Ramptoestand weer verleng

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Siya Duda/ GCIS)

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het die ramptoestand weer verleng, hierdie keer tot 15 Februarie.

ʼn Ramptoestand is op 15 Maart verlede jaar vir die eerste keer afgekondig en Suid-Afrika sal, wanneer die nuwe tydperk verstryk, reeds 11 maande lank op die een of ander vorm van afsonderingsvlak wees.

Dlamini-Zuma se aankondiging in die Staatskoerant lui dat die behoefte om bestaande wetgewing en gebeurlikheidsplanne om die uitwerking van die pandemie te versterk, in ag geneem is.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand in ʼn toespraak onder meer gesê dat 20 landsgrensposte voortaan gesluit word. Hy het ook die aandklokreël verkort. Dit geld nou tussen 21:00 en 05:00. Die meeste ander riglyne bly van krag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Friedrich

Mens hoef nie ‘n baie slim mens te wees om te sien DIT HELP Nie om dit te verleng nie. Dit maak mense net meer kwaad vir die regering. Is dit dalk nie juis om die tussenverkiesing uit te stel nie? ????

Buks

Bietjie vir bietjie verleng hulle dit tot in ewigheid…

Anel

As dit in 11 maande geen verkil gemaak het nie gaan dit nooit nie. So my voorstel keer heeltemal terug na normaal en laat ons gewoonweg aangaan met ons lewens. Die wat in vrees wil lewe dien dit. Die wat paranoïes wil wees, doen dit. Ons almal sy lewensboek is klaar geskryf. Mense gaan doidgaan, of dit nou van vetsug, diabetes, beroerte, hartaanval of wst ookal is. Nou kom vrees en paranoia by. Ek lewe nie in vrees nie en sal ook nie. Ek laat my nie beheer nie. As God besluit dit is my tyd dan is dit so.… Lees meer »

Lee

Solank as wat die ramptoestand in werking is, het die regering volle beheer oor alle Suid Afrikaners. Dit sal nooit opgehef word nie, en tot in ewigheid erlang word ” sug”

Persheks Adri

Het dié vrou geen einde nie? Plaas gaan sy op pensioen en kyk na haar kleinkinders of iets. Ons het haar nie nodig nie en sy gaan dit weer verleng om ons siele te versondig pffft! Irritasie dis wat hulle almal is gggmmmfff