Ramaphosa, Zuma: ‘Mandela was nié ʼn verraaier’

Foto: Phando Jikelo/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa en sy voorganger, oudpres. Jacob Zuma, het Woensdag in die bresse getree vir oudpres. Nelson Mandela omtrent aantygings dat hy ʼn verraaier was tydens die onderhandelinge vir die land se oorgang na ʼn demokratiese bestel.

Ramaphosa en Zuma het toesprake gelewer in Mvezo naby Mthatha, Mandela geboorteplek in die Oos-Kaap.

Die Mzevo-stamhoof, Zwelivelile Mandla Mandela, het Ramaphosa en Zuma genooi om by die geleentheid te praat. Oudpres. Kgalema Motlanthe, Thabo Mbeki en FW de Klerk is ook genooi.

Mbeki en De Klerk het nie die geleentheid bygewoon nie, maar ʼn toespraak van De Klerk is tydens die geleentheid gebeeldsend. In die toespraak het De Klerk gesê die land moet homself evalueer en reflekteer op die waardes wat Mandela aan elke persoon oorgedra het.

Foto: Phando Jikelo/ANA

Zuma het tydens sy toespraak gesê Mandela was nie ʼn verraaier nie en dat hy vir die land geveg het. Hy het gesê die versuim om te bou op die fondasie wat Mandela gelê het, het die bewerings dat hy ʼn verraaier was tot gevolg.

“Madiba het politieke vryheid teweeggebring. As ons nie daarin slaag om dit te gebruik om ekonomiese vryheid te bevorder nie, kan ons nie vir Madiba blameer nie. Laat ons dan eerder onsself blameer.”

Volgens Ramaphosa het Mandela die platform daargestel om die stryd verder te neem. “Madiba het ons nie verraai nie. Ek wil dit beklemtoon – Madiba het ons nie verraai nie. Mandela het dit nooit in hom gehad om oor enigiets verraad te pleeg nie.”

Ramaphosa het diegene wat Mandela as ʼn verraaier uitkryt as “leunstoelrevolusionêre” bestempel. Hy het gesê Mandela sou baie bekommerd gewees het oor die herlewing van rassisme.

“Daar is geen plek vir rassisme in Suid-Afrika nie, geen plek vir stamgebondenheid in ons land nie en geen plek vir etniese chauvinisme in die land van Nelson Mandela nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

schalk ·

CR ….Geen plek vir rassisme ? Nee dit is mos nie waar nie?

Chris du preez ·

Bla bla bla bla bla. Los nou vir Mandela en probeer iets goed op jul eie doen

Snowball ·

Geen plek vir rassisme, geen plek vir stamgebondenheid en geen plek vir etniese chauvenisme? Nou waar kom “our people ” dan vandaan? Die ANC bevorder en buit al bg euwels uit om stemme te werf. Hoe groter die Leuen, hoe meer sal dit geglo word….

Andreas Meyer ·

Stamgebondenheid kry meeste van die tyd slegte nuus oor konflikte wat op hulle eie die gevolg van onopgeloste nasionale vraagstukke is. Aan die ander kant is stamgebondenheid ook die bron van weersydse solidariteit en respek. Dit word deur die bank geignoreer.

christa ·

wat Mandella op die end was, was goed. Hy het sy rug op geweld gekeer. Hy was in sy jare van regeer ver beter as die huidige regering. Wens CR kon Mandella se voorbeeld volg.

Judge Dredd ·

Geen plek vir rassisme? – natuurlik sinspeel jy natuurlik weer teen die witmense – maar verberg swart mense en ANC regering se eie rassisme.

jjobson ·

MADIBA , IKOON VAN DIE Wêreld. Het i hart van GOUD – Vra vir Zelda en Bizos!!!!!!!!

