Ramptoestand: ANC-LP’s verspeel parlement se kans op groter sê

Argieffoto van LP’s tydens ‘n parlementsitting. (Foto: GCIS)

Die parlement se kans om ʼn groter insae in die land se afsonderingsregulasies te hê, is Dinsdag verspeel toe ANC-LP’s – met steun van die EFF – teen ʼn mosie om ʼn private ledewetsontwerp te oorweeg wat die Wet op Rampbestuur sou wysig, gestem het.

Cilliers Brink, die DA se skaduminister oor samewerkende regering en tradisionele sake, bestempel dit as ʼn jammerte en sê die voorgestelde wysiging sou bereik het waarvoor die opposisieparty in die hof veg: naamlik om sinvolle wigte en teenwigte op die bevoegdhede van die regering te plaas om ʼn nasionale ramptoestand te verklaar en as wetgewing deur te voer.

“Die regering se misbruik van inperkingsmagte in Suid-Afrika – van die verbod op die verkoop van gewone verbruikersgoedere tot buitensporige beperkings op die vryheid van beweging – het ernstige ekonomiese skade vir gewone mense veroorsaak.

“Ons wil hê dat alle nasionale rampverklarings en regulasies in die parlement ter tafel gelê moet word, dat die parlement die mag het om enige sodanige regulasies te wysig en af ​​te keur en dat die parlement enige voorgestelde uitbreiding van ʼn nasionale ramptoestand goedkeur.”

Altesame 11 van die 15 organisasies wat voorleggings aan die portefeuljekomitee oor die wetsontwerp gedoen het, en drie uit vyf mense wat voorleggings gedoen het, het hul steun vir groter parlementêre toesig en aanspreeklikheid van regeringsmag onder ʼn nasionale ramptoestand gegee.

“Dit is jammer dat die parlement nou die geleentheid misgeloop het om die regering se inperkingsmagte in ooreenstemming met die Grondwet te bring,” sê Brink. “Dit berus nou by die Konstitusionele Hof om dit te doen.”

Die DA se saak teen artikel 27 van die Rampbestuurswet dien tans voor dié hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dirk Mostert ·

Wat kan mens verwag. Die ANC en EFF LP’s het nie ‘n benul van die grondwet of enige wette nie. “Demokratic”is net ‘n mooi woord vooraan “Peoples Republic” in Afrika.

Bernard ·

Lee’s The Real Dr Fauchi. Dit ontbloot die hele “Covid” skelmstreek.

Johan ·

Ek hoop die “medici” is nou tevrede met die diktatorskap wat hul gehelp vestig het. Die weste is SOOO swak.

Papsak ·

Die hele covid is en was nog net n skelmstreek daarom gaan dit nog lekker aan

VaalDonkie ·

Ek weet nie of COVID aspris gebeur het en of dit ‘n ongeluk was nie. Maar waarvan ek wel seker is, is dat regerings wereldwyd baie in hul noppies is oor hierdie “geleentheid”.

Swerwer ·

Solank die huidige situasie heers in die land sal daar nooit geregtigheid geskied nie en sal wette/rëels gebreek/herskryf word om Kommunisme te bevorder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.