Ramptoestand Dinsdag opgehef

(Argieffoto: Thobile Mathonsi/ANA)

Die einde van die nasionale ramptoestand is in sig.

Minister Nkosazana Dlamini-Zuma het in ʼn skrywe aan Solidariteit haar vaste voorneme bevestig dat die ramptoestand Dinsdag opgehef sal word.

Die Pretoriase hooggeregshof sou Dinsdag Solidariteit se dringende aansoek oor die beëindiging van die ramptoestand aanhoor.

Sou die minister nie by haar woord hou nie, sal dit wel Woensdag aangehoor word.

Solidariteit en die regering se ooreenkoms volg ná korrespondensie en verskeie gesprekke tussen hulle onderskeie regspanne die afgelope week.

“Die ramptoestand is irrasioneel en onregmatig,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. “Die regering het dit besef en wou die hofsaak teen elke prys vermy. Dit is ʼn groot deurbraak vir gewone Suid-Afrikaners. Die vreemde bevelsraad kan nou vervang word met parlementêre oorsig, soos dit hoort.

“Ná meer as twee jaar se abnormale regering en geweldige onsekerheid beweeg ons uiteindelik verby leë beloftes en flou verskonings. Die einde van die ramptoestand is in sig, of dit nou ingevolge ons ooreenkoms met die minister geskied of deur hofaksie die volgende dag. Ons gaan nie langer op die regering wag nie.”

Solidariteit het ook aangekondig dat hy die irrasionaliteit van die nuwe voorgestelde gesondheidsregulasies gaan uitdaag.

“Ons sal volledige insette gee, maar as die regering met die regulasies voortgaan, sal ons die regulasies in die hof toets. Die opheffing van die ramptoestand was ʼn reusestap, maar ons kan nie toelaat dat sekere elemente van die ramptoestand in gesondheidsregulasies voortgesit word nie. Die regering se magte in ramptoestande kan nie permanente mag word nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Misky ·

Uit-flippen-eindelik!!!!! Kom ons hoop hulle hou daarby en laat alles nou vaar saam die vaccine.

Sarie ·

Jy het nie die voorgestelde wysiging gelees in die staats koerant nie. Het jy?

Swerwer ·

Dankie Soldariteit. As mens ruggraatloos en breinloos gebore word is dit maar ‘n styrd om regop te probeer bly.

Marius ·

Vertrou nie die vrede nie. Dit klink of ‘n blik vol wurms oopgemaak word.

Groen Ghoen ·

Wonderlike nuus en welgedaan, Afriforum! Laat ALMAL nou saamstaan en hierdie waansin finaal tot ‘n einde bring. GEEN irrasionele “Gesondheidsregulasies”wat in ons kele afgedruk word sal aanvaar word nie. GEEN eksperimentele “vaksines” mag ooit weer op ons afgedwing word nie!

VaalDonkie ·

Ek is meer gepla oor die wysigings wat hulle aan die wette wil aanbring. Dit help nie hulle hef die ding op, maar alles bly nog dieselfde nie.

Moedeloos ·

Presies. Dis klaar in die staatskoerant die knoppie moet net gedruk word. Die publiek het nie eens genoeg tyd gehad om dit te bestudeer nie. Hoop Solidariteit en Afriforum maak kapsie daarteen.

Josua ·

Dit help nie hulle hef die ramptoestand op en wil steeds aan die gesondheidsregulasie peter nie, as daar nie teen Dinsdag n totale afskaffing van AllES aangekondig word nie dit sluit die voorgestelde wysigging aan die gesondheid regulasie in wat reeds onwettig is moet solidariteit steeds hof toe gaan.
Daar moet ernstig n poging aangewend word om die meerderheid van SA in te lig van die drakoniese handel van die ANC elite en wat daar agter skuil hulle moet besef dat hulle die mag het om die die ANC te ontroon deur teen hulle te stem dan ‘n nuwe party instem wat beleggers/ wersgeleenhede na SA sal lok en so vir almal weer n geleentheid kan skep om n bord kos op hul tafel te kry. Dis duidelik die ANC het nie n saak met hul kiesers nie en wat hulle vergeet is dat Rampies en kie vir die kiesers werk en nie die kiesers vir die ANC nie en moet ook so duidelik aan die swart meerderheid verduidelik word want Rampies, Zuma en kie dink net aan hul sakke en voel n veer vir hul kiesers.

Willi ·

Ag asseblief !! wie wil hulle nou ‘n rat voor die oe draai met sulke snert. Regulasies word in elk geval ingespan om die kastige ramp toestand te vervang.

Blom ·

Dit is ook 1 April vandag, Gekkedag. Laat mens wonder of dit regtig gaan gebeur??

Nico ·

Hierdie land is in ‘n ramptoestand van af 1994 toe die cANCer oorgeneem het, wie pluk die vrugte die regering. Alle bevolkings groepe kry swaar,

Jannie van Niekerk ·

Van 1988 af toe De Klerk en sy trawante hulle bloedlose staatgsreep uitgevoer het.

Jack ·

Met die vrou moet daar n slang in die gras skuil. Moenie te gou die vonkelwyn oopmaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.