Ramptoestand weens oorstromings aangekondig

Die botaniese tuine in Nelspruit is onder water (Foto: Loraine Hopley/Facebook)

Die regering het ingevolge die Rampbestuurswet van 2002 ’n nasionale ramptoestand verklaar om ’n kragtige en gekoördineerde reaksie moontlik te maak om die uitwerking van die oorstromings in Mpumalanga, die Oos-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, die Noord-Kaap en Noordwes te hanteer.

Vincent Magwenya, woordvoerder van die president, sê die nasionale rampbestuursentrum het ingevolge artikel 23 van die Rampbestuurswet die uitwerking van die huidige, bo-normale reënval in verskeie dele van die land – met Mpumalanga en die Oos-Kaap wat die meeste geraak word – as ’n nasionale ramp geklassifiseer.

’n Nasionale ramp kan deur die minister van samewerkende regering en tradisionele sake verklaar word waar rampspoedige gebeure in meer as een provinsie plaasvind of dreig om te gebeur.

“Die nasionale rampbestuursentrum het verslae ontvang van oorstroomde huise, voertuie wat deur vloedwater meegesleur is, oorvol damme en rioolfasiliteite, die verlies aan basiese infrastruktuur en skade aan paaie, brûe en ’n hospitaal in Limpopo,” sê Magwenya.

“In die landbou het boere groot oes- en veeverliese gely, en verwag verdere verliese aangesien die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel dat die huidige swaar reën sal voortduur.”

Die oorstroomde krokodilbrug in die Krugerwildtuin (Foto: Jennifer Berkemeyer/SANParks – Kruger National Park/Facebook)

Volgens Magwenya is daar nou ’n groot behoefte aan die voorsiening van tydelike skuiling, kos en komberse aan hawelose gesinne en individue en die grootskaalse, duur rehabilitasie van infrastruktuur.

“Daar kan van nasionale entiteite, insluitend die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), verwag word om ’n rol te speel in reaksie op die ramp.

“Die nasionale rampbestuursentrum gaan voort om reaksie- en herstelmaatreëls deur die betrokke staatsorgane en belanghebbendes te monitor en te koördineer. Dit sluit verder die verspreiding van vroeë waarskuwings en advies oor weervoorspellings deur die weerdiens in.”

Volgens die weerdiens word die reëntoestande deur die La Niña-weerverskynsel veroorsaak wat in die Stille Oseaan voorkom. Die teenwoordigheid van ’n La Niña-gebeurtenis het gewoonlik sy sterkste impak op reënval gedurende die middel-somermaande.

Voorspellings dui daarop dat hierdie weerpatroon in die eerste gedeelte van 2023 van krag sal bly.

Met die voortgesette versterking van die La Niña-weerstelsel, kan die land bo-normale reënval en ondernormale temperature oor die somerreënvalgebiede verwag.

“President Cyril Ramaphosa se gedagtes is by geraakte gemeenskappe reg oor die land en die president waardeer die wyse waarop entiteite van die regering, nie-regeringsorganisasies en gemeenskapsgebaseerde strukture tot op hede gereageer het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Frank ·

Sal nie verbaas wees as kopdoek mense nou verbied om water te drink om sodoende die hoeveelheid water te verminder nie.

Gert ·

Ja ek dink haar kop is so plat dat sy tussen haar boonste voor tande moet deur kyk.

Matmiet ·

As alles ‘n ramptoestand in Suid-Afrika, dan is niks ‘n ramptoestand nie…

Nie Verbaas ·

Waarvan die hopelose regering die grootste ramp is met geen kans van herstel nie.

Maritza ·

Ons is in ‘n ramptoestand vandat die ANC die land oorgeneem het

Nie Verbaas ·

En n mens kan nie glo dat daar nog burgers is wat totaal onbewus is van die vlak van onbevoegdheid en korrupsie van die kaders nie.

Gert ·

Smaak my hier is n kopdoek wat nie van jou stelling hou nie… :-)

Nie Verbaas ·

Jip, ons het in KZN gesien hoe effektief die ANC is met hulle rampbestuur. Van die vorige verspoelings se skade was tot nou toe nog nie herstel nie.

Jubba ·

Hoe gerieflik, forseer die eishkom ramptoestand af onder oorstromings vaandel.

Nettie ·

‘n Ramptoestand want daar is te veel reën en water in die land, maar terselfdertyd kry ons “beurtwater”. Regering, julle is besig om julle onvermoë om ‘n land suksesvol te bestuur, ingesluit alle natuurlike bronne, aan die groot klok te hang….

Blackwidow ·

Indien ons stormwater slote skoon gemaak word en instand gehou word sal die oorstrommings ook bietjie minder wees en die water sal weg loop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.