Ramptoestand kan weer lank geld

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die nasionale ramptoestand in reaksie op die grootskaalse oorstromings in KwaZulu-Natal is reeds in die Staatskoerant gepubliseer en sal voorlopig drie maande lank geld.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Dinsdag gesê die wet maak voorsiening daarvoor dat ’n ramptoestand drie maande lank geld. Die regering sal egter die situasie in ’n latere stadium hersien om te bepaal of die ramptoestand beëindig of verleng sal moet word.

Volgens Dlamini-Zuma het verskeie lande, waaronder Katar, Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en Japan, reeds kontak met Suid-Afrika gemaak om te bepaal wat die land te midde van die oorstromings in KwaZulu-Natal benodig.

Dr. Mmaphaka Tau, hoof van die nasionale rampbestuursentrum, het op sy beurt gesê dié sentrum, wat te midde van die Covid-19-pandemie op die been gebring is, is intussen versterk om die nood te help verlig.

Agt taakspanne is sodoende op die been gebring. Dit sluit in ’n span belas spesifiek met gesondheid en mediese dienste onder leiding van die departement van gesondheid, asook ’n humanitêre verligtingspan onder leiding van die departement van maatskaplike ontwikkeling.

“Hierdie spanne word geaktiveer terwyl ons hier praat.”

Dlamini-Zuma het in antwoord op ’n vraag van ’n verslaggewer gesê daar is ’n groot verskil tussen die ramptoestand wat nou geld en die ramptoestand wat tot onlangs nog te midde van die Covid-19-pandemie gegeld het.

Die minister het verduidelik dat die vorige nasionale ramp (Covid-19) veral die gesondheidsektor geraak het, terwyl die jongste nasionale ramp byna alle sektore raak.

“Hierdie een het ’n humanitêre kant wat baie dringend is. Mense het kos, skuiling, komberse en matrasse nodig. Hulle moet ook so gou moontlik na tydelike behuising verskuif word, terwyl infrastruktuur soos paaie en geboue herstel moet word.

“Dit is baie verskillend. Die pandemie was voortdurend; hierdie een is vir ’n spesifieke gebeurtenis wat reeds plaasgevind het.”

Tau het op sy beurt daarop gewys dat die Rampbestuurswet op alle gevare van toepassing is.

Suid-Afrikaners wat hulp benodig, kan met die nasionale rampbestuursentrum by 012 848 4704/5 óf [email protected] kontak maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Johanna ·

Liewe Hemel
Sal iemand asb vir die ou vrou sê sy moet nou by die huis gaan bly… Daar is miljoene jonger vroue wat haar pos kan vat.

Nommer 7 ·

NDZ is net die boodskapper van die DG, wat weer die boodskapper is van die bevelsraad.

Annelie ·

Daai jonges het mooi opgelet in die klas. Hulle gaan net aan waar sy gaan ophou.

Anel ·

So verstaan ek reg, die covid 19 ramptoestand is op gehef.
Verder, hoekom die hele land weer aan ‘n nuwe ramptoestand onderwerp? Toe boere met droogte geteister is, wat se hulp het hulle gekry? Nou, met hierdie een, kan boere in droogte gebiede nou aansoek doen vir hulp, of is hierdie een ook maar net weer selektief?

DieKriek ·

Ja, en toe die sprinkane die hele Vrystaat opvreet, was dit ook niks nie.

Johann101 ·

Hul is en gaan selektief wees met hul hulp, ramaphosa vry na stemme uit natal…

Papsak ·

ASB flippen laat hierdie ou gedoente by haar huis Gaan Bly sy Wil net Alles Bly verleng net Om geld te maak

SjN ·

Kopdoek is lankal oor die afree ouderdom vir staatsamptenare, ry die soustrein.

Gert ·

Sy moet geld maak vir Zumpie die ou se moeilikheid wil nie end kry nie

Wat op dees Aarde ·

Nie nét sy nie, ons hele kabinet is almal seniel en oor die muur. Maar klou soos ‘n dr.l aan ‘n wolkombers sal hulle klou.

