Ramaphosa wil praat oor pensioenfondsbates en die ekonomie

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het aanvanklik Donderdagaand in die parlement eers weggeskram van vrae oor of hy voorgeskrewe bates vir pensioenfondse ondersteun.

Hy het tog later gesê die pensioenbedryf en sy rolspelers sal aan ʼn nasionale gesprek moet deelneem oor hoe die pensioenfondsbates aangewend kan word om die plaaslike ekonomie te ondersteun.

Hy het gereageer op ʼn vraag van Mmusi Maimane, leier van die DA, oor of die ANC planne het om pensioenfondse te dwing om in staatsprojekte te belê.

“Ons finansiële bronne is uitgeput en Suid-Afrika se ontwikkelingsbehoeftes is enorm. Ons moet oor voorgeskrewe bates praat omdat ons moet kyk hoe ons verskillende hulpbronne in die land kan benut om doelgerigte groei te kry,” het hy gesê.

Volgens Ramaphosa word pensioenfondse in verskeie ander ontwikkelende lande aangewend om hulle ontwikkelingsdoelwitte vir infrastruktuur te bereik en dit lewer gewoonlik ook ʼn goeie opbrengs vir dié fondse.

Hy het bygevoeg dat Cosatu, ʼn ANC-bondgenoot, reeds so ʼn beleid ondersteun.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIVR) het in ʼn mediaverklaring gesê Ramaphosa se uitlatings wys dat voorgeskrewe bates vir dié fondse ʼn prioriteit van regeringsbeleid bly.

David Jantjies, tussentydse ondervoorsitter van die Civil Servants Pension Redress Movement (CSPRM), het Donderdag gesê die ANC-regering het geen wetlike mag of morele grond om staatspensioenfondse te gryp om staatsinstellings soos Eskom of die SAL uit hulle finansiële moeras te red nie.

Jantjies het dit ook duidelik gemaak dat dié nuutgestigte organisasie geen steen onaangeroer sal laat om te verhoed dat sy lede verder in trauma en onsekerheid oor hul pensioengeld lewe nie.

“Hierdie geld in die staatsdienspensioenfonds behoort lank nie meer aan die regering nie. Die oomblik toe ʼn staatsdienswerker hom tot die staatsdienspensioenfonds verbind het deur ʼn gereelde bydrae daartoe te maak en die regering se bydrae tot die fonds aanvaar het, het daardie geld die eiendom van die werknemer geword,” het hy gesê.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, het Vrydag aan Maroela Media gesê voorgeskrewe bates sou ʼn absurde stap vir die regering wees. Hy meen dit sal veral ʼn erkenning van die staat se mislukkings tot dusver wees.

“Solidariteit is egter wesenlik bekommerd dat die regering so ʼn stap sal oorweeg. Hulle geld is op, staatskuld is buitensporig hoog en dit lyk of die regering maar langtand vir ʼn lening van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) is.

“Buiten dat die staat nog geld vir sukkelende staatsbeheerde instellings soos Eskom, die SAUK en Denel moet vind, moet dit ook nog die ANC se lugkastele van ʼn Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) en gratis universiteitsonderrig befonds,” het Mulder gesê.

Hy meen verder dat indien staatsprojekte so ʼn goeie belegging was, sou pensioenfondse en batebestuurders reeds tou gestaan het om daarin te belê.

“Om wette te maak om fondse te dwing om hierin te belê behoort reeds ʼn goeie aanduiding te wees dat dit nie ʼn goeie belegging is nie. Ons sit weer met ʼn geval van ʼn regering wat wette maak vir ʼn land wat hulle dink hulle het, maar nie eintlik werklik oor beskik nie.”

Mulder het ook gesê die sprake van voorgeskrewe bates vir pensioenfondse, wat tans amper R4 triljoen beloop, is dalk nou nog net praatjies en alhoewel daar nog nie enige amptelike wetgewing hieroor is nie, kom die gesprekke al oor ʼn lang tyd.

Die ANC het in sy verkiesingsmanifes, wat in Januarie vanjaar gepubliseer is, aangekondig dat die party van plan is om die voorgeskrewe bates op finansiële instellings se fondse te ondersoek om “hulpbronne vir beleggings in maatskaplike en ekonomiese ontwikkelingsprojekte te ontsluit”.

