Ramaphosa wil op platteland, townships fokus met stimuluspakket

Pres. Cyril Ramaphoa het Vrydagoggend in Pretoria aansporingsmaatreëls bekendgemaak om die trae ekonomie weer op dreef te kry. Foto: Thobile Mathonsi/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydagoggend ʼn stimuluspakket bekendgemaak waarvolgens R50 miljard aangewend sal word om die trae Suid-Afrikaanse ekonomie aan die groei te kry en broodnodige werkgeleenthede te skep.

“Ons maak vandag ʼn ekonomiese aansporings-en-herstelprogram bekend wat uit ʼn reeks maatreëls bestaan om beleggersvertroue te herstel, verdere werkverlies te voorkom en dringende uitdagings die hoof te bied wat ons kwesbare gemeenskappe in die gesig staar,” het Ramaphosa in ʼn toespraak in die Uniegebou in Pretoria gesê.

Die president sê die reaksie van sake- en arbeidsleiers met wie die regering oor die program oorleg gepleeg het, is uiters bemoedigend. “Talle sakelui het onderneem om hul bronne en kundigheid met ons te deel sodat die program kan slaag.”

Hy meen Suid-Afrika het reeds veel groter probleme suksesvol opgelos, soos die vreedsame oorgang na ʼn demokratiese bestel. “Deur saam te werk kan ons ook die huidige uitdaging [van trae ekonomiese groei, werkloosheid en gebrekkige infrastruktuur] die hoof bied. Dit kan help om die ekonomie op ʼn veel vaster voet te plaas om volhoubare groei moontlik te maak.”

Ramaphosa sê die program bestaan uit vyf hoofpunte. Omdat die regering “beperkte fiskale ruimte” het, sal staatsbesteding herprioritiseer moet word om die program uit te voer, terwyl die regering ook staatmaak op beleggings uit die private sektor.

“Die nuwe maatreëls gee voorkeur aan die terreine van die ekonomie wat die grootste uitwerking op die jeug, vroue en kleinsakeondernemings sal hê,” het Ramaphosa gesê.

“Eerstens wil ons groei aanspoor deur ekonomiese hervormings en tweedens deur openbare besteding te herlei om werkskepping te bevorder. Derdens stig ons ʼn Suid-Afrikaanse Infrastruktuurfonds [SAIF] om dringend aandag te gee aan die land se infrastruktuuruitdagings.”

Die president het gesê die vierde fokusgebied van die plan is om aandag aan die enorme uitdagings in onderwys en gesondheid te gee. En laastens sal die staat in die lig van landwye diensleweringsbetogings meer geld na munisipaliteite herlei om hulle te help om beter basiese dienste te lewer.

“Oor die algemeen stem ons saam dat ons betekenisvolle beleggings in ons ekonomie moet aanwakker,” het Ramaphosa gesê. “Daarom wil ons onmiddellik die visumvereistes van ʼn groot aantal lande verslap om dit vir sakelui en toeriste makliker te maak om Suid-Afrika te besoek.”

Hy verwag dat “miljoene” toeriste na Suid-Afrika sal stroom as dit makliker gemaak word om die land te besoek. Ook sal dit geriefliker vir buitelandse sakelui wees om hier te kom sake doen en in die land te belê.

Die hersiene lys van lande waarvan besoekers ʼn visum nodig het, sal binnekort bekendgemaak word, het Ramaphosa gesê. “Ons gaan ook ʼn loodsprogram vir e-visums bekendstel.”

Wat die mynbou betref, het Ramaphosa gesê die parlement sal versoek word om die aanvaarding van die wysigingswetsontwerp op die Wet op Minerale- en Petroleumontwikkeling te laat vaar om die onsekerheid in dié sektor uit die weg te ruim en belegging en werkskepping aan te moedig.

“Om die koste om sake in Suid-Afrika te doen te verminder, sal ons onder meer die prys van krag en hawetariewe hersien,” het hy gesê, “want talle rolspelers het hul kommer hieroor uitgespreek. Ook datakoste moet afgebring word om ekonomiese groei aan te wakker.”

Ramaphosa het die hoenderbedryf uitgesonder vir beskerming teen goedkoop invoer en gesê die staat wil strenger toeslaan op onwettige invoer wat steeds die land binnestroom. Goeie nuus vir die sukkelende tekstiel- en klerebedryf is dat die regering dié bedrywe wil help om meer werkgeleenthede te skep.

