Rampoefening saai paniek by winkelsentrum

Foto: sacommercialpropnews.co.za

Foto: sacommercialpropnews.co.za

ʼn Rampoefening by die Eikestad-winkelsentrum in Stellenbosch in die Wes-Kaap het personeel en inkopiegangers Dinsdagoggend paniekerig gehad.

Leona Erasmus het opleiding aan personeel by ‘n apteek gegee tydens voorval. Sy sê die winkelsentrum se alarmstelsel het net ná 09:00 afgegaan.

“Veiligheidsbeamptes het almal na buite begelei. Ons was onder die indruk dat daar ʼn bomdreigement was,” het Erasmus gesê. Sy sê die polisie en snuffelhonde was ook op die toneel. “Ek het my maar vinnig uit die voete gemaak toe ons buite was,” het sy geskerts.

Konstabel Phidiswa Gcume, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie en nooddienste ʼn rampoefening by die winkelsentrum uitgevoer het, en dat alles vlot verloop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anita ·

My innige simpatie met sy afsterwe, die familie kan hulle kop omhoog hou dat hy gesterf het om teen kriminaliteit op te tree, hy het werklik sy lewe geoffer vir ‘n gemeenskap, uit sy wrede dood moet almal kennis neem en die persone buurt wagte vorm om te same te patroleer, saam staan, laat sy dood nie verniet wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.