“Suid-Afrika beskik egter tans oor ʼn streng beleidsraamwerk wat pensioenfondse beskerm. Enige veranderinge hieraan moet ook deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank goedgekeur word waar Lesetja Kganyago nou weer vir ʼn volgende vyf jaar as president van die sentrale bank aangestel is.

“Daar is dus nog baie hekkies wat nuwe wetgewing hieroor sal moet oorkom voordat dit ingestel sal word.”

Mulder meen egter dit is noodsaaklik dat enige voorstelle vir wetgewing oor voorgeskrewe bates nou reeds heftige teenstand kry.

“Die ANC hou daarvan om voorstelle eers versigtig te toets en as hulle sien die publiek en instansies is daarteen gekant, onttrek hulle die nuwe beleidvoorstelle om hulle strategie te herbesin.”

Die SAIVR het ook gesê hy sal voortgaan om druk op pensioenfondsbestuurders te plaas om uit te vind wat hulle gaan doen om hul kliënte se pensioengeld te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

TIno ·

Die sprinkane het nou heel somer lekker leeg gele, dronk geraak en partytjie gehou.
Nou dat die miere lekker snoesig in hul skuiling is, word hulle uitgemaak as diskriminerend en word kla oor die feit dat die miere kos en skuiling het vir die winter.

Charmain ·

Ek glo een van die vernaamste redes vir die verknorsing is oorbevolking. Stuur die miljoene onwettige immigrante huis toe en skort werks- en studiepermitte van ‘wettiges’ op. Hulle plaas ‘n swaar las op al ons noodsaaklike dienste soos onderwys, gesondheid, polisiëring en elektrisiteitsvoorsiening. Begin daar, mnr Ramaphosa en dan evalueer ons weer die situasie.

E ·

Dié wat kan gaan, moet gaan, dié wat nie kan of wil nie- maak jou gereed om jou God te ontmoet.

Antionette Boshoff ·

Ek Gaan aansoek doen dat my pensioengeld aan my uitbetaal word. My pensioengeld is om my te voorsien van n inkomste vir die dag wat ek afgetree en nie on staatsinstellings te finansier nie
Ek sal die geld belê om vir my ñ maandelikse pensioen te genireer.

TLC ·

Jip ek dink die skrif is aan die muur
Na 30 jaar in sars is dit nou tyd om my pie te vat en waai
Sal eers navorsing doen oor belegging en dan is dit tyd
Nou raak die plaat warm en ek voel dit
Rommelstatus

De Villiers ·

Dis vir my altyd opvallend hoe die ANC leiers, soos Ramaphosa nou, na ander lande verwys wat iets doen wat werk, maar nog nie hier geïmplimenteer is nie. Hy verwys gewoonlik na eerste-wêreld lande waar mense met integriteit aan bestuur is van die land se bates. Gewoonlik is die korrupsie en diefstal nie so hoog daar nie en beleggings daarvan word deur deurdagte besluitneming geneem. Die ANC het homself oor en oor bewys dat hulle nie daartoe instaat is nie. Daarom kan hulle nie na ander lande verwys met die hoop dat dit hier ook gaan werk nie.

Alida X ·

Ek voeg my stem by jou de Villiers.
Dit kan moontlik werk n ‘n land met kundige mense aan die stuur. Maar SA nee nee!!!!
As CR 1 suksesvolle instansie kan wys waarin die pensioenfondse kan belê sal hulle dit doen. Probleem is hy kan net instansies wys wat oor die afgrond is.

Wonder maar net! ·

Die ANC wil nie die geld gebruik vir “ontwikkeling” nie! Hulle wil dit bloot PLUNDER!

C VL ·

Nie met die ANC se reputasie vir geld vermorsing en korrupsie nie. Ons in só ‘n gemors dat hierdie meer ‘n laaste desperate poging is as iets anders. Sjoe, met hierdie, onteiening, die gemor oor SARB en die idiotiese gesondheids(om) plan is SA darem nou na aan kommunisme.

Dafer ·

Die huidige finasiele probleme van die staatsinstellings is duidelike bewys dat julle NIE die finansies kan beheer NIE, en ons almal weet dit!