Die president het gesê die program wil finansiering veral herlei na die platteland en townships waar hy meen die meeste werkgeleenthede geskep kan word. “Dis ons sentrale uitgangspunt omdat ons te min fiskale ruimte het en dus liewer ons besteding moet verander en ons bestaande bronne beter moet aanwend.”

Hy voorsien die landbousektor kan teen 2030 tot 1 miljoen nuwe werkgeleenthede skep. Daarom wil die staat veel meer geldelike hulp deur die Landbank en handelsbanke aan swart kommersiële boere bied. “Ons wil dié boere veral aanspoor om gewasse wat arbeidsintensief is vir die uitvoermark te verbou,” het hy gesê.

Ramaphosa het aangekondig die regering het tien kundiges in ʼn paneel in die presidensie aangestel onder leiding van adj.pres. David Mabuza, wat groei in die landbou moet aanwakker en regverdige grondhervorming moet verseker.

Wat groei in agtergeblewe gebiede betref, wil die regering drie streeks- en 26 township-nywerheidsparke wat lank ongebruik was, laat herleef. ʼn Fonds sal gestig word om projekte te finansier en werkskeppingsprojekte aan die gang te kry.

Ramaphosa sê hy het die minister van gesondheid opdrag gegee om dringend toerusting vir staatshospitale te laat aankoop en 2 200 mediese sleutelposte te vul.

Hy meen infrastruktuurontwikkeling het die potensiaal om ʼn groot hoeveelheid werkgeleenthede te skep, maar sê tot dusver was dié ontwikkeling te gefragmenteerd. Hy het ʼn megafonds aangekondig wat projekte landwyd sal uitvoer en wat die private sektor sal aanmoedig om deel te neem aan “betekenisvolle” vennootskappe.

Die president het gesê R400 miljard word beskikbaargestel deur bestaande staatsbesteding en lenings om infrastruktuur landwyd te verbeter. Dié fonds sal onder die toesig staan van “slim en uitstaande mense”, het hy gesê, om te verseker dat dit doeltreffend bestee word en projekte wat onder meer die bou van paaie en damme behels, suksesvol afgehandel word.

In die lig van landwye betogings oor swak dienslewering het Ramaphosa gesê 57 munisipaliteite in al nege provinsies is geoormerk vir dringende infrastruktuurbesteding. Besonderhede sal later bekendgemaak word, maar dit sal arbeidsintensiewe projekte behels om veral werk vir jong mense te skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

JJEN ·

en as jy die boere van die plaas afjaag, waar dink jy gaan daai “1mil” werksgeleenthede kom? die maatreels om te baat is baie duidelik gemaak, almal behalwe blankes. Om die situasie te vergelyk met toe ons n demokrasie geword het, is stupid. Jy belas ons om elke hoek en draai, maar tog moet ons bly gee gee gee gee

Pietman ·

Waarom moet wit mense juis uitgesluit word by die verskaffing van finiansiële hulp? Sou dit nie veel beter wees vir die ekonomie om ook vir wit mense wat ‘n ekonomiese bydrae wou lewer ‘n regverdige kans te gee nie?

Schalk ·

Goeie begin met goeie intensies. Of dit gaan werk en regverdig gaan toegepas word sal net die toekoms leer. Merk op dat daar net een ras genoem word vir die boerderye. Slim woordespel

Sp ·

Nietemin, indien die platteland en townships ontwikkel word, dan sal daar minder grondgrype wees en moontlik misdaad afbring.
Ek raai maar.

Ag droom voort ·

Ag asb tog, droom gerus verder, as julle net ons blankes uit ons werke en van plase verjaag is daar klaar honderde duisende mense sonder werk (vir wie ons werk gee) … so sit maar daai getalletjie by by jou WERKSKEPPINGSprojekkie … Julle bou nie eers skole of hospitale nie, julle onderhou nie paaie nie maar julle gaan ou WERK SKEP vir die armes? Ons gaan ongelukkig die armes moet laat gaan, want julle gaan ONS inkomste afvat …

Rasper ·

Ramaphosa is ‘n president, terwyl Zuma ‘n op sy beste, ‘n bokwagter was. Planne lyk goed, en as ,wonder bo wonder geen geld “verdwyn” nie, sal dit werk. Maar, hy is nie my president nie, en die planne is vir sy mense, met die hulp van, wag hiervoor, besigheidslui en privaat sektor. M.a.w, ons, of die van ons wat nog oor is. Die belastinggeld is nie genoeg nie, nou word ons verder belas, sodat alles stabiel is. So, as ons nie help nie, word alles onstabiel, en sal iets soos plaasmoorde dan regverdig wees. Sê weer. Goeie president vir sy mense met ‘n langtermyn visie vir hulle. Soek nog ons president met ‘n langtermyn visie vir ons. Sê nie hy is nie, maar het gister ‘n goeie artikel van Flip Buys gelees oor selfbeskikking. Ek dink hy het dit in Oktober laas jaar geskryf.