Christien vd Westhuizen ·

Hoekom was hy n gevangene op robin eiland kan iemand dit verduidelik

Gollie ·

Hy was ‘n politieke gevangenis om apartheid uit die weg te ruim,maar op hierdie moment is die land in swakkelinge se hande wat net van rassisme wil praat en nie van plaasmoorde nie.

Andreas Meyer ·

Mandela was in die tronk oor hy ‘n misdadiger was (organisering van terrorisme en ‘n burgeroorlog om die regering omvertewerp en om ‘n kommunistiese tirannie te implementeer). Selfs linkse menseregteorganisasies het hom nooit as “politieke gevangene” erken nie. Sonder rugsteun van die Sowjetunie het hulle egter eerder die demokrasie-kaart gespeel, aangesien hulle nie die teenstand sou oorleef het nie.

E.K. die eerste ·

Al wat ek vir die twee “slimkoppe” wil sê is: “Practise what you preach!”

Grassie ·

Ek hoop die Mandela-aanbidding van die afgelope paar dae is nou verby vir die volgende 100 jaar. Tot my bank, ABSA, het vir my ‘n SMS gestuur met ‘n versoek om ‘n geldelike bydrae te maak vir die aangeleentheid.
Die twak wat tydens die toesprake kwytgeraak is het my verstom. Die ergste een was toe Ramaphosa plegtig verklaar het dat as grond sonder betaling gekonfiskeer word, dit die ekonomie sal laat groei. Hy het ook ‘n nuwe euwel uitgewys wat hand en tand bestry moet word, nl “tribalism.” Ek glo hy verwys na Afrikaners wat onsself as die Afrikanervolk beskou.

Waarom ·

Ek dink Ramaphosa sukkel om sy sommetjies te maak. Hy moet so ‘n bietjie ekonomie gaan swot. Hoe op aarde kan die afvat van grond sonder vergoeding, enige ekonomiese sin maak, wat nog te sê die ekonomie laat groei (miskien in die verkeerde rigting, ja). Ek dink “tribalism” verwys maar net na die verskillende swart kultuurgroepe, bv. Venda’s, Zoeloes, Xhosa’s, ens. en het nie iets met die Afrikanervolk te doen nie.

Hettie ·

Hulle verafgod Mandela. Hoor nooit dat hulle n ophef van Jesus Christus maak nie.

Waarom ·

Ongelukkig is nie almal Christene nie. Ons as Christene dink soos jy, maar ongelukkig werk die wêreld nie so nie.

JM ·

Hi Christien vd Westhuizen gaan Google Rivonia Unmasked, daar sal jy nelson mandela se hele geskiedenis kry.

jjobson ·

Rhino muti beledig nie. Cyril is nie jou klas. Hy”s uniek and the most famous one.

Se maar net ·

Geen plek vir rassisme….regtig. Nou wat is die EFF en BFLF dan? Hulle hits rassisme en haat aan.

mening ·

Ek is nie Mandela verskrik nie – en baie bly daaroor!!
Ek is ook nie Ramaposa verskrik nie en nog meer bly daaroor!!!

Charles ·

Joh, as daar nou OOIT enige twyfel bestaan het dat Ramaphosa ‘n maat van Soros is en beslis deel uitmaak van die “Liberale” NWO; wat almal as identiteitlose, ankerlose massaverbruikers gereed wil maak en beitel vir die “feesmaal” wat die NWO aan die voorberei is en wat hulle natuurlik oneindig gaan verryk; is dit nou uit die weg geruim!

So; laat ek dit net herhaal om doodseker te maak en reg te verstaan: jy moet jou erfenis, geskiedenis en kultuur opgee vir, en die ideologie van uitsigloosheid en ellende en die geskiedkundige narratief aanvaar; wat vir die NWO aanvaarbaar is. Die unievlag is verbode, die Stem is verbode, ons het geen erfenis meer nie, maar slegs dit wat Mnr Padda se reg is en vlekkeloos is. Reg so! Ek het dit!

