Ramaphosa wil vrotsige staatsdiens regruk

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Staatsdiensamptenare word al te dikwels aangestel of tot sleutelposisies bevorder waarvoor hulle nie geskik of gekwalifiseer is nie.

Dít volgens pres. Cyril Ramaphosa in sy weeklikse nuusbrief, waarin hy ook sê hoewel daar 27 jaar ná die aanvang van demokrasie “ligpunte van uitnemendheid” in die staatsdiens bestaan, dit grootliks geteister word deur probleme met betrekking tot vaardighede, bevoegdheid en professionalisme.

“Dit het ʼn uitwerking op die regering se prestasie, maar dra ook by tot nepotisme, politieke inmenging in departemente se werk, ʼn gebrek aan aanspreeklikheid, wanbestuur en korrupsie,” sê Ramaphosa.

Hy sê die inwerkingstellingsraamwerk oor die professionalisering van die staatsdiens is daarop gemik om ʼn beter staat te bou wat mense dien en gepantser is teen onbehoorlike politieke inmenging – en waar aanstellings op grond van meriete gedoen word.

“Daar is ook die verwante probleem van politieke en uitvoerende inmenging in die administrasie van die staatsdiens. Jy hoef net te kyk na die onbestendigheid in staatsdepartemente waar senior bestuurders rondgeskuif of vervang word elke keer wat ʼn nuwe minister aangestel word,” sê Ramaphosa.

Volgens die president is dit veral die geval met direkteurs-generaal (DG’s) en departementshoofde. In sommige departemente het dié senior amptenare betreklike werksekerheid en dit stel die departemente in staat om met weinig onderbreking sy werk te doen. “In die meeste departemente waar daar stabiele leierskap is, is oudituitkomste gewoonlik positief en daar kan verantwoording gegee word vir staatsgeld.

“Waar daar ʼn hoë personeelomset van departementshoofde is, is daar dikwels administratiewe chaos,” sê Ramaphosa.

Hy sê staatsamptenare moet hul werk kan voortsit ongeag enige verandering van ministers, lede van die uitvoerende raad of raadslede in die regerende party, of veranderinge aan politieke partye na verkiesings.

Sommige van die voorstelle in die raamwerk sluit in die verlenging van die ampsbekleding van departementshoofde gegrond op meriete en prestasie, bevoegdheidsassesserings en die betrek van die staatsdienskommissie in onderhoude vir DG’s en hul adjunkte.

Sogenaamde integriteitstoetse kan ook ingestel word vir kandidate op die kortlys, sodat amptenare gewerf kan word wat eerlik is.

Ramaphosa sê ingevolge die raamwerk moet die burokrasie die politieke mandaat van kiesers en die party in werking stel, maar mag hulle nie self politieke rolspelers word nie.

Die raamwerk benadruk ook die behoefte om staatsamptenare aanspreeklik te hou vir ongerymdhede en om weg te doen met ʼn kultuur van straffeloosheid wanneer dit kom by die wanbestuur en wanbesteding van staatshulpbronne.

Ramaphosa sê professionaliteit gaan nie net oor die regte kwalifikasies en tegniese vaardighede nie, maar ook oor die gepaste standaard van respek, hoflikheid en integriteit wanneer lede van die publiek betrokke is.

“Dit is nie noodwendig die geval dat ons ʼn kleiner staatsdiens nodig het nie, maar eerder ʼn pasgemaakte staatsdiens met geskikte vaardighede, professionele etiek en ʼn verbintenis daartoe om mense te dien.

“Die staatsdiens behoort nie aan een party nie en dit moet ook nie die domein van enige spesifieke belangegroep wees nie. Dit mag nie ʼn wet op sigself word nie.

“Die staatsdiens behoort aan Suid-Afrikaners en moet hulle en slegs hulle dien.”

Ramaphosa sê toe hy as president verkies het, het hy die bou van ʼn doeltreffende, vaardige en etiese staat – vry van korrupsie – as een van sy prioriteite bestempel – en hy sê slegs só ʼn staat kan mense se lewens help verbeter.

