Ramptoestand kan weer ingestel word – regering

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Dinsdag tydens ’n mediakonferensie gesê die ramptoestand kan opnuut ingestel word indien die Covid-19-pandemie weer in ’n ramp ontaard.

Volgens die minister sal die departement van gesondheid riglyne gee oor die kwessie of die ramptoestand weer ingestel moet word indien die dreigende vyfde vlaag in ’n ramp ontaard. Die infeksiekoers en die aantal hospitaalopnames sal ’n groot rol in dié besluit speel.

Dlamini-Zuma het klem daarop gelê dat die opheffing van die ramptoestand nie die einde van die pandemie beteken nie. “Dit beteken net dat die pandemie nou sonder die Wet op Rampbestuur bestuur kan word,” het sy gesê.

“Die virus bly in ons midde en gaan voort om te versprei,” het Joe Phaahla, minister van gesondheid, Dlamini-Zuma se stelling beaam. Hy het ook daarop gewys dat daar lande is, soos China, wat genoop is om weer regulasies in te stel namate die Covid-19-gevalle weer aan’t toeneem is.

Daarteenoor het hy burgers egter gerusgestel dat Suid-Afrika die afgelope paar weke lae vlakke van infeksies ervaar het, met die infeksiekoers wat tans op 8% staan. “Dit is ’n hanteerbare getal en hou nie ’n bedreiging vir ons gesondheidsinfrastruktuur in nie. Terselfdertyd gaan ons voort om die situasie te monitor deur saam te werk met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) en ander vennote in die gesondheidsektor.”

Pres. Cyril Ramphosa het Maandag ná 750 dae die ramptoestand opgehef. Hy het sekere oorgangsmaatreëls uitgewys wat vir 30 dae van krag sal bly.

Ná 30 dae sal die pandemie voorts kragtens die Wet op Nasionale Gesondheid bestuur word. Gesondheidsregulasies is voorgelê vir kommentaar van lede van die publiek voor 16 April. Daarna sal openbare terugvoer oorweeg word en die nuwe regulasies gefinaliseer en gepromulgeer word.

Volgens Phaahla sal hierdie regulasies ingestel word om sodoende die virus op ’n wyse te hanteer wat steeds binne die bestaande wetgewing en openbare beleid is.

Phaahla het ook lede van die publiek opnuut daaraan herinner om steeds hul inenting teen Covid-19 te kry omdat die helfte van die land se bevolking nog glad nie ingeënt is nie.

Volgens die minister was meer as 44,5% van die volwasse bevolking teen Maandag ten volle ingeënt, wat neerkom op 17 459 494 mense.

Hy sê die algehele getal Suid-Afrikaners wat ten volle ingeënt is, is baie laag in vergelyking met ander lande wat hul regulasies opgehef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Leana ·

Ek dink regtig dit is tyd dat die kopdoek tannie in ‘n outehuis baie ver van SA gaan sit met geen manier van kommunikasie.

pompies ·

Sarie ek glo nie sy het iets teen bejaardes nie. Maarons almal weet soos die ouderdom is daar mense wat goed vergeet en sy is een van hulle onthou die AIDS en Thabo Mbeki advies wat sy gegee het, wel dit spreek vanself enja ek is ook n ou mensvan so om en 70.

Trotse Boervrou ·

Ek wens ek kon nou die woorde uiter wat ek graag in goeie Afrikaans wil sê. Dit sal baie goeie beskrywende woorde wees…..

Retha ·

Kan ons die kort vlerkies voorsien? Sy is die grootste ramptoestand wat enige land kan tref

Klaar me Maroela ·

Dag(ga) drome…..
Hulle gryp na strooi halms. Sy en haar cronies sal op hulle swernoot kry – ‘n dringende hofsaak sal hulle voorland wees en hulle SAL dit verloor. Hulle was bitter bang vir die Hofsaak wat vandag sou plaasvind, soveel so dat hulle die ramptoestand gister al opgehef het en gemaak het asof dit hulle idee was… siestog hulle slyp nou hulle tande vir die regulasies wat hulle hoop om ons mee te stoomroller – wat ook nie gaan gebeur nie.

Retha ·

Kamtig afgeweer, maar steeds die samekomste binnenshuise wat ingeperk word asook die verfoeilike maskers. Ek sit met Whatsapp waar Japan, Czech Republic, Denemarke, Engeland, Spanje, Illinois en nog vele meer besluit het dat geen jabs meer gegee sal word op aandrang nie

Carel ·

Daar is vandag ‘n geween & ‘n gekners van tande in Tenderpreneur Piesang Republiek . . .. kan nie meer “twyfelagtige” tenders op PPE & entstowwe en bromponie ambulanse deur stoomroller nie.
Sy & die kaders is reeds besig om planne te beraam om die volgende staatskoffers Plunder Offensief te loods

Vonkprop ·

Die ANC is die enigste virus in ons midde wat aanhou versprei. Ongelukkig is daar tans geen behandeling nie.

Rudi ·

Kopdoek. Jy kan maar nou op pensioen gaan. Jy het nou nie meer ‘n job nie.