Elize ·

ANC, hou om vadersnaam op om na ander lande te kyk!!!! Dit sit nie in julle broek om op hulle vlak te regeer nie. Daarvoor is julle net te korrup en agterbaks. Julle is besig om soos meerkatte van een gat na die ander te hardloop. Wil julle dan nou wragtig die land wat op n skinkbord vir julle gegee is TOTAAL in sy maai in regeer???Gedog jy is n beter opsie as Zuma, maar jy wys jou ware klere ook nou gereeld nê.

JohanR ·

Het die NP, of was dit die NNP, nie in 1994 ‘n stink ryk land aan julle oorhandig nie, waar alles min of meer gewerk het? En dit in net 25 jaar, het julle in die afgrond ingery, tot waar julle nou moet verklaar dat daar is nie meer geld is nie? En nou moet julle aan die werkers van die land se pensione geld begin vat. Maar terwyl dit aangaan, karing julle voort met land gryp sonder vergoeding, en met die mediese gemors die NVG. Ek wil nou baie lelik praat, maar ek sal nie want my Ouers het my goed opgevoed. Sal maar badkamer toe gaan, die deur toemaak en skreeu!!

Pieter ·

Wat is die probleem groot mnr vat jou staats amtenare se pesion en bele dit in die ngv en sommer in eskom en denel en s. a. l ek glo die op brengs gaan so goed wees dan kan die hele lot van julle op vroe pension gaan of dood gaan van die honger dit is mos julle land maar ons blankes se belasting geld

Martin ·

Hulle hele lewe draai net om geld, enige manier om dit in die hande te kry. Alles om hulle self te verryk en gee nie n duit om vir die onder hulle nie, nie eers vir hul eie armes nie, die word net as n verskoning gebruik om geld in die hande te kry.

Sirkus ·

Kan ons nie aandring dat Cyril Ramaphosa se plaas en stoetbulle en ander plaasbates verkoop word om sukkelende SOE’s te befonds. As President het hy 2 of meer Presidensieële luukse huise om in te bly, gaste huise, motors, verniet vlieg in Airforce 3, en is lewenslank sy salaris en byvoordele gewaarborg en etes is verniet en rits oorsee in die beste BBP omstandighede

Johan ·

Ja die ANC het klaar die land se geld geblaas nou wil hulle one pensioen ook vat laat all die big brass die geld teruggee wat hulle so gevat het sonder toestemming dan het die reggeering meer as genoeg om one tax te verlaag

A-nee-a ·

Die pensioenfondse moet in die staatsbates ‘belê’ ??? Die pensioenfonds-geld gaan gebruik word om die staat se hemel-hoë skuldlas mee te betaal en gladnie om groei te bevorder nie! Dis seker die vrotste belegging wat daar is. Ramaphosa lieg lekker!

Vlakvark ·

Nou gaan die apatiese kieserskorps wakker word en opstaan, saamstaan en
aktief raak ter beskerming van hul pensioenfondse! Sal wil sien of die beleggingsinstansies die ruggraat het om openlik hul kliënte se bates te help beskerm.

Johan ·

Dis nie pensioen fons nie dit word nou regering se fons sekere persoone se fons on die waarheid te praat

humor ·

De Villiers terwyl ek gelees het het dieselfde my getref. Veral in die laaste tyd het dit mode geword en word gepoog om hul planne deur te druk om ontwikkelende – en ontwikkeldelande as voorbeeld voor te hou. Die donker geskieddenis van die anc regering bevestig dat hul eenvoudig net nie oor daardie vermoe beskik nie.

Christien vd Westhuizen ·

Dit is n skreiende skande dat hulle nou erken hulle is onbevoeg om die land verder te regeer ek wonder of hulle ooit iets soos skaamte en mislukking in hulle self ervaar nou moet die pensioenfondse geplunder word wat n ramp

Anoniem ·

As die pensioenfondse ooit sou instem tot hierdie bose strategie behooort hulle ook sekere vereistes daar te kan stel, bv. sny onnodige poste, skaf BEE en onteiening sonder vergoeding af…. Baie soos die voorskrifte wat die IMF sal maak. En die geld word nie oorhandig na beloftes dat vereistes nagekom sal word nie, maar eers NADAT vereistes wel 100% nagekom is.