“Dit beteken die staatsdiens moet beman word deur mense wat professioneel, vaardig, onselfsugtig en eerlik is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Stefan ·

Dis nou ‘n besonder intelligente waarneming van ons president.
Well done.

Androclus ·

Staatsdiensamptenare word al te dikwels aangestel of tot sleutelposisies bevorder waarvoor hulle nie geskik of gekwalifiseer is nie.NET SOOS JY DIE DIE PRESIDENT

Persheks Adri ·

Lag ek my nou in ‘n ander bloedgroep in vir die laaste paragraaf! Jy weet nie eers wat daai woorde beteken nie Cyril. Julle almal in die kabinet is oneerlik en nie opgelei nie en verdien beslis NIE julle salarisse NIE!

Beweeg weg met BEE dan gaan dit al 100 maal beter gaan in dié land, want julle weet eenvoudig nie hoe nie aikona eish man!

Natasha ·

“Staatsdiensamptenare word al te dikwels aangestel of tot sleutelposisies bevorder waarvoor hulle nie geskik of gekwalifiseer is nie.” Is dit dan nie hoekom hy BEE geimplementeer het nie?

Wilna ·

Mnr die President, ek hoop jy begin sommer Mt jou mede kollegas… Rk ontslae vn al jo vrot appels asb..

Anoniem ·

Om iets te WIL doen is een ding. Om iets daadwerklik te doen is totaal iets anders.

Deon ·

Ek wil n miljoener wees maar as ek niks daaraan gaan doen nie danhelp wil my boggerol

Manie ·

Raak net ontslae van die arrogante, ongeskikte en onbevoegde kaders. Daar is personeel wat uitstekend is in hulle poste.
Maar presies geld dieselfde kriteria vir die hele kabinet. Daar is nou ‘n klomp droë hout!

Dup ·

Die regering en sy aanstellingsbeleid is direk verantwoordelik vir die swak staatsdiens en die onbekwame en onbeholpe werknemers.Hulle het hulle nie self aangestel nie.Oor 50 jaar gaan die regering weer dieselfde verklaring maak en alles gaan presies dieselfde of erger wees.BBBEE………

Pieter ·

klink soos ‘n AA meeting die. Hi my naam is cANCer en ek het ‘n probleem! Maar ek het nie ‘n “sponser” nodig nie, ek sal self regkom.

Kom ons breek iets, dan probeer ons dit weer fix. Dis hoe die “struggle” mos werk. Sonder ‘n “struggle” is daar niks meer oor nie… Hulle skep hulle eie “struggles”…

Phillip ·

Ek Dink Persoonlik gaan niks van kom nie want hulle het n strek vakbond agter hulle en hulle sal met n staaking reg kom

Peetjie ·

Is dit nie hoe dit in elk geval moet wees nie, kyk verby jou kaders en stel die régte mense aan, ongeag hulle velkleur….die REGTE mense met die REGTE opleiding en agtergrond van die werk…

MakersMark ·

Ha ha eerstens is die ANC se waarde sisteem vrot daar is kommissie op kommissie oor korrupsie op die hoogste vlakke maar niemand gaan tonk toe nie. Tweedens het ee kaderontplooing veroorsaak dat die mees onbevoegde mense in selfs die mees senior posisies ontplooi is. Derdens word die staatsdiens totaal oorbetaal vir absolute vrot diens en daar is geen performance of consequence management nie. Good luck Cyril.

Johan ·

En die SAPD en die Diktator council…en…en…en… Klink v my na n verskoning om die Polisie meer mag oor ons te gee om alles verder op te dons.

koos ·

Ja ou seun, praat en praat en praat, dis is al waarby dit bly. Moenie stop by die “sogenaamde integriteitstoetse” nie, bring sommer ook IK toetse in. Ongelukkig sal die hele cANCer daarna ge-fire word. BTW, as jy ooit eendag besef dat die wittes jou baie met jou nuwe hemel en aarde in die staatsdiens kan help, sal die meeste wittes al ge-emigreer het, afgetree of oorlede wees. Good luck met jou “African Dream”.

