·

Dis die hele punt Snoefie.Ons betaal belasting op brandstof maar al ons buurlande wat hul brandstof BY ONS KRY betaal geen belastings nie.Hoekom nie?Dan kan die belastings mos vir ons ook van die brandstof prys afgehaal word.
Tweedens waarom is Sasol brandstof dieselfde prys as die ander make?Sasol het NIE ‘n pyp om hul brandstof mee binne land toe vervoer nie maar die pypleiding koste is by!Verder is die produksiekoste om Sasol brandstof te vervaardig seker ‘n kwart so veel as die ander ru-olie make se kostes maar steeds is die prys dieselfde.Hier is mos ‘n reuse verneukery aan die gang!

Hendrik van George ·

Wat my groot plesier verskaf is dat ALLE ANC ondersteuners ook hierdie hoë prys moet betaal – nie net salaris trekkers nie, maar almal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.