Ramaphosa wil uitreik na Afrikaanses oor die volkslied

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Cyril Ramaphosa Foto: Werner Beukes/SAPA

Suid-Afrikaanse leiers moet uitreik na Afrikaanssprekendes sowel as ander gemeenskappe rakende hulle bekommernis oor die sing van die volkslied, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het die uitlating gemaak nadat joernaliste in Kaapstad vir hom gevra het of hy dink die weiering van sekere prominente Suid-Afrikaners om al die dele van die volkslied te sing, beteken dat die land se doelwit van maatskaplike samehorigheid misluk het.

“Ek glo nie dat maatskaplike samehorigheid in ons land besig is om uitmekaar te val nie,” het Ramaphosa geantwoord. “Ons kom uit ‘n gebreekte verlede…en ons het wonde wat moet voortgaan om genees te word en van die wonde het te doen met die volkslied.”

Ramaphosa het gesê dit is jammer dat daar omstredenheid rondom “Die Stem” is. Dit kom nadat Steve Hofmeyr dit gesing het en die EFF gevra het dat dit die gedeelte van “Die Stem” in die volkslied verwyder moet word.

“Ons moet uitreik na sommiges onder ons, ons landgenote. Ons moet uitreik na hulle ten einde hulle frustrasies te verstaan, sowel as die gevoel van moedeloosheid wat hulle voel wanneer hulle reageer op die manier wat hulle doen,” het hy gesê.

“Dit gaan oor die bou van ‘n nasie en ons moet ‘n hand van vriendskap, ‘n hand van voortgesette versoening uitreik na diegene wat voel dat die volkslied hulle nie meer verteenwoordig nie, en dit kan aan albei kante gebeur.”

Ramaphosa sê oudpresident Nelson Mandela het een keer ANC-lede tydens ‘n geleentheid berispe nadat hulle slegs die Nkosi Sikelel’ iAfrika-gedeelte van die volkslied gesing het. “Hy het gesê dit gaan oor die bou van ‘n nasie en dat ons die hele volkslied moet sing.”

Ramaphosa sê hy sal betrokke raak by die saak. “Ek wil dit ook my verantwoordelikheid maak om uit te reik na die Afrikaanssprekende mense, en ook talle Afrikane, wat dalk voel ons wen nie met ons doelwit vir maatskaplike samehorigheid nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Trippie ·

Ek sing geen ander lied, BEHALWE DIE STEM ! Dit is MY Volkslied.

Philip Swanepoel ·

Sing sal ons “DIE STEM” sing, en elke keer uit volle bors uit!!!!

Paplepel ·

Dis dalk tyd vir ‘n heeltemal nuwe volkslied. Die Stem gaan altyd verguis word en Nkosi is nie uniek as ‘n volkslied nie. Daar is ten minste nog 3 ander Afrikastate wat ook Nkosi as ‘n volkslied gebruik. Daar mag nog meer wees. Vir ons gaan Nkosi altyd ‘n negatiewe konnotasie hê. Kom ons begin nuut.

Johan ·

Ek wil amper se: “Too little too late Cyril”. Maar as jy wil probeer is jy welkom. Ek twyfel egter of jy die onderliggende goed sal kan aanspreek soos BBBEE, die feit dat daar teen my kinders gediskrimineer sal word as hulle moet kompeteer vir erkenning in verteenwoordigende sportspanne of as hulle wil aansoek doen vir keuring om te studeer vir sekere beroepe, dat hulle hoer punte moet behaal as die outjies teen wie hulle moet kompeteer vir daardie keuring en dan nog steeds nie gewaarborg is om keuring te kry nie, dat die ongelykhede van die verlede “reggemaak” word deur alles af te trek na ‘n patetiese laagste gemene deler eerder as om die agtergeblewenes op te hef, dat my taal misken word, dat my reg op eiendom misken word (dit kom), dat ek nie ‘n job kan/mag he nie omdat ek wit is, dat ek nie mag sake doen nie omdat die kleurskakering van my besigheid nie reg is nie. Hierdie goed is deel van die psige van die party wat jy verteenwoordig en ander in julle dampkring soos die EFF so jy het ‘n taak en ‘n half op hande. En dan het ons nog nie eers begin praat oor misdaad, veiligheid, korrektiewe dienste ensomeer nie. Dink jy wat ek hierbo beskryf klink na ‘n plek waar jy graag jou kinders sal wil grootmaak as jy aan die verkeerde kant daarvan is?

