Ramaphosa: ‘China nie nuwe koloniale mag nie’

Pres. Cyril Ramaphosa. Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het sy toespraak by die opening van die forum vir samewerking tussen Afrika en China (Focac) in Beijing gebruik om bewerings dat China gesien word as Afrika se nuwe koloniale mag te weerlê.

“Deur die waardes wat dit bevorder, die manier waarop dit bedryf word en die impak wat dit al op Afrika-lande gehad het, ontken Focac die seining dat ʼn nuwe kolonialisme in Afrika houvas gekry het soos ons teenstanders ons sou wou laat glo,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het gesê Focac berus op Afrika se mense se reg om hul eie toekoms te bepaal. “Dit is gegrond op die Afrika-Unie se Agenda 2063, ʼn visie wat in Afrika en deur Afrikane uitgekerf is. Dit is ʼn visie van ʼn geïntegreerde, voorspoedige en vreedsame Afrika wat gedryf word deur sy eie inwoners en ʼn dinamiese mag in die internasionale arena verteenwoordig.”

Ramaphosa het gesê dit is ʼn visie van ʼn kontinent waar handel, beleggings, vaardighede en kennis vrylik oor die “grense wat deur ons koloniale heersers opgelê is” beweeg.

Ramaphosa het gesê Afrika omhels China se “Betl and Road-inisiatief” waarvolgens China handel wil bevorder en ekonomiese groei oor Asië en nog verder wil stimuleer.

Pres. Ramaphosa en pres. Xi Jinping. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

“Ons is vol vertroue dat die inisiatief kostes sal verminder en die handelvolume tussen Afrika en China sal verhoog. Dit sal die ontwikkeling van Afrika se infrastruktuur aanmoedig, ʼn baie belangrike vereiste vir betekenisvolle streeks- en kontinentale integrasie.”

Die presidensie het Saterdag gesê Ramaphosa is op pad China toe vir ʼn staatsbesoek aan pres. Xi Jinping in Beijing. Die presidensie het in ʼn verklaring gesê Ramaphosa sal die besoek gebruik as deel van sy veldtog om beleggings na die Suid-Afrikaanse ekonomie te lok om ekonomiese groei en werkskepping aan te moedig.

Ramaphosa word deur sy vrou, Tshepo Motsepe, en minstens 15 ministers vergesel, insluitend Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Rob Davies, minister van handel en nywerheid, Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Edna Molewa, minister van omgewingsake, Nhlanhla Nene, minister van finansies, en Bheki Cele, minister van polisie.

China word deur baie skeptici gesien as ʼn nuwe koloniale mag wat Afrika van sy natuurlike hulpbronne gaan stroop.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Rynhardt ·

Ramaphosa is reg dat China is nie die nuwe koloniale mag nie.Hy is wel die nuwe geldmag wat jou bankbalans ???????????????na groot, astronomiese hoogtes kan neem,ongeag die gevolge!!China weet dis nie moeilik om geldwolwe te speel nie!

Anoniem ·

Nie lank van nou af nie dan eis China Sy pond vleis in die vorm van grondgebied en Infrastruktuur en ‘n lekker strategiese Suid Punt van Afrika Oom Cyril JY kan niemand vertrou nie ! (hulle vat Jou vir ‘n RIDE)

gatvol ·

Snert Cyril. Hoe verduidelik jy die Chinese kommuniste se beplande mynbou empire by Akkerland boedery in Limpopo? Natuurlik edele ‘grondhervorming’ om JOU mense te bemagtig!

Rupert Ashford ·

Nee, om Cyril en Kie se bankbalans te bemagtig. Die kaping gaan voort, maar die geld vloei net na ander rekeninge toe…?

ANC die ontkenners ·

Net soos kinders kan die ANC net ontken en ontken, dis al wat hulle kan doen en ons is moeg daarvoor. Tyd viur selfbeskikking.

Johann M van Heerden ·

China gaan Afrika insluk. Hulle koop invloed en mag deur lenings. Hulle soek ruimte en hulpbronne vir hul baie mense. Daar vloei waarskynlik ook baie geld na die ANC se diep en lekkende sakke.

Andre ·

Hulle gaan die land nog onder jou voete uit ruk, Cyril jy is ongelooflik onnosel.

LB S ·

En dit sal dalk, net dalk, beter vir ons wees as wat dit nou is!

jaco ·

ek wens eintlik China word die nuwe koloniale mag, want in China is ‘n land SONDER die volgende:

-beurtkrag
-plakkerskampe
-30% werkloosheid
-stakings
-vuil en swak staatshospitale
-swak lae standaard onderwys
-onbeheerbare misdaad
-voorstedelike treine wat weekliks aan die brand gesteek word
-petrolprys wat gedurig styg

My lys kan nog LANK word. So voor almal so “vrees” vir die “Chinese gevaar”, dink tog mooi. Dit kan sommer baie beter gaan met SA wanneer China hier oorneem.

John ·

Last famous words… Ja, min of meer reg uitgereken want teen 2063 sal al die minerale via die lieflike infrastruktuur uitgevoer wees en dan kan die trokke gebruik word om die res van die inwoners na die buiteland uit te voer. Moenie Sjina probeer nie. Die rooi hekke sal deeglik onder slot en grendel wees. Ook nie Europa nie want dit is reeds tjok en blok, die VSA ditto, Suid-Amerika onder kwarantyn en Brittanje… Was gewees…. Rusland alweer verarm na die destydse Navo se WO3-poging en al wat oorbly is ‘n U-turn… Waar bly die Afrikaners deesdae?… Ha, ha…

Pandora ·

Ook lanklaas so ‘n lekker akroniem gesien wat so beskrywend is: FOCAC

Katerina ·

Wel ek wens China wil SA eenvoudig net oorneem.Dis dalk al wat ons witmense nog kan red.

Chris du preez ·

Ja Ja Cyril . Daar is al amper 4 miljoen chinese in Angola. Hulle kom in vir konstruksie werk en bly dan daar.Dieselfde gaan hier gebeur.

Snowball ·

Ek neem aan dis die ‘Belt and Road’ inisiatief en nie die Betl and Road, soos berig? Might be betl for China and not so good for South Africa ?

Charles ·

Nuusflits vir Mnr Padda- Sjina IS die nuwe koloniale heerser.

FPVZ ·

Tuurlik is dit nuwe koloniale mag. Selfde ding. Leiers met spieëls krale en juwele gekoop. Nou is dit net papier met syfers op. Selfde denke selfde onderdanigheid. Want hulle weet selfbestuur is pad na ellende skep nou en vlug. Cyril is net so aandadig tot korrupsie. Hy wil net skep en na 2019 agter die Guptas se rug homself warm hou.

Johan ·

Die chinese is te slim vir ons huidige regering wie se god geld is. Hulle speel CR en sy gevolg soos n kitaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.