Ramaphosa wis ook nie dit is ʼn Gupta-straler

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag ontken dat hy bewus was dat die vliegtuig waarmee hy onlangs na Japan gevlieg het aan die omstrede Gupta-familie behoort.

Ramphosa het tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die Nasionale Raad van Provinsies herhaal wat Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, verlede week gesê het. “Ons het niks om weg te steek nie. Ek het nie geweet aan wie die vliegtuig behoort nie,” het Ramaphosa aan LP’s gesê. “Glo dit of nie. Aan die einde is dit die waarheid en die realiteit.”

Volgens mediaberigte het die departement die Bombardier Global Express, wat aan Westdawn Investments geregistreer is, gehuur. Westdawn Investments word deur die Gupta-familie en pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, besit. Die vliegtuig is deur ExecuJet, die maatskappy wat die bestuur van die vliegtuig hanteer, gehuur.

Die omstredenheid het gevolg ná die voorval in 2013 toe ʼn private straler wat gaste van die Gupta-familie vervoer het, by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria geland het. Die regering het destyds ontken dat hy goedkeuring gegee het vir die vliegtuig om daar te land en gesê ’n Indiese diplomaat het die verkeerde kanale gevolg en ʼn wanvoorstelling gemaak van die doel vir die vlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

14 Kommentare

elmien ·

Hoogtyd dat n party oorneem waar jou ja n ja is en nee n nee is nie n dalk word of in misverstand is nie!

susan ·

Ons is al so gewoond aan die rympies “ek het nie geweet nie” of “dit was nie ek nie” en “dis nie so bedoel nie” hulle weet hoe om hulle uit n situasie te wurm. Was is nut?

Manie ·

Ja en hier is nog ‘n Zuma politiekus aanstelling met die volstruiskop on die sand

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is van lieg en bedrieg waarmee die spul ons land na die afgrond dwing .

Johann Marx ·

Haha…die “landing op ‘n Lugmag-basis met gaste vir ‘n troue” is NIE waaroor dit gegaan het nie. Dit het gegaan oor WAT word op daai vliegtuig gelaai sonder enige doeane voor hy weer vertrek? 200 miljoen dollar se goud? Wat Gadaffi hier kom “stoor” het?

Eduard Wansbury ·

Zuma se seun en die GUPTAS is besigheids vennoote hy het ook a aandeel in Westdawn Investments die stralers wat die Guptas besit SA WORD WAKER DIE ZUMAS MAAK NET WAT HULLE WIL NATUURLIK HET ZUMA DIE JA WOORD GEGEE OM BY WATERKLOOF TE LAND

Jenny thom ·

Ai, mens hoe bewusteloos moet/wil jy wees, en wie probeer hulle bluf? Hulle weet presies wat is wat en dink ons is idiote.

MB PTA ·

Dis net baie raar dat die hooggeplaastes in enige straler vlieg sonder dat die weermag navraag doen oor die veiligheid. Nie dat die vliegtuig nie veilig is nie maar die veiligheid van die adjunk. Hulle vlieg in ‘n vliegtuig waarvan geen agtergrond verkry is nie. As die weermag se dat hulle nie weet wie se vliegtuig dit is nie lieg hulle want daar moet ‘n maatskappy geregistreer wees by die staat voordat betaling kan geskied en dit is baie papierwerk en alle inligting sou navore gekom het wat hulle deeglik moes ondersoek voordat daar gebruik gemaak sou word van die vliegtuig.

Monica ·

“Deny, deny” …. Grapgatte! Dink dat die publiek ‘n klomp bobbejane is, intussentyd is hulle die bobbejane. As dit nie so ernstig was nie, kon ‘n mens jou dood gelag het vir dié sirkus!

Theresa ·

Siestog – Dink jy nou ons is so dig soos die res van die land? Gaan asb vir ‘n oogtoets en gooi sommer die gehoor ook in. Dit sal gratis wees……………………………

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.