Jan Alleman ·

Jy dink die IMF gaan so logies wees? Die ANC het baie meer krediet daar as wat jy besef. Hulle gaan nie die hele kommunistiese bootjie omgooi nie.

Dis egter tyd dat mense besef. Die regering sien wit mense as skape. Skape ter slagting as straf vir Apartheid.

Natan ·

Waar pensioenfondsgeld gebruik word in ‘n instelling, moet daardie onwillige beleggers aandeelhouers word in so ‘n instelling met volledige insae in sy sake en bestuur van die onderneming. Selfs tot in die parlement. Dit sal natuurlik nie geduld word nie. So kom dit neer of blote diefstal van die geld met geen kapitaalopbrengs nie (eerder verlies). Onder dieselfde bestuur gaan die geld definitief gemors word. Privatisering moet logies hieruit vloei.

Louis Eksteen ·

Vergeet van n pension. Ek is n pensionaris en het miljoene in uittreeannuiteite verloor. Belê in eiendom, of oorsee. Het iemand al uitgewerk hoeveel geld in SA as gevolg van diefstal, bedrog en korrupsie verlore gegaan het? Nou word die pensioenfondse en die mediese fondse geteiken. Die laaste 2 melkkoeie in SA gaan ook opdroog.

JohanR ·

As daar in finansiële adviseur op hierdie forum is is ek seker ons sal dit almal waardeer as U vir ons enige idees kan gee hoe om ons pensione weg te hou van die ANC. Moet sommer Maandag al begin om te sien of ek nie my geld “out of sight” kan kry nie. My geld! Geld vat ek bloed en sweet voor gegee het oor jare. MY GELD!!!

Blind Zombie ·

Onbevoegdheid , korrupsie, staatskaping, en nou die werkers se pensioenfondse. En vir wie stem die slim werkers volgende keer? Vir korrupsie , onbevoegdheid, staatskaping en vir die misbruik van werkers se pensioenfondse! Sal die werkers ooit leer?

TLC ·

Die skrif is aan die muur
Na 30 jaar sal ek nou moet bedank
Sonie gaan ek oor 2 jaar met niks uitstap
My hart is bitter seer maar ek moet nou op my voete dink en nie met my hart nie
Anc verwoes als waarop hul hul hande le
Ek is vrou alleen en en en ……. ag Vader ek weet nie
Asb help my en so almal wat in die gemors sit
Amen

Charmain ·

Ek glo een van die vernaamste oorsake van die verknorsing is oorbevolking. Dit plaas ‘n las op elektrisiteitsvoorsiening, werksgeleenthede, gesondheidsorg, polisiëring, onderwys – al die noodsaaklike dienste. Stuur die miljoene onwettige immigrante met hul Suid-Afrikaansgebore kinders huis toe en skort werks- en studiepermitte op. Begin daar, mnr Ramaphosa en dan evalueer ons weer die situasie.

Jimmy ·

Bach, parlementslede ontvang nie ‘n gewone pensioen nie soos ek en jy nie. Die staat betaal hulle ‘n pensioen uit die parlementêre begroting. Daar is dus nie ‘n fonds waarop beslag gelê kan word nie.

HPV ·

Mislukte regime se laaste uitweg of sal ons sê laaste plundertog, dit is al wat nog oor is om te plunder. Die vraag as dit ook nou ge-Eskom en ge-SAL is wat dan?

Potlood ·

As ek so vinnig lees na die kommentaar en ook kyk na wat alles aangaan deesdae, kan ek help en wonder of dit nie nog ‘n poging is om wit mense uit poste / werk te vewyder nie. Almal gaan of bedank if werke verloor. Waar anders sal jy weer werk kry agv bee? Sooo vat dan en waai land uit… dink mooi mense. Hierdie goed kom al ‘n lang tyd. grond, pensioen, medies… skole… soos rampies gese het, hulle kook die padda baie stadig sodat dit nie agter kom nie… hoe lank gaan ons nog geduld he??? Ek weet nie van julle nie maar ek is nou al goed gatvol. Hoe moet ons die land bou en lewe as dit is hoe hulle die hele tyd dink?