Judge Dredd ·

Baie slim plannetjies voor die verkiesing – maar presies van wat het die ANC nou ooit ‘n sukses gemaak?

Bertus ·

Betreffende die Wes Kaap, sê Helen Zille nou die dag in Augustus, daar is genoeg grond in die regering se besit, dit is nie nodig om die ekonomie op sy rug om te keer en grond te onteien nie.

zeno ·

Mooi woorde CR!!!!!! Waar gaan die geld uit eindelik beland?

Jaco ·

Die hele fokus in die is slegs vir die swart gedeelte van die bevolking merk ek op want dit fokus op “townshuips” en swart boere. Geen sprake van die enige ander ras wat voordeel gaan trek nie. Hoekom nie alle boere ondersteun nie en alle besighede in elke dorp en stad wat werk kan skep nie? Belaglik dat die buitelandse beleggers en regerings die steun.

B ·

En hy het ook gese hy hoop pensioenfondse gaan hierin bele.

More is dit ‘n verpligte belegging.

Chinese ·

Hou maar verby – gaan die blankes se plase en tax geld gebruik vir die armes. Vra eerder die miljoene Chinesee wat in die land bly om tax en vat te betaal en gebruik dit. Hoeveel grond besit die Chinese wonder ek? Stuur hulle terug China toe \men gebruik hulle grond.

Jack Sadie ·

Interessant dat jy dit noem. Gaan koop by ‘n Sjinese winkel : geen strokie, geen bewys van BTW, ens. In kort geen rekords=geen of min taks. Hoeveel duisende Sjinese kom so met moord weg. Weet enigiemand van enige soortge lyke winkel wat ooit deur Sars ondersoek is? En waar gaan die winste heen……..

Andre ·

Daar sal binnekort weet ‘n hele klomp multimiljoeners wees.

Se maar net ·

Wat n klomp bull. Daar verloor ons nog r500 miljard. Ek verstaan nie die staat se naiewe denke nie. Dit alles om stemme te werf. Hulle is in gtoter moeilikheid by die stembusse as wat ons dink. Hierdie skuif kan falk n paat eff ondersteuners afrokkel.

hendrik ·

Al hierdie miljarde waarvan hy so lekker praat gaan seker van die ou melkkoei af kom.

bgj van der westhuizen ·

as die anc die laste 24 jaar saam met wit mense gewerk het en hulle nie uit hulle werk gesit het nie was die land in n baie beter toe stand en hulle wonder like mense wat alles weet is seker die Chinese wand die sit hulle klaar ore aan en 1000000 mense werk verskaf op plase hier kom n gemors dit is verseker

Ai ·

Papier is geduldig, maar hulle sukkel om dit te implementeer en te onderhou

Oblivious ·

Dit is die grootste klomp nonsens wat ek in ‘n lang tyd gehoor het. Die man is waarlikwaar in droomland soos NE tereg se.
Plaas dat hy agterkom dat die Chinese die land bestuur. Maar omdat hy geld by hulle kry s – is hy blind mir wat eintlik besig is om te gebeur. Of hy hou hom blind. Laat die Chinese Vat en tax betaal – dan kan jy dit gebruik.

Casper Labuschagne ·

Briljant, die platteland en die townships is net die plekke wat wag om ekonomies te ontplof en miljoene werksgelede te skep ten spyte van die afwesigheid van enigiets behalwe die mees basiese infrastruktuur. Net soos Ramaphosa in die begin van die jaar gesê het dat twee miljoen werksgeleenthede nog hierdie jaar in die landbousektor geskep gaan word. Die laaste stelling was sekerlik met die bedoeling om twee miljoen te vestig op onteiende plase.

Mense, luister na jul president, en koop dan blikkieskos, kookolie, meel en bone en enigiets anders met ‘n lang raklewe vir die komende hongersnood waarin miljoene sal sterf. Julle president het gepraat, en klaarblyklik het hy geen benul nie.