Owlie ·

Hoe gerieflik die syfers daal, n hofsaak maak hul bang, ramptoestsnd word kanseleer , nuwe absurde eensydige reëls word vir 30 dae in gestel dn WHOOP skielik word daar weer gedryg dat ramp toestand weer in gestel kan word Dis baie duidelik dat daar skielik wonderbaarlike covid gevalle tevoorskyn gaan kom Lyk vir my soos Gogga maak vir Baba bang

Pietertjie ·

Gogga maak vir baba bang. Hulle gaan nie volgende keer so gelukkig wees nie.

Andries ·

Ek het Solidariteit gewaarsku dat hul nie hul hofsaak moet laat vaar nie. Nou het hul “die ramptoestand” laat vaar maar kan weer ‘n toestand aankondig. Dit is nie ‘n verlenging nie maar ‘n nume toestand. So het hul weer die mense in die rug gesteek selfde met Piet Retief. En WEEREENS het die mense hul geglo!!! Wanneer sal hul besef dat jy hul glad nie kan vertrou nie. Onder geen omstandighede nie.

Christine ·

Solidariteit het nie die hofsaak laat vaar nie, dit gaan voort.

Carolina ·

DearSA het ‘n groot aandeel in die hof met hul petisie

Willem ·

Om Hendrik II se woorde aan te haal: “Will no-one rid usof this meddlesome woman?!”

Duck ·

Reg so madam, maak sommer weer die drank winkels toe en smyt sigarette weg. O ja, en stoot die petrol prys op met R3 per liter sodat ons almal by die huis kan bly. Baie goedkoper

Chris ·

Ek dink die ou vrou het n probleem wonder of sy aldag by is. Sy moes lankal afgetree het. Ek seker daar is n kamer in Nkandla vir haar nog

Astrain ·

Een van die dae gebruik sy haar kopdoeke vir doeke, sy kan nou maar loop aftree…

Anel ·

Vroeër vandag is daar gesê die positiewe gevalle is 5,4%. So waar kom hulle aan 8%. Wie lieg vir ons? En ek het nie ‘n saak met wst in China aangaan nie. Hulle is die oorsaak van al die nonsens. Ons is in Suid Afrika. Ons is een van die sterkste nasies in die wêreld. So ou kopdoek, gaan jy ouetehuis toe, en die een van gesondheid, spuit maar jousrlf en jou gespuis en was julle hande en dra julle maskers, MAAR los ons ander uit. Hou hulle regulasies vir julleself. En niemand skrik vir julle kastig 5de vlaag nie. Dis alles in julle drome. Die wat nog nie gespuit is nie, sal ook nie. Vergeet dit maar. Hoop môre se hifsaak ruk julle in die bek. Sterkte aan Solidariteit!!!

Robert ·

Die media is deel van die bangmaak proses. Moet dit nooit vergeet nie, verskeie lande het media base betaal om die covid vrees te versperei.

Connie ·

Ag regtig gaan julle al 2 sommer ouetehuis toe, kopdoek praat op die radio, jy kan nie eers hoor wat sy se nie, oud verby. Ramapot kry jy huis in orde, hoe de hel wil jy n land regeer met sulke mense wat mags behep is, of is jy ook net so mags behep soos hulle.

Lood ·

Ek dink die ramptoestand broei binne in daardie kopdoek uit.

marius ·

Die land se mense is keelvol vir hul rampokker gedrag . Die ys waarop hulle dans is baie dun in ‘n diep meer .

Benita ·

Hierdie vrou moet ophou om mense te dreig. Syself is die blerrie ramp. Idioot

Miskruier ·

Sy werk onder die vaandel van die WHO, sodra die volgende golf ons bereik, is ons presies waar ons twee jaar gelede was, dit terwyl natuurlike immuniteit onder die mat ingeskop word.

Nico ·

Sy is so magsbehep dat sy selfs vir die president wil voorskryf wat om te doen, stop die sigarette asook die verkoop van drank want dan kan haar seuns weer vervalste sigarette verkoop.

AH ·

Ongelukkig kry sy dit reg om die President te manipuleer en hom te laat saamstem met alles wat sy onder daardie kopdoek uitbroei……Wonder watse houvas sy op hom het?

Nie Verbaas ·

As die vrou n dokter is moet ek beslis n vuurpyl wetenskaplike wees. Deurmekaar se Moses.

Deon ·

Ek is ook keelvol vir hierdie hele spul twak, die virus, die anc, hulle domgeit, dreigery, virus vlae wat op bestelling hier aankom en wat nog alles. MAAR, wat maak ons as hulle weer n lekker stewige “lockdown level” hier in ons midde gooi? Wat gaan ons doen mense?

Robert ·

Hulle kan nie regtig ‘n lock down afdwing nie, het nie die mannekrag daarvoor nie, ons het net soos skape ingestem, nou is ons nie meer skape nie.

Swerwer ·

Kopdoek jy moet wakker skrik en baie vinnig ook. Jy hoort nie in jou pos nie want jy het nie ‘n benul wat om jou aangaan nie. Jou omsamhangende gebabbel staan niemand meer aan nie.

Jacobus ·

Good cop, bad cop. Te oordeel aan hulle rekord is dreigemente die laaste uitweg. Die vergoeding moet baie aanloklik wees.

Carolina ·

Phaahla, blah blah blah, ons gee nie ‘n hel om wat in China gebeur nie, hulle moet net hul laboratoriums gesluid hou! Julle is so desperaat om mense te kry om hul te laat spuit en hopelik stop almal nou met die getoetsery en spuitery!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.