Ramos op interim direksie van OBK aangestel

Maria Ramos. (Foto: ANA)

Tito Mboweni, minister van finansies, het ná konsultasie met die kabinet ʼn interim direksie by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) aangestel.

Die aanstelling is effektief van 12 Julie 2019 tot 31 Julie 2020. Die voorsitter en dié se adjunk sal tydens die eerste sitting van die interim direksie aangewys word.

Maria Ramos wat einde Januarie as uitvoerende hoof van Absa uitgetree het, is een van die waarnemende direksielede. Ramos is in Mei op AngloGold Ashanti se direksie aangestel.

Die ander lede van die OBK se interim direksie is: Sindi Mabaso-Koyana, Irene Charnley, Tshepiso Moahloli, Barbara Watson, Ivan Fredericks, Zola Saphetha, Bhekithemba Gamedze, dr. Angelo David Sabelo de Bruin, prof. Bonke Dumisa, adv. Makhubalo Ndaba en dr. Reuel Khoza. Pitsi Moloto en dr. Xolani Mkhwanazi is heraangestel as direksielede.

Daar is intussen ook aangekondig dat pres. Cyril Ramaphosa ná konsultasie met Mboweni en die direksie van die Reserwebank besluit het om Lesetka Kganyago weer as hoof van dié bank aan te stel vir nog vyf jaar.

Kganyago se huidge termyn verstryk op 8 November. Fundi Tshazibana en dr. Rashad Cassim is as die nuwe adjunkhoofde van die bank aangestel, effektief van 1 Augustus vir ʼn termyn van vyf jaar.

“Ons wens die aangewese persone geluk en sien uit daarna om saam met hulle te werk. Ons hoef hulle nie te herinner aan die moeilike ekonomiese en fiskale omstandighede wat Suid-Afrika tans in die gesig staar nie. Hulle het my volle ondersteuning en vertroue dat hulle Suid-Afrika sal vorentoe neem,” het Mboweni oor die aanstellings gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

eric kolbe ·

Hoe kan hulle Maria Ramos so pos gee Transnet Pensioen geld het by haar verdwyn soos mis voor die oe hoe kan so n persoon n verskil maak waar pensioenarisse swaar gekry het waarvoor sy verantwoordelik was

Pieter ·

Stel jou maatjies aan. Hulle sal nooit vrae vra nie. Nog een van BEE se soustreinryers.

Gert van Wierdapark ·

Die OBK se skeplepels tov die R2 TRILJOEN onder sy vlerk, moet kort afgesny word!! Dis ‘n geldkraan wat al n paar keer Biljoene Rande gelek het onder die kaders van die Sous-Trein, wat mos nie brieke het nie!! Die troppie masjiniste werk seker op fleksietyd sodat daar nie op een slag vingers in die “till” vasgeslaan word nie! Nkandla was’ n Vulletjie gewees – “watch this Space!!!

Hannes ·

Saam met haar eggenoot sien baie goed om na die Rothchild belange

SjN ·

Om bates te vervreem om inkomste goed te laat vertoon is nie n kuns nie.

Heksie ·

Ramos!!! van alle sleg skelms! Transnet is in sy maai, ABSA is in sy maai en alles as gevolg van haar toedoen!

fred ·

onder haar leiding het absa n volle BEE bank geword……blankes moes nie blankes oplei om hulle later te vervang…..al hierdie jobs bly in dieselfde ANC familie

ne ·

My huishulp praat nie van lang vingers nie maar van lang naels! Nou wonder ek of almal wat skelm is lang naels het???? He-he-he!

Hans ·

Ek is bekommerd oor die aanstellings en nog meer oor my en 1000de ander se pensioen sekuriteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.