Rampbestuurwet: DA kry bloednuus in hof

Die DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Courtney Africa/ANA)

Die Konstitusionele Hof het Woensdag ’n hofaansoek deur die DA om die grondwetlikheid van die Wet op Rampbestuur te betwis, van die hand gewys.

Die opposisieparty het aangevoer dat die Rampbestuurwet te veel mag in die hande van Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, plaas.

Die hof het egter nou beslis dat dit nie in die belang van geregtigheid sal wees om die saak aan te hoor nie, berig eNCA.

Dit is nie die eerste keer dat die regering hof toe gesleep word oor die afsonderingsregulasies net vir ’n hof om in die regering se guns te beslis nie.

Maroela Media het vroeër berig die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) se dringende hofaansoek om die regering se verbod op die verkoop van tabakprodukte ter syde te stel, met koste van die hand gewys.

Fita SA het in die hof geargumenteer oor die opheffing van die verbod op die verkoop van tabakprodukte. Die organisasie het onder meer aangevoer dat die verkoop van tabakprodukte noodsaaklik behoort te wees aangesien dit verslawend is.

Die hof was egter nie hiervoor te vinde nie. “Fita SA se argument dat sigarette noodsaaklik is omdat dit verslawend is, het geen meriete nie. Die feit dat ’n middel verslawend is, maak dit nie noodsaaklik nie,” het regter-president Dunstan Mlambo in sy uitspraak gesê.

Dlamini-Zuma loop sedert die instel van die algehele landwye afsondering deur onder kritiek oor die regering se afsonderingsregulasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

DA kry bloednuus in hof : Dankie. Julle het tenminste probeer. Meer kan mens nie doen nie. Maar moet se die hofe het in die tydperk maar ook hulle kleure gewys. Is dit swart, goud en groen!

Janc ·

Ons almal is wel bewus van die feit dat tabakprodukte BAIE MAKLIK bekombaar is en geen roker het tydens “lockdown” sonder sigarette gesit nie, want almal rook onwettige sigarette. So in die tussentyd verloor die regering baie geld, maar een spesifieke persoon miljoene / biljoene.

Sakkie ·

Ek het GEEN vertroue meer in ons land se Regters. Dit lyk vir my dat hulle nie meer onpartydig staan nie.

Fedup ·

If i have to role my eyes any further back in their sockets, they might pop out.

Prikkie ·

Jy het nie ‘n kans teen die “magtige masjien nie”. Mag is lekker, en hulle sal nie uit hulle vryewil daarvan afstand doen nie.

Jack ·

Die stelling oor teveel mag is in die kol maar het geen kans dat dit sal verander nie. Ons beweeg nou baie vinnig na n sosialistiese bestel en geen lawaai en beswaar gaan die einddoel vertraag of verander nie. Kry maar jul spaargeld reg net nie in die bank nie.

Persheks Adri ·

So is die regering verslaaf aan korrupsie, omkoop geld, draai hul gesig vir swart mark verkope van NDZ, vervolging wanneer dit hul pas en so gaan die lys net aan vir HULLE in regering en our people! Wat van mense wat drugs, pille, dagga ens gebruik? Dis ook beslis vrylik beskikbaar, maar GEEN sigarette vir ons rokers nie! Dis ‘n sirkus die regering.

ONS HET DIE REG OM TE ROOK!

Ons moet seker plekke gaan plunder soos our people en maak soos taxi organisasies! Dis mos aanvaarbaar nice

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.