Ramptoestand tot November verleng

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het in die Staatskoerant bevestig die nasionale ramptoestand is tot 15 November 2021 verleng.

“Die besluit om die ramptoestand te verleng volg ná konsultasies met die betrokke belanghebbendes en kabinetgoedkeuring,” het Dlamini-Zuma in ʼn verklaring gesê. “Die behoefte om steeds nie-farmaseutiese ingrypings te monitor en om die inentingskoers te verhoog as deel van die gebeurlikheidsmaatreëls teen Covid-19 is in berekening gebring.

“Ons bly verbind daartoe om lewens te red en seker te maak dat nog meer mense ingeënt word, omdat dit die enigste manier is hoe ons op ʼn veilige manier die ekonomie kan oopmaak en ons na ons normale lewens kan terugkeer.”

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, skriftelik van pres. Cyril Ramaphosa en Dlamini-Zuma deursigtigheid versoek oor die roete wat gevolg sal word om die ramptoestand tot ʼn einde te bring. “Dit is ʼn uiterste instrument wat nie onbepaald gebruik kan word nie. Die mense in die Wes-Kaap, en veral dié ondernemings wat werk skep, het duidelikheid nodig wat die plan is om die ramptoestand te beëindig en wanneer dit sal gebeur.”

Winde sê die ramptoestand het ook ʼn direkte impak op die mag van provinsies. “Konsultasie met uitvoerende lede van provinsies oor die verlenging van die ramptoestand en die plan om dit te beëindig is noodsaaklik om gehoor te gee aan die beginsel van samewerkende regering – die grondslag van ons land se Grondwet.”

Dlamini-Zuma het intussen aan Winde gesê voortgesette assesserings deur die nasionale koronavirusbeheerraad en die kabinet sal die voorwaardes bepaal om die ramptoestand te verleng of te beëindig.

“Ek is nie tevrede met dié reaksie nie,” het Winde gesê. “Daar word geen melding gemaak oor konsultasies oor die besluit nie. Daar word ook nie melding gemaak of daar inderdaad enige plan van aksie is om die ramptoestand te beëindig nie.”

Winde sê hy is uiters besorg dat die nasionale regering moontlik nie ʼn plan het om die ramptoestand te beëindig nie.

“Dit is ʼn probleem. Ons moet hierdie tyd gebruik om gesprekke te voer sodat ons bestuurstelsels vir die toekoms in plek kan stel wat provinsiale en plaaslike regerings bemagtig. Dit is die sekerheid wat die ekonomie benodig om te groei en te herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Hardekwas ·

Ons het nog nie genoeg onwettige drank en sigarette verkoop nie, dus verleng ons noodtoestand.

Paul ·

Solank NDZ minister oor munisipaliteite is, solank sal ramptoestande oor plaaslike owerhede toeneem.

Pieter ·

Pleks kry sy die sleg anc munisipaliteite reg die land lyk soos n varkhok.

Trotse Boervrou ·

Die voortgesette ramptoestand is die laaste mag wat die ANC nog oor die land het. Wanneer hul dit beëindig is die ANC ook op ‘n end en hul weet dit. So nee, dit gaan nie eindig nie. Die ANC voel ‘n veer vir die landsburgers en die ekonomie.

FC ·

Solank die inentings persentasie minder as 70% van bevolking is, sal niks verander nie.

Nicolaas Hendrik ·

Julle 2 flous julself glo die regering vir inetings maar glo niks van die ander nie, niks gaan verander nie al is 100% ingeent

Nie Verbaas ·

So wat is nuut? Dit is die enigste bietjie houvas wat ANC nog oor het en hulle maak n gemors van dit ook. Duisende verloor hulle werk in die tyd maar die hopelose ANC stoom voort.

Mariana ·

Wie is dan nou die sogenaamde belanghebbendes, behalwe sy en haar maatjies. Verdomp mens sou dink dat die mense in die land die belanghebbendes is. Genoeg is mos darem nou genoeg, vir hoe lank wil hulle ons dan nog straf. Pure moedswilligheid want niemand kan mos iets daaraan doen nie.

SomeOne ·

wanneer gaan sy die trekpas kry, dit sloer nou al te lank, wat van al die beskuldigings teen haar ?

Owlie ·

“Om lewens te red”????
Hoe red hulle lewens met n eensydige ramp toestand? Hoe red hulke lewens met dangerous vir indpuiyings? Hoe red hulle lewens as bedighede onder gaan nie weeks covid of besighrids wan bestuur nie?

Pietertjie ·

Die beste ding van hierdie hele storie is dat niemand meer griep of selfs verkoue kry nie. Selfs TB blyk nie meer ‘n probleem te wees nie. Doe zo voort!

Porseleintjie ·

Watter ramptoestand? Sy is die enigste ramp hier ter sprake.

Adriaan ·

“Winde sê hy is uiters besorg dat die nasionale regering moontlik nie ʼn plan het om die ramptoestand te beëindig nie.”