Deon ·

Praatjies vir stemme werf, “watch this space” het hy mos gese, gelukkig het ek nie in spanning gesit en “watch this space” nie…. Hou op om te se julle wil want julle praat net wind, wil beteken niks… Almal wil maar almal kan nie noodwendig nie

Pieter ·

Ag asb bly net stil jy praat n klomp snert. Dit is jou ANC regering wat die klomp aan gestel het. Dit het jou nou sewe en twintig jaar gevat om dit raak te sien.

Werner ·

Al hoe hy dit gaan regkry is as hy en sy party verkas na n ander planeet toe.

Frederik C ·

Ligpunte van uitnemendheid !!?????? Hy noem darem nie een nie.

Christo ·

Al ooit gewonder hoekom McClaren se sirkus so min aftrek kry as hulle in dorp kom?
Hoekom sal n mens betaal om n sirkus vertoning te sien as die ANC dit gratis verskaf.

Mariana ·

Well I never……..voorspoed met die een. Sal hele regering moet verwyder en dan die res ook. Sal van nuurs af moet begin.

Wielspore ·

Lisensie kantore in Nelspruit is vanoggend van lyn af, net soos die meerderheid staatsdiens werkers.

Amanda ·

Mnr Ramaphosa as jy net jou BEE stop sal daar minder chaos is die staatsdepartemente ook wees, Deure word deur BEE oopgemaak vir mense om makliker by geld uit te kom. Daar is geen beheer nie, geen beheer nie, want almal wil hulleself verryk. Hoekom stel jy kaders aan? daar is baie bevoegde mense wat die werk gedoen het en kan doen wat baie graag mense wil oplei om die werk goed te doen waar nou net leemtes is!!!!!!!!! Ons gaan beslis NIE help om die land weer op te bou NIE, hou eers op om Bee af te dwing en mense se grond te wil afvat “mahala” Doen wat trotse mense doen, hulle werk vir wat hulle wil he, hulle vat nie ander hardwerkendes se goed versniet by hulle af nie. Dit toon geen respek wanneer jy mense se goed net wil afvat nie. Dis n skande, ek skaam my daarvoor, leer jou mense om te werk en nie te vat nie!!

Francois ·

Klink my of daar weer verkiesings om die draai is? Maak solank die regte geluide, maar van implementering sal daar niks van kom. Oor 5 jaar sit ons maar weer in presies dieselfde bootjie.

Adeline ·

Wel nou het ek alles gelees en weer kan ek sê met my vingerpunte – mnr die cANCer leier, glo niks wat jy sê nie want jy praat met ‘n gespete tong… sê een ding -> en doen ‘n ander – vir die tydperk wat die cANCer aan bevind is – het daar nog nooit ‘n ware positiewe opbou plaasgevind nie. Gaan jy die wat in die tronk is vry laat om te gebruik in jou staats-departemente? Om die te vervang wat jy weer daar moet sit. Wonner ernstig of ons land nie maar kriminele dorpe moet bou nie – want die tronke is al oorvol. Sterkte met jou gesplete tong voornemens – wie weet wat kan gebeur?

Genis ·

Ruk jouself reg! Voeg daad by word en laat die korruptes toesluit.. Begin by Ace, Malema, en Zuma… Erken plaasmoorde, erken dat BEEE n korrupsie kortpad is… So kan ons aangaan… Cele moet gaan, hy het nie idee nie… Net jou ander Kaders…. Jy sal die hele ANC moet trekpas gee ou Ramapaddapot

Paul ·

Cyril, ruk jouself eers reg voordat jy enige iets anders doen!

Jerry ·

CR begin eers om zuma te vervolg, kan nie eers jou eie huis in orde kry nie.

