Ramaphosa wil vergader oor visumregulasies

Argieffoto

Argieffoto

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê hy sal ʼn vergadering belê met ʼn interministeriële komitee wat klagtes ondersoek oor die nuwe visumregulasies.

Ramaphosa het gesê die doel van die komitee, waarvan hy die voorsitter sal wees, sal oplossings soek vir die “onbedoelde gevolge” van die strenger visum-regulasies.

“Die regering is baie bewus van die besware wat gelug is oor ʼn aantal persone,” het Ramaphosa gesê oor klagtes van opposisiepartye en ondernemings in die toerismebedryf dat die nuwe regulasies beleggings en besoekersgetalle beïnvloed.

President Jacob Zuma het Dinsdag aangekondig dat die komitee op die been gebring word. 0

Volgens Ramaphosa sal die kabinetskomitee bestaan uit ministers in die sekuriteitskluster en hul kollegas in binnelandse sake, toerisme, handel en nywerheid en maatskaplike ontwikkeling. Hy wou hom nie verbind aan ʼn sperdatum nie.

Die visumregulasies het vroeër vanjaar in werking getree en vereis dat persone wat met kinders reis ʼn volledige geboortesertifikaat moet toon. Visumregulasies het verlede jaar in werking getree wat van reisigers vereis om visumaansoeke by Suid-Afrikaanse ambassades in te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Francois ·

Hoekom hy…waar is Zuma..? Of is hy weer te bang om sy mond oop te maak..wat ‘n pateet!

A.C Esterhuizen ·

Nee Lulu, nie net dit nie; as hy sy mond oopmaak, val die rand!

Johann Marx ·

Hoe werk die nuwe visum regulasies nou weer vir persone wat deur die 19-gate/km heining tussen Suid Afrika en Zimabwe kruip?? (blykbaar om weg te kom van die ongekende voorspoed wat Zimbabwe beleef nadat hulle van 90% van hulle wit boere ontslae geraak het!)

asmain ·

Ek is nie seker of hierdie die gepaste artikel is om op te reageer nie, maar ek is MOEDELOOS!!! Ek het op 4 Mei aansoek gedoen vir n volledige geb sert. Op 6 Julie het ek n sms gekry dat ek dit by die tak van aansoek kan gaan afhaal (Germiston). Ek was sedertien 5 keer daar, die dokument kan nie gedruk word nie, want daar is nie elektrisiteit nie!!! Ek het gevra of dit nie na n ander tak oorgeplaas kan word nie, ek sal dit daar gaan afhaal: NEE. Ek het aangebied om n kragopwekker te bring dat die ding net gedruk kan word! Ek het die Customer Care Line verskeie kere gebel: hulle kan nie help nie, die dokument kan net gedruk word waar aansoek gedoen is (in hierdie tegnologiese era!) Hoofkantoor is nie bewus dat daar n probleem by die tak is nie – die mense sit al vir 3 weke en niks doen nie!!!Dit is nie n fisiese dokument soos n paspoort/ID nie, maar iets wat op die stelsel le wat net gedruk moet word! Die tyd om aansoek te doen vir die visums raak nou min so dit lyk my die enigste uitweg is om n dringende hofaansoek te bring om die Minister te verplig om die dokument beskikbaar te stel, dink net die koste daaraan verbonde!

millie ·

ons het aan die begin van Junie aansoek gedoen vir my seun se geboorte sertifikaat want ons wou begin Julie Mosambiek toe gaan. 3 weke later SMS gekry om te sê ons moet nog vorms kom invul. Daar gekom is ons meegedeel dat my seun nêrens op ‘n stelsel bestaan nie en ons dus nie die geboortesertifikaat kan kry nie. Na ‘n bek-geveg van amper 3 ure het hulle aan ons ‘n brief uitgereik waarin ons toestemming kry om hom saam te neem. Hy het alreeds ‘n paspoort en ons was al 5 keer in die buiteland – ek weet nie waar ons hom op een van daai besoeke “verloor” het nie ….

asmain ·

Ek het n voeltjie hoor fluit (maar dis baie hush-hush) dat die dept 6 jaar se rekords van geboorte registrasies verloor het toe die IT stelsel opgegradeer is – weet nie watter 6 jaar dit is nie, maar dalk val jou kind se geboort in daardie tydperk!

CHRISTA ·

Wees gewaarsku; Sodra ons ANC regering iets ‘opgradeer’ of ‘verbeter’, werk dit in ‘reverse’. En om te dink in die 50’s het die vrouens gekerm en oproer gemaak omdat hulle ‘n pas moes dra. Vandag se ANC regering kan nie eers ‘n pas uitreik nie!!! WHAT A JOKE!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.