Peter Says ·

Mnr Ramaphosa, uitreik na die Afrikaner, dit is musiek in ons ore, kom ons wag en kyk of jy werklik jou woord gestand gaan DOEN ???

VerVanRyn ·

Hierdie lyk vir my vreeslik soos ‘n poging om Afrikaans sprekendes meer ontvanklik te maak as ou Zoem Zoem gezoem word voor sy termyn verby is en KamaRama vir hom moet instaan…

Patat ·

Ek sien iets wat blom in Suid Afrika, en dit is beslis nie ‘n reënboog nie.

Hans Potgieter ·

Ek het baie respek en agting vir Steve as person en sy musiek. Hy is n Afrikaner in murg en been, maar so is ook enige ander Afrikaner in ons pragtige land. Ons moet nie veralgemeen of enigsins dink ons praat namens alle Afrikaners nie. Besef julle dat die meeste lede vd Spingbokspan nog in hul baba doeke was in 1994. Daardie sogenaamde heug is die toekoms van ons land. Dit was haede werk die afgelope 20 jaar vir die Afrikaner en gaan so wees vir die res van ons bestaan. Ek sing die hele nasionale volkslied uit volle bors saam met miljoene ander op de pawiljoene of tv kamers. Nis het my meer trots gemaak as Suid Afrikaner nie as toe Kurt dit gesing het en die musiek weggeraak het en almal toeskouer en speller dit spontaan verder gesing het nie. Wat was mooier as die t5rane wat oor sommige spelers se wange geloop het nie.

Truida Pretorius ·

Hans ek stem saam. Ek het die artikel op News 24 gelees en al die kommentaar na dit. Meestal was die kommentaar deur anders kleuriges gewees. 90% was positef oor die sing van die Stem gedeelte in die volkslied en was ook positief oor die blankes in die land. Ek voel sommer weer positief oor ons land en sal sover dit vir my moontlik is, probeer om dit ‘n mooi land te maak vir almal van ons. Terwille van my kinders en kleinkinders wat ook graag in die land wil agterbly. ONs het ‘n mooi land, ons moet net saamwerk met mekaar en vir elkeen sy ruimte gee. Baie positief ook oor min. Cyril Ramaphosa. Ons KAN almal saam werk aan die toekoms van ons land. Dis altyd ‘n klein klompie mense wat STIRRR.

Paul ·

Hans en Truida, Julle droom van iets wat nooit gaan bestaan nie. Die sameflansing van verskillende kulture het nog nooit en sal nooit werk nie. Suid Afrika is in ‘n totale gemors verander en nie Kurt of Cyril sal dit maak werk nie. Lig en duisternis het nog nooit gemeng nie.

Kerneels ·

Die regering probeer ons soos vreemdes in ons eie land voel. Dis ons land ons is hier gebore ons ken geen ander land nie. Toe die ANC ‘n tyd gelede in Stellenbosch gepraat het het hulle daar iets gemompel van Grieke ens en ook Afrikaners wat tuis in die land moet wees. Hoe durf hulle ons wat in hierdie land gebore is in dieselfde asem as immigrante wat ook ‘n ander land het noem. Ons is nie uitlanders nie.

Laurika ·

Jy bid en dan spreek jy soveel negatiewe dinge uit! Jesus Christus het almal lief en HY is liefde ALTYD en vergifnis en vrede! Hoekom kan ons Afrikaners nie net ons hand in GOD sit en op HOM vertrou as om ALTYD net negatief en haat aan te hits nie! As jy bid en jy is ñ kind van GOD moet jy jou bybel lees en daar praat GOD van liefde vrede vergifnis onder almal!

Patat ·

Jitte Laurika! Jy ken duidelik nie jou Bybel nie. Doen jouself ‘n guns, en gaan lees sèlf jou Bybel. As jy e-Sword het, tik in haat, dan sal jy sien hoeveel nasies God haat.