Dis eerder n geval van wat as die nasionale regering n plan het om die ramptoestand NOOIT te beëindig nie.

annie ·

Rampaphosa se waentjie word deur ‘n span wilde perde getrek en dr-Zuma hardloop los neffens om die spul aan te vuur. Sy het nog genoeg geld vir gifappeltjie-heitza-koptooizelz, kan ons sien. En met die verkiesing wat ons voorlê moet ons maar voort strompel… elkeen sy eie dorpie se sie-sie-rommel-hoop oor.

Henk ·

Die fossiel moet nou onttrek en met haar kleinkinders gaan speel en ophou om met Suid Afrikaners se toekoms te speel!

battleaxe ·

Is Tannie kopdoek ons nuwe President? Wat het ek gemis? Cyril sê niks maar sy praat asof Sy almighty is!

Antjiepat ·

Hou aan verleng, hier is nou al nie meer so baie belasting betalers om jul te dra nie. SO gaan voort, verleng die bleddie ramptoestand in die hel in en dan kyk ons nou hoe jul gefinansier word as die bietjie mense wat nog probeer oorleef ook nie meer kan betaal nie…

JohanR ·

Kan NDZ nie ‘n ramptoestand verklaar word nie? Ek glo dat sy ‘n groot rede is hoekom Suid Afrika in die toestand is wat hy is.

Anoniem ·

Vir hoe lank mag ‘n noodtoestand herhaaldelik verleng word?

Androclus ·

Sy het nie ‘n vae idee van bestuur nie,sy en CR se kabinet hoort almal in ‘n ouetehuis.

SjN ·

Is sy nie deel van die ramp nie? Moes lankal op pensioen gewees het.

AH ·

Die kopdoek antie maak seker nog ‘n geldjie vir haar aftrede bymekaar. Met die dat die ramptoestand oor en oor verleng word, gee dit die swart mark tyd om te “skep” indien sy weer besluit dat sigarette en drank verban moet word….

Gerhard ·

Ek het dit natuurlik verwag, want die klomp wil nie voel hulle het nie meer mag en beheer oor ons nie. Ek weet nie of hulle te dom is om te besef dat die flippen ramptoestand alles vererger nie. Ons werkloosheidsyfer raak al hoër en dit gaan nie stop nie, want die getroue belastingbetalers wat die klomp se salarisse betaal sal nie vir altyd onder die ramptoestand kan aangaan nie, dan wat dan? Hulle wil ons beskerm, nogal met n ramptoestand…….bog…..hulle kom nie eers agter dat die selfdood syfer hoogste ooit in SA is nie en dit word grotendeels veroorsaak deur werkloosheid en werkloosheid raak erger agv werkgewers wat nie meer mense kan bekostig nie, juis agv die ramptoestand, wat lankal nie meer n ramp is nie…….julle hoef my nie te beskerm nie, ek is n grootmens ek kan na myself omsien en ek kan toesien dat my vrou en kinders veilig is, julle beteken NIKS vir my nie, behalwe dat julle my bloed laat kook elke keer as ek een van julle sien of julle monde oopmaak. BELAGLIK

Heinrich ·

Hartseer dat die organisasie wat die grootste ramp is wat SA nog ooit getref het die ramptoestand aan die gang hou.

Benita ·

Ek is so gatvol vir hierdie vrou en haar reels. Waar is cyril. Hoekom neem hierdie gogga die besluite?????

Carel ·

Die ramptoestand hou ‘n paar voordele in vir BEE Tenderpreneurs

1. Konvensionele verkryging (procurement) protokol hoef nie gevolg te word nie
2. NDZ het die laaste sê & die kabinet moet net inval by die “Command Centre (Sirkus) se ondeurdagte besluite
3. Afrika se regering het onteenseglik bewys dat hulle mags behep is . . . . dié klomp gaan nie sommer hulle Totalitarian Rule prysgee nie
4. En dan is daar natuurlik duie kwessie van sigarette & drank wat BEE miljardêrs tydens die grendel tydperk geskep het

Casper de Vries se gesegde . . . . “Maak my siek fabriek”

stargazer ·

Die meerderheid mense het nie aandagtig geluister na die ANC. Die doel is om die ekonomie te pooitjie om die kommunistiese NDR in te stel. Suid afrika gaan kommunisties word en niks kan dit verander nie. Die DA het nog niks gedoen nie om dit mensgemaakte pandemie hok te slaan nie in die howe nie. Die DA is dieselfde soos al die Ander partye. You have not paid attention, this is the new world order. FAW

Esme ·

Dr Dhlamini Zuma, besef jy wat jy besig is om aan die ekonomie te doen? Dit lyk my dit is die enigste metode wat die ANC het om beheer uit te oefen! Dink asseblief verder as jouself en jou President wat heel voorskriftelik is en ronddraf om stemme te werf. Aai, daar is nie pille wat help vir oningeligte besluite nie.

Nationalist ·

Kyk net daai gesiggie, wie kan dit nie vertrou?
Ramp het reeds in ’94 begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.