Jimmy ·

Dit is maar net die begin…..dit gaan erger word, baie erger.

John ·

… dit was ‘n stinkryk land. Nou stink dit net… Indien ‘n gesin in finansièle verknorsing beland, sou dit wys wees om juis vir die lid wat alles aanhoudend deurtrek deur in oormatige weelde te leef, al die spaargeld vir die ouers se ou dag te gee om die probleme op te los? Dit is wat gladdebek-CR & kie nou blykbaar beplan. ‘n Graad-R-kind sal die fout kan uitwys. Watter werk het CR gedoen voordat hy in die botter geval het by mega-ondernemings in die hoop om sy guns te wen?

Jean..What a joke! ·

N totale ekonomies inploffing le nie ver op die horison nie en dit is ongelukkig rampspoedige tye vir Suid Afrika.Hul die Anc dink mos daar sal nie nagevolge wees vir jare en se plundering en om heeltyd hul eie staatsbesighedes wat hul tot in bankrotskap beheer het uit die gemors te wil help om net nog meer van die skaars en hardverdiende belasting betaler se geld in die diep maalkolk van korrupsie en onbevoegdheid te gooi nie…
Meng dit met hul die Anc se spandabelrige luukse partytjies en jare en jare se selfverryking asof hul dink geld se waarde is van so aard dat jy druk net nog meer wanneer jy dit benodig!!!Wel hier is die nuus nou vir julle ANC die wiele kom nou erg af en vinnig ook.Die nuutste en laaste truuk in hul boek is om nou die Nasionale mediese fondse en pensionfondse basies te wil nasionaliseer en dit is sekerlik die laaste gratis kom uit tronk uit kaartjie en los hul basies met niks meer om op terug te val in die toekoms om te plunder nie..
Die staatskoffers is leeg.. Daar is eenvoudig net nie meer nie en die ganse wat die goue eiers le word onderdruk en verlaat die land in hul derduisende.
Skielik is daar net nie meer geld vir selfs die wiele wat af geval oor hul die Anc se mannewales nie..Amper skaakmat Anc amper..

Kerneels ·

Beleggers soek ‘n opbrengs. Indien geen of opbrengs laer as rentekoerse moet beleggings ontrek word en die politici en bestuur moet verantwoordelik gehou word. Daar moet tog regsgronde wees daarvoor.

AndreD ·

So sal hulle aangaan en elke sent wat daar is uitsuig tot daar niks meer oor is nie. Ons rus op God se genade.

Oom Koos ·

Die ironie is dat die pensioengeld van swart mense, wat hoofsaaklik vir die Staat werk, in die gedrang is.

Elizabeth ·

Hoe lank gaan die pensioengeld hou voor dit ook op is … ‘n jaar … twee jaar?? En dan …??? Die enigste “opbrengs” wat pensioenarisee gaan kry, is nog ‘n paar multi-biljoenêrs. Vat jou pensioen en gebruik dit om te emigreer terwyl jy nog kan!

Sarel ·

Die pensioenfonds is nog net die lede sin tot art 25 van die grondwet verander is. Het julle werklik gedink net die boere sal hul eiendom moet opgee? Daar is mos gewaarsku dat die wysiging op ALLE eiendom betrekking het. Die kans is goed dat ons met mooi groot huise nog eendag n ander gesin sal moet akkomodeer.

Elizabeth Venter ·

Was nog altyd deel van ANC manifes om pensioenfonds geld te vat. Het lankal my pensioengeld laat uitbetaal en bestuur dit self.

erwin ·

Ja en daar is net een rede daarvoor . KADERS !!! Jou pel is my pel n solank die kaders aan bewind bly en al die belangrike poste beklee is ons gedoem . Alwat moontlik sal help is dat onafhanklike persone met insig en VERSTAND aan beheer van die instellings kom wat nou nou bankrot is . Maar die kanse is net mooi nul .SO………..

Renier ·

Die kommuniste is duidelik reeds oral in die weste aan die stuur van sake. Hierdie ̶i̶d̶e̶e̶ diefstal word reeds ‘n geruime tyd al in Australië bespreek.

Johan Pretorius ·

Volgens die ou is finansiele bronne uitgeput , maar hy wil nog steeds voortgaan met die NGV.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.