
Adjunkpres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Ramphosa het tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die Nasionale Raad van Provinsies herhaal wat Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, verlede week gesê het. “Ons het niks om weg te steek nie. Ek het nie geweet aan wie die vliegtuig behoort nie,” het Ramaphosa aan LP’s gesê. “Glo dit of nie. Aan die einde is dit die waarheid en die realiteit.”
Volgens mediaberigte het die departement die Bombardier Global Express, wat aan Westdawn Investments geregistreer is, gehuur. Westdawn Investments word deur die Gupta-familie en pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, besit. Die vliegtuig is deur ExecuJet, die maatskappy wat die bestuur van die vliegtuig hanteer, gehuur.
Die omstredenheid het gevolg ná die voorval in 2013 toe ʼn private straler wat gaste van die Gupta-familie vervoer het, by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria geland het. Die regering het destyds ontken dat hy goedkeuring gegee het vir die vliegtuig om daar te land en gesê ’n Indiese diplomaat het die verkeerde kanale gevolg en ʼn wanvoorstelling gemaak van die doel vir die vlug.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Hoogtyd dat n party oorneem waar jou ja n ja is en nee n nee is nie n dalk word of in misverstand is nie!
Ons is al so gewoond aan die rympies “ek het nie geweet nie” of “dit was nie ek nie” en “dis nie so bedoel nie” hulle weet hoe om hulle uit n situasie te wurm. Was is nut?
Ek bedoel wat is nuut
Ja en hier is nog ‘n Zuma politiekus aanstelling met die volstruiskop on die sand
Dit is van lieg en bedrieg waarmee die spul ons land na die afgrond dwing .