Nita ·

Van al hierdie planne gaan dadels kom. Die miljoene is reeds geoormerk vir n paar uitverkorenes se sakke. Verbeel jou, nog meer geld vir munisipaliteite! En hulle mors reeds elke sent wat hulle inkry. Ons het fabrieke gehad. Hulle moes toemaak weens goedkoop invoere. Hoenderboerderye moes gestaak word. Ag nee wat die toekoms is nag.

Hannes ·

Ek sien niks van behoorlike opleiding nie. Wel toilette regmaak by skole en hospitale waar duisende poste gevul moet word.
Opgeleide personeel???

humor ·

Goeie voornemens sonder om enige negatiewe faktore wat hierdie planne kan kortwiek te meld. Klink soos groot feeste in die ore van die onkundige stemvee. 2019 is om die draai en die bedreiging selfs uit eie geledere is groot. Nou kort ons nog net die hardwerkende toegewyde , sonder korrupsie arbeiders om hierdie drome te verwesenlik.

Dorothea ·

Moenie vergeet van die Transmed Pensionarisse se fonds nie.
Daar is hope geld in daardie fonds.
Teen 2030 wanneer sy planne begin is die meeste al Bokkeveld toe.

lerato ·

Hoe meer Ramaphosa se boere se bedrywe sal nie geraak word nie, hoe minder glo die swargalliges hom.

Casper Labuschagne ·

@Lerato, dit is nie dat ek swartgallig is nie, dit is juis dat ek na die president se woorde luister en aanvaar dat hy sal doen wat hy sê. Hy het gesê dat grond onteien sal word SONDER vergoeding; dat 83% van landbougrond in wit hande is en dat dit volgens bevolkingsverhoudings en gender HIERDIE JAAR reggestel sal word; hy het gesê dat daar twee miljoen werksgeleenthede HIERDIE JAAR in die landbou sal kom; hy het gesê dat voedselsekerheid nie in gedrang moet kom nie en hier raai ek dat hy eintlik van twee miljoen nuwe bestaansboere op onteiende grond praat; hy het gesê dat die oorspronklike sonde teen die meerderheid gepleeg is, dus is alle wittes skuldig bevind sonder verweer vanweë wat in 1652 plaasgevind het en gevolglik verstaan ek dat die president bedoel dat daar dus op alle wittes se bates beslag gelê mag word. Dit is juis die president asook die regerende party wat my swartgallig maak en die enigste faktor wat huidiglik my teen hierdie president beskerm is artikel 25 van die grondwet, en dit is juis die artikel wat die president asook regerende party ook nou probeer verander. Watter moontlike rede het enige witmense wat slegs die minste denkvermoë besit om in die minste positief te wees?

En dan het die regerende party wetgewing teenoor haatspraak ingestel, wat so toegepas word dat dit die gevolg het dat kritiese witmense effektief stilgemaak word, en wat ek hierbo geskryf het verskyn waarskynlik nie eers nie.

Staak saam ·

Enige ekonoom kan jou vertel dat die ekonomiese groei net uit die privaatsektor kom, en dit kom agv handel en investering.
6 maande nadat die laaste geld van hierdie stimulus spandeer is dan sit SA in n slegter posisie as waar in hy nou sit.
Dis moeilik om te dink dat SA geen skuld gehad het toe die ANC oorgevat het nie.

lerato ·

Staak saam

Dis moeilik om te dink dat SA geen skuld gehad het toe ANC oorgeneem het.

“Feite” Wat jy waar kry?

Robert ·

Hy beter net my GEPF uitlos!! Ek sit Afri-Forum op hom as hy aan my Pensioen raak. Hy kan sy Chinese vriende vra vir geld en investering in al hierdie projekte wat hy wil aanpak.

Neels ·

Toerisne in townships moet aangemoedig en verbeter word. Hoe gaan die toeriste se veiligheid gewaarborg word. Gaan die press se lyfwagte hulle vergesel. Die gewone mens se lewe is nie eers veilig in die townshios nie wat nog as dit n toeris met blink skoenne en kameras is . Sterkte met jou plan mnr die press

Landi ·

Cyril, maak asb eerstens seker dat Jou Mense in die Townships almal hul erfbelasting en munisipale rekeninge, SAUK rekeninge en tolhek fooie alles tot op datum betaal het?! Tot dan, is jy verantwoordelik om EERSTE na JOu Mense te kyk wat WEL alle rekeninge betaal, en ook sorg dat al hul voertuie jaarliks wettig en padwaardig is, wat op JOU onwettigge pothole gevulde paaie moet probeer oorleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.