Asseblief Maroela. Ek bedoel die kommentaar goed. Moet dit asseblief nie verwyder nie.

Carel Brits ·

Dear Cyril Ramaphosa

Please proof to us that the government is not against us, and you can start answering on the following questions we have for you
1. Why do the government push to take the farms from the farmers?
2. Why do the police do nothing about farm murders?
3. Why are the government enforcing BEE?
4. Why does the government want to remove Afrikaans from all universities?
5. Why do the government not prosecute the unions for destroying businesses and react to violent behavior from strikers. I guarantee you if it was afrikaans speaking people destroying the parliament it will be broadcast as an act of terrorism.
6. Why do the government reinstated land claims?

Henk ·

Die Stem gaan oor Suid-Afrika. Nkosi gaan oor Afrika. Daarom is Nkosi die ‘volkslied’ van 6 ander Afrika lande. Vertaal die Stem in die ander amptelike tale dan kan almal dit SAAM sing. Gee erkenning aan Afrikaans en wat Afrikaners in hierdie land opgebou het. Hou op om ons kultuur aan te val deur name te verander, universiteite te verander, skole te verander, ens ens.

SA Stemmet ·

Dear Carel . Ek weet nie waarom jy jou vrae aan CR sou rig nie .Hy doen maar net wat vir hom natuurlik kom en ons is maar soos kinders wat kla teen die kweperlat Cyril doen wat hy moet DOEN ! Verstaan jy ?.”Waar wil julle nog geslaan word ,dat julle voortgaan met af te wyk ? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank . Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie ,maar wonde en kwesplekke en vars houe ! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie . Julle land is n wildernis , julle stede is met vuur verbrand , vreemdes verteer julle landerye in julle teenwoordigheid , en dit is n wildernis soos by n omkering deur vreemdes .” Jesaja1 van vers 5 af .Julle lied wat julle gesing het word nie genoem nie .Is dit werklik so belangrik ? Stel jou vrae aan die God van die Bybel , EN ook sommer — maar wat het ons dan verkeerd gedoen ? Die onus berus by die “Afrikaner” om te doen wat Hy se . Maar is ons bereid ? Min is . Ek meen daar is nog heelwat van ons oor . “Maar as jy nogtans die HERE jou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig , dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom ;…”..Deuteronomium 8:19 Jaa toemaar , julle is die by die braai wat opstaan en loop as iemand dieper as die god RUGBY begin praat . Nou moet ons dit maar vat . Die God van hemel en aarde hou Sy woord . Lees Deuteronomium 28 . Jip , ons is nou die agterkant .Gaan Dingaan ons vra wat dink ons ? (die wat gewoonlik stilbly) . Sanger sing lied . Wie sing saam ? wat is mening in openbaar ? Cyril reacts accordingly . Mense word nie meer in die straat gestop om te hoor wat hulle mening is nie . Raai wie gee hulle die reg .om te doen wat hulle doen ..

SI Luyt ·

Yes please . Patat . Die’ Boek is vol haatspraak . EN erger nog – religious extremism . Wel dis dit . OF koud . OF lou . Ek smaak Religeous extremism . Ons moet meer wees as “Afrikaner” . Hoe kan kwalifiseer ek ?

Hein ·

Cyril, wanneer jy sê “Ek glo nie dat maatskaplike samehorigheid in ons land besig is om uitmekaar te val nie,” kan ek nie help om te dink dat jou adviseurs ook saam met Zoempies in standerd 2 uit die klas gestap het, en rustig hulle koppe in die ANC gat onder die grond het waar julle koeimis rook en alleshande grand visioene beleef. Is jy enigsins bewus van die rasgebaseerde wetgewing wat jou organisasie teen blanke Afrikaans-sprekendes het? So ek sal maar as ‘n “currently-disadvantaged” lid van die samelewing vir jou moet sê die ‘Nkosi” wat julle so kamptig plegtig sing is ‘n klug en ‘n belediging vir die skrywer en bedoeling daarvan. As ek die ding reg verstaan gaan dit oor God se seën wat vir Afrika afgebid word. En dan loop julle onder leiding van Nommer 1 en gaan slag koeie vir die voorvadergeeste. Dis ‘n belediging vir elkeen wat God ken, en bewys watter grap selfs Nkosi is!

