Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, het Dinsdag gesê hy wil graag ʼn samelewing en gemeenskappe sien wat nie in enige vorm verdeeld is nie.
“Suid-Afrika is steeds verdeeld weens geslag en rasse,” het hy Dinsdag aan redakteurs in Parktown, Johannesburg gesê. “Die ANC is toegewyd om ʼn nasie te bou wat maatskaplik samehangend is en om die rassegaping, wat steeds in die land bestaan, toe te maak.”
Ramaphosa sê die party sal verskeie programme en projekte van stapel stuur om seker te maak dat Suid-Afrika maatskaplik koherent is. “Ons spreek maatskaplike kohesie aan, omdat ons glo dat dit nie net ʼn gebeurtenis is nie, maar ʼn belangrike proses.”
Hy sê die party wil ook sport gebruik as ʼn instrument om die nasie te bou, “aangesien dit gewoonlik die nasie verenig”. Hy sê die land het in 2010 tydens die Sokker Wêreldbeker kohesie gewys toe besoekers verwelkom is.
“Ons bou gemeenskappe en samelewings wat nie in enige vorm verdeeld is nie,” het Ramaphosa bygevoeg. -SAPA
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
solank daar rassisme van die kant van die regering is sal daar nooit eenselwigheid wees nie. put that in your pipe and smoke it.
Jy is seker reg laat die mense wat so haatige teenoor die blankes tot hulle sinne kom en n mens aanvaar ons is nie mensvreeters nie .Ons soek dat die son maan en sterre vir ons ook moet skyn en vra ook vir n beter toekoms vir almal nie net vir die ANC wat dink hulle kan almal hiet en gebied nie
Dit klop nou glad nie vir my nie. Jy sê jy wil dit nie sien nie. STOP DAN:
1. Sogenaamde regstellende aksie
2. Swart ekonomiese bemagtiging
3. Sportkwotas
4. Plaasmoorde
5. Teikening van Afrikaanse universiteite/skole en ander Afrikaanse instansies
Ens. ens. ens……
As hy nie `n verdeelde nasie will sien nie stel ek voor ‘hou net jou oge styf toe’
shame!!!!!!!!!! woner wie dink hy glo hom????????????