Rampregulasies skep ‘onsekerheid en wantroue’

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die burgerregteorganisasie AfriForum meen dat die spesifieke regulasies wat verband hou met die ramptoestand oor die voortslepende kragkrisis uiteraard “onsekerheid en wantroue” by lede van die publiek kweek.

Dít omdat dié regulasies vaag en onduidelik is.

Tarien Cooks, rampbestuurspesialis by AfriForum, sê ʼn duidelike uiteensetting oor hoe die regering deur middel van hierdie regulasies die kragkrisis gaan oplos, asook die stappe wat ingestel gaan word om die doel te bereik, ontbreek heeltemal.

“Dit blyk dat die samestelling van hierdie regulasies lukraak gedoen is om mense te paai,” sê sy.

“Die regulasies is onnodig omdat daar reeds in bestaande wetgewing voorsiening gemaak word vir die maatreëls wat daarin vervat is.”

Solidariteit het vroeër dieselfde gesê en bygevoeg dat dit eintlik sy saak teen die regering oor die ramptoestand versterk.

“Die uitvoering van die regulasies moes lankal gebeur het; daar is egter geen rede om te dink dat dit vinniger gaan gebeur omdat min. Nkosazana Dlamini-Zuma nou beheer neem oor die hele proses nie,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat Dlamini-Zuma byna drie weke nadat pres. Cyril Ramaphosa die nasionale ramptoestand afgekondig het om die voortslepende kragkrisis te pak, die spesifieke regulasies wat daarmee verband hou in die Staatskoerant geplaas het.

Sedertdien stem kenners ooreen dat dié regulasies niksseggend is.

Die regulasies lui onder meer dat kwytskelding van beurtkrag vir noodsaaklike infrastruktuur en dienste net toegestaan mag word indien dit “tegnies moontlik” is. Dan kan dit ook net in oorleg met die vereistes van die stelseloperateur gedoen word sodat dit nie “lei tot ʼn verhoogde risiko of hoër fases van beurtkrag” nie.

Die regulasies bepaal ook dat “die doeltreffende koördinering tussen staatsdepartemente, Eskom en ander tersaaklike instellings en entiteite moontlik gemaak moet word om die sekerheid van die kraginfrastruktuur te verseker”.

  • Kry die volledige regulasies hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johan ·

Watter regulasies ? – gee my krag vir die dag, o’ kopdoek wa’ met ek soek vi’ krag, julle klomp narre maak my hardop lag.

annie ·

Die ANC val bloot terug op gerieflike bekende reaksies. En antie-kopdoek se gesiggie is so gerusstellend? Die reaksie van die regerende party op De Ruyter se soengroet, is ‘n klinkklare bewys van swak mentaliteit/sluheid. Die ergste is dat daar niemand onder hulle is wat mens hoop gee vir beter dae nie. Hoe lees die Bybel: Weë die land… Gee asb weer vir ons daai beroemde vraag in 1993(?) vir boedeloorgee: ja/nee/(janee). En wie die bewoording gedoen het. G’n mens kon dit ontletter nie.

Samuel ·

Kopdoek moet nog met die voorvadergeeste konsulteer. Alles is een groot grap.

Owlie ·

Wat het geword van die hofsake
Die hele eskom sage word gebruik om aandag weg te lei van al die ander bedrog sake

Kokerboom ·

Ons word darem hewig geteister deur die kopdoek kader en ons voel ‘n veer vir haar!

Piet ·

Die sluise is weer oop, daar’s nie omdraai nie, die skelms gaan nou skep….

Wildemien ·

My persoonlike gunstelinge:
4.(e) provide funds for this purpose, subject to affordability
6.(c) (3) Accounting officers must take steps to ensure that anti-corruption measures are implemented during emergency procurement

Man, DIS nou rewolusionêr!!

donsie ·

Onthou dat tannie zuma al 74 jaar oud is, alles is stadiger op daardie ouderdom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.