Ramptoestand oor droogte verval

droogte-02

Foto: Pexels/Pixabay.com

Die nasionale ramptoestand wat vroeër vanjaar afgekondig is in verband met droogte wat groot dele van die land geteister het, het nou formeel verval, het die minister van samewerkende regering en tradisionele sake Woensdag gesê.

Minister Zweli Mkhize het in ʼn verklaring gesê verskeie ingrypings het in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap en kleiner dele van die land plaasgevind sedert die ramptoestand op 13 Maart afgekondig is.

“Hulpbronne is geherprioritiseer en R433,524 miljoen van die onderskeie ramptoelaes is beskikbaar gemaak om onmiddellike verligting te bring,” lui die verklaring. “Van dié bedrag is R348,836 miljoen tydens die 2017/18 finansiële jaar oorgedra en R84,678 miljoen sal van die toelaag vir 2018/19 finansiële jaar gebruik word. Die projekte duur voort en het reeds die onmiddellike impak van die droogte verlig.”

Aldus die verklaring het die nasionale gesamentlike droogtekoördineringskomitee in Mei 2018 assesserings gedoen en bepaal dat die akute fase van die droogte in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap en kleiner dele in die land “tot ʼn einde gekom het en nou die weerstandigheidsfase betree”.

Die minister het gevolglik besluit om die nasionale ramptoestand op 13 Junie 2018 te laat verval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AD ·

Ek kyk gou of dit 1 April is… o nee. Hmmmm. 433,000 miljoen?

Seker vir as hulle sakke droog is

Se maar net ·

Gee liewer eer aan ons Hemelse Vader dit kom Hom toe nie instansies nie.

Wonderwerk ·

Ek lees R433 ‘komma’ 524 miljoen. Nietemin, ‘n wonderwerk net soos die Vaaldam wat in twee maande oorvol geraak het van so-iets soos 25%. God se wonderwerke het GEEN einde.

Nicolene ·

As ek landbou sosiaal kyk praat dit heeeeeltemal anders……

Jaco ·

is daar dan droogte in ander provinsies ook? hier iewers in 2017 het n ANC-raadslid vanaf iewers in die binneland gesê die droogte in die Wes-Kaap is die Here se straf op mense daar wat meestal DA stem. So nou wonder ek maar net: watter sonde het die ANC-kiesers in die ander provinsies dan gedoen dat die Here hulle ook met droogte gestraf het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.