Ramaphosa wil nie “verdeelde nasie” sien nie

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, het Dinsdag gesê hy wil graag ʼn samelewing en gemeenskappe sien wat nie in enige vorm verdeeld is nie.

“Suid-Afrika is steeds verdeeld weens geslag en rasse,” het hy Dinsdag aan redakteurs in Parktown, Johannesburg gesê. “Die ANC is toegewyd om ʼn nasie te bou wat maatskaplik samehangend is en om die rassegaping, wat steeds in die land bestaan, toe te maak.”

Ramaphosa sê die party sal verskeie programme en projekte van stapel stuur om seker te maak dat Suid-Afrika maatskaplik koherent is. “Ons spreek maatskaplike kohesie aan, omdat ons glo dat dit nie net ʼn gebeurtenis is nie, maar ʼn belangrike proses.”

Hy sê die party wil ook sport gebruik as ʼn instrument om die nasie te bou, “aangesien dit gewoonlik die nasie verenig”. Hy sê die land het in 2010 tydens die Sokker Wêreldbeker kohesie gewys toe besoekers verwelkom is.

“Ons bou gemeenskappe en samelewings wat nie in enige vorm verdeeld is nie,” het Ramaphosa bygevoeg. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

HARRY ·

solank daar rassisme van die kant van die regering is sal daar nooit eenselwigheid wees nie. put that in your pipe and smoke it.

alet ·

Jy is seker reg laat die mense wat so haatige teenoor die blankes tot hulle sinne kom en n mens aanvaar ons is nie mensvreeters nie .Ons soek dat die son maan en sterre vir ons ook moet skyn en vra ook vir n beter toekoms vir almal nie net vir die ANC wat dink hulle kan almal hiet en gebied nie

Grobbie ·

Dit klop nou glad nie vir my nie. Jy sê jy wil dit nie sien nie. STOP DAN:
1. Sogenaamde regstellende aksie
2. Swart ekonomiese bemagtiging
3. Sportkwotas
4. Plaasmoorde
5. Teikening van Afrikaanse universiteite/skole en ander Afrikaanse instansies
Ens. ens. ens……

percival ·

Asb.. hoekom dit stop terwyl ons dit nodig het om SA te herbou,na alles wat in die appartheid era gebeur het.

Bianca ·

Hoeveel jaar het julle nog nodig? Ek dink nie eers n 100 sal genoeg wees nie want as apartheid nie meer as verskoning kan gebruik word nie hoe gaan julle redeneer? As jy vir altyd gaan verskonings maak omdat jy nie iets van jou lewe kon maak nie is ek jammer om die nuus aan jou te breek…jy gaan vir altyd sit waar jy sit!!! Wat van ons wat na apartheid gekom het en wit is?? Dit moet mos moeilik wees vir ons om n bestaan te maak? Gelukkig het ons ouers ons geleer om te werk vir wat ons wil he en nie te wag vir die “grants” van die staat!

Shannon ·

As hy nie `n verdeelde nasie will sien nie stel ek voor ‘hou net jou oge styf toe’

petra van vuuren ·

shame!!!!!!!!!! woner wie dink hy glo hom????????????

Eben ·

Ramaphosa ek stem 100% saam jou en 100% van alle rasse stem saam jou. Maar die haat en verdeeltheid kom van julle anc af. Wat van al die korrupsie? Kom ons begin sommer by julle leier. Waar in die lewe het jy gesien R246 vir n huis en dan is die ook #$%^ gebou ook. Terloops ek wonder is daar bou planne ingedien is?

Los apartheid, doen iets oor plaas moorde, veroordeel die plaas moorde, roei korrupsie uit ongeag wie, ens ens dan stem ek ook vir die anc. Hoe lekker sou dit nie wees, as dit moontlik was! Terloops ek glo aan n paashaas …. kerfeesvader ens!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.