Marius ·

Ek kan nie anders om te wonder watter minister se huis in Natal op gegradeur gaan word nie .
Hier kom mos nou baie geld .

Annelie ·

Ja nee wat of dit covid of n ramptoestand soos in KwaZulu-Natal is of wat ookal skep sal hulle skep. Ek dink haar kopdoeke is nou gedaan. Sy moet iewers geld kry om nuwes aan te skaf

Misky ·

KZN is getref, nie die hele SA nie. Hoekom sal sy dit nou “Nasionaal” maak? Gulde geleentheid vir verder skep en probeer die aandag herlei.

Raadsman ·

Niks gehoor van Rusland nie??
Skuus hulle is seker te besig met volksmoord.

Pietertjie ·

Kopdoek is weer in haar element. Bietjie verlore aansien teruggewen.

Jaco ·

Hoe raak die oorstromings die Wes-Kaap? So waarom dan nou ‘n nasionale ramptoestand vir iets wat net in KZN en ‘n bietjie in Gauteng en die Oos-Kaap gebeur het? Of is daar weer drakoniese onsinnige maatreëls op pad net om “die rassistiese DA” wat die Wes-Kaap beheer te straf?

Kokerboom ·

Die totale ekonomie van land is in ‘n rampstoestand weens die skepsels se absolute wanbestuur!!!

Johan ·

Lekker “nuwe” wet ontdek. Skrap die rampbestuur wet so gou as moontlik! Noem dit n “Apartheid” wet of iets en raak ontslae daarvan!

maruis ·

Foeitog daar is geen ouetehuis wat haar wil help nie, nou help die kaders maar om haar in haar pos te hou tot die einde kom.

Heinrich ·

Sê asb vir Katar, Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en Japan ons het dringend nodig om van die ANC ontslae te raak, hulle het nie ‘n idee hoe dringend dit is nie!

JohanR ·

En ou stadige kopdoek hoeveel het Kuba gegee? Ummmm ek vat dit dat die drie maande ramptoestand net in Kwa-Zulu van stand is? Jy weet nooit met die een nie! Sy glip sommer nog ‘n lyn in dan is ons weer toegesluit en sy kan weer geld maak met onwettige sigarette!

Estelle ·

Een van die dae het hierdie vrou en regering alle se oor elkeen van ons se liggaam as ons nie stem teen die Nasionale gesondheidswet wat hul wil inbring nie. Dan gaan kla nie help as hul daai wet deurvoer nie. Hul gaan jou kan inent, bloedtrek, behandel en inboek in n inrigting sonder jou toestemming. Ons mense moet wakker word en besef wat aangaan!!

Christa ·

En hier wag ek dat die ANC weer een of ander ongeldige verskoning gaan gebruik om die hele land in ñ “State of Disaster” te sit. Die ANC stel nooit teleur met hulle onderduimse planne nie, dit moet ek toegee. Maar hierdie was ñ kans wat Anti Duki en haar kaders nie kon laat verbygaan nie. Ek vertrou niks wat uit enige een van hulle se monde uitkom nie. Die ANC het ñ lang “spreadsheet” met al hulle kriminele oortredings. Wat tot op hede nog nie aangespreek is nie. Ek hoop regtig dat die geld vir die slagoffers gaan om hulle omstandighede te verbeter, en nie weer in een van die vele “chief in charge” se sakke nie. Maar ek gaan nie my asem ophou dat die fondse reg benut gaan word nie.

LANA is ELANè ·

Gulde geleentheid vir die baie korrupte amptenare om weereens hulself te verryk ten koste vd slagoffers van hierdie erge vloed , hou die geld en skenkings met ñ valkoog dop want andersins het die slagoffers geen hoop vir hupverlening nie, danksy ons korrupte regering .

Jacobus ·

Die staatskas is weer vir 3 maande oop, met die waarskuwing, as daar nog rampgeld oor is, word “etenstyd” verleng. Die ANC is so “besorg” oor die ramp, hulle is bang dat die “rampfonds” dalk nie al die kaders se wenselyste gaan dek nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.