“Beeld se verslaggewing in hierdie verband is ‘n voorbeeld van die neiging na onetiese joernalistiek om stories aan te vul met irrelevant inhoud,” het hy in ‘n verklaring gesê. Volgens Ramlakan is die gesprekke met genl. Solly Shoke, hoof van die weermag, oor sy toekoms deel van “normale loopbaanbestuur” en het dit niks met die ondersoek na Nkandla te doen nie.
Beeld het Donderdag berig dat Ramlakan voortgegaan het met sy deel van die Nkandla-projek sonder dat hy aangesê is om dit te doen. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het in haar ondersoekverslag oor Nkandla bevraagteken hoekom sekere fasiliteite soos die militêre kliniek, helikopterlandingsblad en veiligheidswagte se kwartiere binne die veiligheidsheining van die president se private woonkompleks moes wees.
Volgens Beeld is skriftelike navrae aan Ramlakan se kantoor die afgelope week nie beantwoord nie en het sy personeel glo gesê hy is hy met stresverlof.
Ramlakan het gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) en ministeriële taakspan het bevind dat die departement van verdediging korrek opgetree het rakende die Nkandla-projek. Hy het gesê Madonsela se bevindings is verkeerd en dat die militêre fasiliteite langs Zuma se woning is en nie binne die veiligheidsheining is nie.
Beeld het verder berig dat Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag, gesê het dat dit nie vir die weermag moontlik is om die Nkandla-kwessie behoorlik te ondersoek nie, aangesien Ramlakan geweier het om te getuig. Ramlakan het dit as ʼn “leuen” bestempel. Volgens Ramlakan het hy ʼn verklaring afgelê en bewysstukke voorgelê. Hy het bygevoeg dat hy nie met stresverlof is nie.
Waar daar ‘n rokie is…………………………
Weereens dit reg gekry om aandag v Zuma af te trek!!!! Soos gedink het gaan gebeur!!!!
Maroela, ek sien elders die generaal beweer daardie heli-landingskol, die kliniek en wagte se blyplek NIE binne die Zuma-woonerf is nie. Dis sekerlik maklik verifieerbaar of hy of die OB hulle feite verkeerd het.
Goeie nuus: Die president se binnekring word al kleiner soos die honorable members namens hom sondebok moet speel… Ju-ju, die Waterkloof lugmagbasis sondebokke, Shabir, Ramlakan… Kort voor lank sal die honorable members moet besef om met hom iets te doen te hê loopbaan selfmoord is.
Nee, die ‘honorable members’ verseker bloot welgestelde vroeë aftrede.