DEONTJIE ·

Om dinge te sê en stellings en beloftes te maak is vreeeeeeslik maklik. Om dinge te doen is die moeilikste……..Hoe sê die spreekwoord: “put your money where your mouth is”

Margaret Van Der Lith ·

As dit regtig so is waaroom word plase wegeneem, Afrikaanse skole word gedrieg en blankes word Benadeel in werk aansoeke, geen bevordering vir blanke polisie.
Waaroom word grootskaalse korrupse in regering togesmeer. Een die lys gaan aan en aan. In kort moet die ANC homself van rassisme skei en tenspyte van die verlede regverdig optree.

Hannes Coetzee ·

Wanneer gaan hy aandag skenk aan die haat spraak wat sy volgelinge en ander kwytraak? Publieke haat spraak teenoor iemand van n ander kleur of etnitisiteit moet onwettig gemaak word en persone moet wettiglik vervolg word, eers dan kan kan daar onderhandel word. Tot dit gedoen word, sing ons die stem, ongesensor

anita ·

Die benoudheid by Cyril is nie so seer Die Stem nie maar die vrees dat die Afrikaans sprekende hulle meer en meer onttrek van die ANC se metodes van onderhandel. Waar is die Afrikaans sprekende self die daarop moet staan dat as Rugby 60% ander kleuriges in die span moet wees….is dit die reg dat elke Afrikaans sprekende daarop AANDRING dat 60 % van ons eie mense in die Sokker spanne teenwoordig moet wees.

Waarom verduidelik Cyril nie…hoe kan die President se dogter die hoogste pos kry sonder ondervinding in die praktyk(Die grade die sy verwerf het word nie betwyfel nie) maar sy ontvang ‘n een miljoen pakket per jaar en is net 25 jaar oud…die vraag is aan Cyril? hoeveel kandidate was daar vir die pos…waar was die pos geadverteer en vir hoelank? was daar MISKIEN iemand in waarnememde posisie in die pos tot nou? en waarom kan die persoon dan nie die pos beklee nie.
Wie het die aanstelling gedoen en hoeveel was op die paneel vir die goedkeuring…name word benodig.

Waarom verduidelik Cyril nie hoe/wanneer/of nog het Malema sy belasting skuld gedelg? indien betaal deur iemand, moet Malema steeds skenkings belasting betaal sowel as die skenker se sake moet ondersoek word.

Waarom verduidelik Cyril nie wie is die Direkteure van SASSA en waarom daar soveel foute gemaak word met die uit betalings….hoe kan persone aftrekbevele teenoor “Genade ontvangste ”
toelaat….hoe/deur wie is SASSA aangestel en welke direkteure ontvang fondse daar uit.- en wat is die bedrae aan die Direkteure. Name word benodig.

Cyril wil die arena oor die Volkslied betree met Afrikaans sprekendes….maar KON nie eers verhoed dat die SABC die nuus net blatant met ‘n flou verskoning verskuif nie, en soveel Noord Kapenaars kan nie eers Kanaal 3 ontvang nie.

Voordat hy sy aandag aan Die Stem gee…moet hy eers sy antwoorde op ons vele vrae beantwoord..hy is ‘n Multi Miljoenêr en behoort sy aandag te vestig op die vele ongerymdhede van die land, en laat ons “Die Stem” sing wanneer ons daarna voel.

Des Peach ·

Ja, ‘n jakkals kan van kleur verander maar nie van haar nie,so lui die ou gesegde mos. So moet nie te veel in Cyrill se grootmoedige gebaar lees nie.Poletieke paaiery los nie probleme op nie maar slegs daadwerklike herbesiining en onderhandeling rondom aktuele proleem arias.Dus as die adjunk -president hierdie land terug op koers wil plaas sal hy gelyke geleenthede, eindomsreg en respek vir minderheids -groepe se grondwetlike menseregte met ware staatsmanskap en ywer aanpak.So “Go for it Cyrill”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.