Gelukkig is ons nie so liggelowig nie! Ek is wat ek is, die goeie en die slegte, nieteenstaande die gevolge daarvan, ek omarm en aanvaar verantwoordleikheid vir my HELE geskiedenis, EN IS TROTS daarop !

Waarom ·

Niemand kan jou geskiedenis van jou af wegvat nie. Wees trots daarop.

Potlood ·

Op die ou einde is daar net een waarheid en een uitkoms… Dankie dat ons aan die regte kant staan en weet wat ons weet. Dankie dat ons om elke hoek en draai verly kan word nie. Dankie dat ons nie nodig het om te argumenteer met klippe nie… Dankie dat ons nie nodig het om onself bo ander te ag nie. Dankie dat ons beloftes aan hierdie land steeds staan en dat NIKS dit OOIT sal verander want die belofte en ooreenkoms is met die groot-groot Oom…

Waarom ·

Ek het die wêreldse respek vir Nelson Mandela. Ek stem egter nie daarmee saam dat Zuma by die Mandela-dag verrigtinge moes praat nie. Wat het die ANC gedink? Hy is basies uitgewerk uit sy presidentskap en boonop in ‘n hofsaak oor korrupsie gedompel. Mandela sal in sy graf omdraai. Zuma het sy nalatenskap behoorlik vertrap.

Waarom ·

Ramaphosa, miskien moet jy eers doen voor jy praat. Op die oomblik vertrap die ANC (en jy indirek), Mandela se nagedagtenis. Mandela was ook gekant teen rassisme en het dit nie as ‘n speelbal (soos die huidige regering) gebruik nie. Miskien het die tyd gekom dat die ANC nie meer die raskaart speel nie. Onthou, rassisme kom van twee kante.

Paul ·

Per Beeld:
Hy glo nie die vasteland het ’n “Verenigde State van Afrika” nodig om sy probleme op te los nie, het oudpres. Barack Obama van die VSA gister in Johannesburg gesê.

Obama, wat eergister die Nelson Mandela-gedenklesing in Johannesburg gelewer het, het gister ’n gespreksbyeenkoms van die Obamastigting saam met 200 jong leiers uit 44 Afrikalande bygewoon.

“Die mense in die onderskeie lande in Afrika moet eers binne hul eie landsgrense met mekaar klaarkom voordat hulle kan streef na Pan-Afrika-eenheid,” het Obama in antwoord op ’n vraag gesê.

Hy besef kolonialisme het ’n baie negatiewe uitwerking op die vasteland gehad, maar daar moet ’n tyd kom dat Afrika moet sê “g’n verskonings meer nie”.

Obama het gesê in 1963, toe Kenia onafhanklik geword het, was dié land en Suid-Korea se bruto binnelandse produk (BBP) dieselfde.

“Nou is Suid-Korea s’n tien tot 15 keer groter – en Suid-Korea het ook baie probleme.”

Wonder ·

It is not how you begin, but how you finish. Mandela het dalk as ‘n bomplanter begin, maar hy het as ‘n gerespekteerde individu die tydige met die ewige verwissel. Vergifnes, verdraagsaamheid en liefde is wat hierdie land kan vooruit vat. As ons mekaar die hele tyd daaraan herinner oor wat die ander verkeerd gedoen het, gaan ons nie vorentoe beweeg nie.

Alida ·

Mandela wou vryheid en vrede gehad het vir ALMAL sy opvolgers wil dit net he vir “our people”. CR gaan nog in n hoek gedruk word waaruit hy nie sal kan kom nie. Die buiteland weet als wat hier aangaan.

Wouter ·

Mandela was n terroris en dis hoekom hy in die tronk was. Hy het terroriste selle gestig en opdragte gegee om bomme te plant en witmense te terroriseer. Ek was in NI in die 70s en weet waarvan ek praat.

Elize ·

@ wouter. Ek stem 100% saam met jou. Die mense moet eers hulle geskiedenis gaan lees voordat hierdie kader aanbid word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.