Die kabinet het Maandag gesê het hy wil die ramptoestand vinniger ophef en die nasionale ramptoestand sal waarskynlik teen volgende week beëindig word.
Dit volg nadat Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Dinsdagmiddag tydens ’n mediakonferensie aangekondig het die jongste voorgestelde Covid-19-regulasies is in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer.
Die publiek het 48 uur om kommentaar daarop te lewer. Pres. Cyril Ramaphosa beoog om volgende week die land weer toe te spreek na afleiding van die kommentaar en dan ’n aankondiging oor die ramptoestand te doen.
Die publiek is aanvanklik tot 15 April kans gegee om kommentaar op die voorgestelde regulasies te lewer.
Solidariteit meen die regering probeer nou oorhaastig regulasies afhandel en beperk openbare kommentaar. Solidariteit gaan hom egter steeds tot die hof wend oor die saak. Die regering het Dinsdag ʼn skrywe aan Solidariteit gerig om hom te vra om nie met die dringende aansoek voort te gaan nie.
“Ons kan nie meer op die woord van die regering staatmaak nie. Die ramptoestand sou eers in Februarie opgehef word en daarna is dit verleng. President Ramaphosa het aangekondig dat die ramptoestand eers opgehef kan word nadat die kommentare, op 15 April, gesluit word. Nou word die kommentare afgerammel en minister Dlamini-Zuma kondig aan die opheffing gaan versnel word,” sê Solidariteit in ʼn verklaring.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
51 Kommentare
CR en die doek tannie het hulle nog nooit gesteur aan kommentaar of insette van die publiek nie. Koop weer gesig by our peepel.
Nou toenou!! Wat gaan sy dan doen?!!!Nog minder???
Rampaphosa en sy cANCer kadawers is opsigself die grootste ramp.
Niks sal my groter plesier verskaf as om haar gesig nooit weer te sien nie.
Roer hulle en as hulle die regulasies wil publiseer gaan verder.