Ansie ·

Dis nodig om hulle te leer dat hulle daar is om ‘n DIENS aan die publiek te lewer (wat die mense is wat hulle salaris betaal) – hulle doen nie die publiek ‘n GUNS nie. Dis ook nodig om hulle op te lei wat professionele gedrag is – dis nié om jou toonnaels agter die ontvangstoonbank te knip nie. Lui en onbevoegde mense hoort nié in die staatsdiens nie.

Moedeloos ·

Raak eers ontslae van jou eie kabinet wat nie hul werk kan doen nie maar goed vorder ins korrupsie dan praat ons weer.

quartus ·

die wortel van die kwaad in die staatsdiens is regstellende aksie

Ai tog ·

Cyril was vir 6 jaar lank voor hy President geword het hoof van die kaderontplooiing van die ANC, hulle sit daar omdat hy hulle daar geplaas het. Nou wil hy weer maak asof hy niks daarmee te doen gehad het nie!!

Kokerboom ·

The Road to hell is paved with good intentions! Talk is cheap!
Kom ons gee u ‘n kans mnr Ramaphosa maar soos u weet “dis nie sommer vir vat”! Dis ‘n diep sweer en die grootste deel van die Staatsdiens sal moet weggesny word! U gaan ‘n opdraande stryd met vakbonde hê.Sterkte!!!

Herms ·

Cyril moet ophou praat en iets begin doen. Praat beteken niks nie.

Rentia ·

Sjoe! President jy sal afgetree, en minstens 198 jaar moet word om hoopnte hê om dit te sien gebeur.. die ANC is in sy wese en tot op die been korrup. Wat het jy al bereik? Wat het jou politieke groep al bereik? Bahalwe om alles af te breek, te moor, en vet lang vingers in die staatskas te steek. Die mense wat vir die massas moet sorg (wat vir JOU moet sorg!) Is bankrot, deur maatskappye wat JY gesluit het, sonder werklike verstaanbare rede.

ANC sal nooit korrupsievry wees nie. Dis harde werklike feite.

Androclus ·

Ruk jou eers self reg saam met jou Party want dis daar waar die hele fout lê.

johanf ·

Die bevoegtes, en bevoegde top bestuur amptenare is uitgewerk, afgedank og na laer poste gedwing, ek kan soveel name noem, ek glo nie een van hulle sal weer terugkeer nie…. Ek sal nie…..!!
Die gaan nie sommer ń maklike takie wees nie, indien dit ooit sal geskied….

Samuel ·

Die staatsdiens is al vir baie jare in die ANC se sak. Kader na kader word aangestel. Diegene wat nie kaders is nie, se lewe is hel.

Sarel ·

Blzbla nla maar korrupsie gaan voort
Politieke gins en BEE geniet voorrang

Jakes ·

Kom ons wees maar eerlik, ons agbare president moet n goue medalje kry vir al die twak wat hy en sy maatjies elke dag in die media kwytraak. Daar is darem sommige van ons wat wel n IK het hoor. Ons weet egter wie sy kieserskorps is en daarom besef hy dat hulle alles vir soetkoek sal opeet wat hy ook al kwytraak.

Hendrik ·

Nou praat jy die waarheid Mnr President. Ek sal jou ondersteun in die poging. Terselfde tyd skraap BBEEE, want dit is waar die probleem is.

jacques ·

Klink my hy is oppad uit, hulle sal nie daarvan hou dat hy so praat nie, cheers Cyril.

anniekiewiet ·

Ons agbare (sonder die respek wat die woordjie vroeër gehad het) president lees die mooiste toesprake af wat wie ook al uit gedink het. Hy sal eers geglo kan word as hy punt vir punt bewys wat gedoen is, as vrotkol vir vrotkol uit gesny is.
Sterkte vir wie dit gaan probeer want as iemand daarmee gaan Mag begin, sal dit 2 treë vorentoe en 5 treë agter toe wees. Maar droom voort, dit hou jou darem besig.

Christo ·

Stem vir n slag saam met Cyril…hoop hy begin by koepdoek en die ander langs hom.

Alwyn ·

Sien is glo, maar soos ons reeds weet is dit net wind. Hulle sal nooit optree teen hulle comrades nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.