Ramos wil tuig neerlê as Absa-hoof

Maria Ramos. Foto: www.home.barclays

Absa se uitvoerende hoof, Maria Ramos, tree einde Februarie af wanneer sy 60 word en in aanmerking daarvoor kom, het die bankgroep Dinsdag bekendgemaak.

Ramos is al sedert 2009 die groep se uitvoerende hoof en het Absa deur belangrike mylpale gelei, soos die verkryging van Barclays se Afrika-filiaalbanke, die begin van die skeiding van Barclays en die daarstelling van ʼn nuwe strategie as ʼn selfstandige finansiële instelling.

Absa sê sy direksie het René van Wyk, ʼn nie-uitvoerende direkteur sedert Februarie 2017, as tussentydse uitvoerende hoof met ingang 1 Maart vanjaar aangestel.

Van Wyk was voorheen registrateur van banke by die Suid-Afrikaanse Reserwebank tot Mei 2016. Hy was 19 jaar lank by Nedbank, onder andere as uitvoerende hoof van risiko van die destyds genoteerde Nedcor Investment Bank, en was uitvoerende hoof van Imperial Bank.

Absa sê Van Wyk sal vanaf 1 Februarie as ʼn uitvoerende hoof geklassifiseer word.

“Absa sal binnekort ʼn permanente aanstelling in die pos van groeps- uitvoerende hoof aankondig nadat die proses afgehandel is om ʼn nuwe uitvoerende hoof aan te stel en die nodige regulatoriese goedkeuring verkry is,” het die bank gesê.

Wendy Lucas Bull, Absa-groepsvoorsitter, sê met Ramos aan die stuur van sake het die bank verander van ʼn Suid-Afrikaanse bank in ʼn pan-Afrika-finansiëlediensteverskaffer met ʼn teenwoordigheid in tien lande op die Afrika-vasteland.

Met my 60ste verjaardag om die draai het ek besluit om die pos te ontruim.

Ramos sê haar voorneme om vroeër uit te tree is kortgeknip deur Barclays Plc se besluit in 2016 om sy beherende aandeel in Absa te verkoop, wat sy as ʼn unieke stel omstandighede beskryf wat deurlopendheid geverg het.

“Met my 60ste verjaardag om die draai het ek besluit om die pos te ontruim vir ʼn nuwe uitvoerende hoof om die groep op die volgende skof van sy opwindende reis te lei.”

Onder haar leiding het Absa Barclays se agt Afrika-filiale in 2013 vir R18,3 miljard bekom, die grootste Afrika-verkryging ooit deur ʼn Suid-Afrikaanse bank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

HOBBO ·

Tweede onderneming wat onder haar leierskap struikel. Eers Transnet en nou Absa!?

Griet ·

Ag @Hobbo, gaan maak tog net seker van jou feite?!?!

Onder Maria Ramos het Transnet omgedraai van ‘n bankrot onderneming tot ‘n winsgewende onderneming. Wat die volgende uitvoerende hoof daarmee aangevang het, kan nie voor haar deur gelê word nie. ABSA was nie in die moeilikheid toe sy Groepshoof geword het nie, en sover ek kan vasstel is hulle ook nie nou daarheen oppad nie. Waar kry jy jou feite?

HOBBO ·

Griet. Vra Transnet se pensioenfonds waar is die bates wat hulle inkomstes ontvang het om pensioenarisse se inkomste te betaal.
Vra ook die talle ervare bank amptenare wie laat gaan is ter wille van n beter inkomste staat vir Absa. Absa is seker die bank wat die meeste ervaring in die laaste 10jr verloor het.

hendrik ·

Griet, vra ook sommer wat Transnet alles verkoop het om hulle te keer van totale ondergang. Die Waterfront as ek dalkies reg onthou en dis maar een van hulle.

Roger ·

Gee terug die Transnet-pensioenarisse se geld wat hul toekom!!!!

Jaco Schalkwyk ·

Ag Griet, skrik wakker. Maklik om ‘n “bankrot onderneming” soos jy dit stel te laat winsgewend lyk deur bates te vervreem (vaste eiendom) en noodsaaklike onderhoudswerk te staak. Ongelukkig het dit baie ernstige gevolge wat ‘n volgende bedryfshoof se werk moeilik maak omdat hy moet onderhoud inhaal en stoei met infrastruktuur wat in duie stort. Sy het Transnet in die grond in bedryf en prober al sedert haar aankoms by ABSA om dit ook af te breek.

Ore ·

Transnet se “omdraai strategie” was suksesvol omrede sy bates verkoop het en haar sterk punt is natuurlik om van personeel ontslae te raak.Sy het ‘n welvarende ABSA by Steve Booysen ge erf,die aandeel het nie juis verbeter nie.

Adam ·

Beweer jy dit is ‘n bate om iets by Steve Booysen te erf? Indien wel, koop vir jou Steinhoff aandele want hy was op hulle direksie.

johan ·

Transnet het n wins onder getoon omdat sy die kaapse waterfront verkoop het.
Onder haar het ABSA baie kliente verloor.

Jakes Kruger ·

Dis waar, by Transnet het sy bates verkoop sodat die boeke mooi lyk. Dis ook terloops die eerste ding wat sy gedoen het by Absa…

André ·

Sy was geen aanwins vir Transnet nie. Het alles verkoop om boeke te laat klop. V&A Waterfront het sy verkoop teen een helse verlies.

johan ·

Onder haar word nou onslae geraak van baie personeel.
Die bank gaan nou oor na Steve se besdrys strategie
Barclays het geen goeie bydrae to ABSA gemaak nie.
Inteendeel het hy verskeie klient verjaag.

stuiwer ·

Ek wens Maria ‘n goeie aftrede toe. Dit klink of sy dit verdien het.

(F)luister ·

En moet asb. nie vergeet van haar bydrae om tender bedrog in alle Staatsdepartemente en Provinsiale Administrasies en ander Staatsverwante instellings so maklik te maak nie. “Ons (die ANC) het die Skatkiswet en gepaardgaande Tesourie Regulasies herskryf om die toepassing daarvan meer effektief the maak. Sommige Regulasies wat hoofstukke in beslag geneem het, het ons na net een paragraaf verminder. Dit bewys hoe effektief ons is en hoe onervare en oneffektief die vorige regime was.” Kan nie meer die presiese woorde in die voorwoord tot haar voolegging was nie , maar min of meer in lyn met wat ek aangehaal het. Wonder hoeveel belasting betalers van hierdie land die werklike implikasies en omvang van haar optede in hierdie verband besef?

Ore ·

@Adam,het jy die aandeelprys gesien? Kyk gerus na Absa aandele sedert Steve Boosen oorgeneem het tot en met gister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.