Ramptoestand duur al byna ʼn jaar

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Suid-Afrikaners leef nou al byna ʼn jaar lank onder die ramptoestand wat aanvanklik op 15 Maart verlede jaar weens die uitbreking van Covid-19 ingestel is.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het die duur daarvan nou wéér verleng, hierdie keer tot 15 April. Teen daardie tyd sal die ramptoestand al langer as ʼn jaar lank geld.

“Dit beteken die huidige maatreëls soos vervat in die regulasies om lewens te red en inkomste te beskerm binne die raamwerk van die risiko-aangepaste strategie, word tot ná 15 Maart vanjaar benodig.”

Lungi Mtshali, Dlamini-Zuma se woordvoerder, sê die besluit volg op beraadslaging en die goedkeuring van die kabinet.

“Ons moet ons verbintenis om te kan optree en om veerkragtig en medelydend te wees, behou, terwyl ons saamwerk om Suid-Afrikaners se lewens en hul inkomste te red.”

Die oorspronklike ramptoestand sou oorspronklik op 15 Junie verlede jaar, drie maande nadat dit ingestel is, tot ʼn einde kom. Die wet bepaal egter dat die minister dit daarna, indien nodig, vir ʼn maand op ʼn slag verder kan verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Nozi ·

Watse inkomste wil hul red. Meer mense sit nou sonder werk en het glad nie meer ‘n inkomste agv die inperking wat nou al vir ‘n jaar aan die gang is.

Persheks Adri ·

Julle is die grootste ramp wat die land kon tref pffft kopdoek! Inkomste te red regtig waar kopdoek? Julle’s korrup en hoeveel mense vergaan van die honger gggmmmfff lekker tatie in die dak pffft

Hendrik ·

Die grootste ramp wat die land getrek het is die demokrasie sonder minderheidsregte.

Johan ·

Daar was GEEN rede om n ramptoestand af te kondig nie…dis n staatsgreep.

Deon ·

Presies, en dit gaan oor hulle binne gevegte….. Ons as burgers kom tweede, anc eerste….

Fedup ·

So now head scarf think she is a professional psychiatrist?
Above the law?
Maybe pension will suit her better.
Or better yet, go have a cuppa tea with your ex. No wait. You only get water.
You and your circle if feckless friends destroyed this country, the economy and people’s lives much faster in one year with your stupud and unnecessary “lockdown” than you did in the last 27 odd years.
Maybe magic tricks is acceptable in your world, don’t take us for fools.
Always remember karma. Nasty that one and i am driving the bus.

Hennie ·

Op die oomblik kan ek glad nie sien dat dit enige tyd gou opgehef gaan word nie. Volgende jaar die tyd is die opskrif ” Ramptoestand duur al 2 jaar”.

Kokerboom ·

Hierdie is nog ‘n dwase futiele poging van ‘n sinkende ANC om hul lewensduur te verleng. Alle besluite deur die wanfunksionele onbevoegde kaderkabinet is nie die papier werd waarop dit geskryf is.

Pieter ·

Hoekom sal julle om gee julle kry mos julle selarisse nie staats amtenaar is af betaal nie. Daar is net een woord vir jou en jou siek ANC regering loop VOETSEK

MakersMark ·

Ha ha ha tussen kopdoek en dr. death is die ramptoestand al ‘n jaar in plek maar eintlik is die ramp al 27 jaar aan die gang.

gatgogga ·

Ek het toe uitgevind wat steek sy onder daai kopdoek weg. Ek se niks.

Peter Pan ·

Sy is ‘n ramp! Ek vlug eerder as sy moet President word..

Pierre ·

Ek raak naar elke keer as ek daardie foto sien. Verwyder asb.

Heinrich ·

Die ramptoestand duur al sedert ’94, Covid is maar net nog ‘n spyker in die kis.

Deon ·

Dit gaan oor al die “golwe” wat hulle so opdis, ek het anderdag op die radio gehoor van nog ten minste 1 en n halwe golf….. HUH, een en n halwe golwe!!!!!

Darkwing Duck ·

Ja kopdoek, dink jy moet bietjie sit en rus. Genoeg skade aangerig.

Connie ·

Ok probeer weer vir die 3 de keer. Wat soek sy nog daar sy moes al lankal in die outehuis gewees het. Kopdoek het nie n benul wat sy doen nie, wat wil sy red ggmmff niks, want daar is niks dis alles geplunder. Hoekom is die lockdown verleng oor watter rede?

MT ·

Die opskrif van die berig moet eerder lees dat die ramptoestand vanaf 1994 duur, en dus amper 30 jaar ononderbroke aanhou.

NIKS wat geen virus op aarde kan doen, kan soveel verwoesting en totale wanhoop saai soos wat die geval was sedert 1994.

Anel ·

Vertel vir my hoeveel lewens is met die siek afsondering gered? Daar is meer lewens verwoes net die twak.!!!!!

Pierre ·

Meer mense sterf jaarliks aan enige van die onderstaande en daar was nooit vir enige van die n “ramp” nie:
1. TB
2. AIDS
3. Griep
4. Pad ongelukke

Andries ·

Stuur die regering in hul maai soos die Italiaanse restuarante gedoen het en wat 10 Maart in Texas,USA gebeur het. Elkeen is verantwoordelik vir sy eie gesondheid. Dit is nie vir ongeskoolde, dom persone nodig om vir my te dink nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.