Ramptoestand wéér verleng

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Oproepe dat die nasionale ramptoestand opgehef word, het op dowe ore geval en dit is opnuut met nog ʼn maand verleng.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Maandag in die Staatskoerant aangekondig dat die nasionale ramptoestand tot 15 April verleng word.

Dit ten spyte van verskeie oproepe die afgelope paar maande dat dit finaal geskrap word.

Dit is nou twee jaar sedert die ramptoestand vir die eerste keer in Maart 2020 aangekondig is in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 in Suid-Afrika te beperk.

“Daar is nie meer ʼn ramp nie en die land se gesondheidstelsel is ook nie onder druk nie. Baie van die Covid-19-regulasies wat nou nog geld, is heeltemal oorbodig en behoort afgeskaf te word,” het Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), Maandag aan Maroela Media gesê.

Mulder het in die lig van die bevelsraad se jongste samesprekings gesê alle afsonderingsregulasies kan eintlik laat vaar word.

“Ons moet nou na ʼn mate van normaliteit terugkeer. Siektes is iets waarmee die mensdom al eeue lank saamleef. Deur dít te sê, maak ek nie Covid-19 as ‘siekte’ af nie; daar is egter wel nou hulpbronne om die virus te beheer.”

Solidariteit het hom reeds tot die hof gewend in ʼn poging om die ramptoestand te laat opgehef. Die regering het aangedui dat hy dié aansoek sal teenstaan en die saak word op 20 April aangehoor.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ook met ʼn afsonderlike hofgeding begin om die voortsetting van die huidige ramptoestand as ongeldig te laat verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

HJvdb ·

Nie ek of my kinders dra meer maskers nie, LOL niemand by my werk dra meer maskers nie… selfs Vrydag in die apteek het nie een van die personeel n masker gedra nie.

Cherokee ·

Ek en my personeel ook nie. Eintlik dra ek baie lankal nie meer ‘n masker.

VaalDonkie ·

Ek dra net ‘n masker as ek by ‘n besigheid instap waar hulle in die moeilikheid kan kom. Ek neem wel leiding van die personeel of ek hom afhaal of nie.

Natasha ·

Ja en 15 April dan lig hulle van die regulasies sodat dit nie hof toe hoef te gaan nie. Dis een groot grap!

Anel ·

Al lig hulle dit die 15, gaan Solidariteit nog steeds hof toe gaan om ‘n herhaling van die sotheid te verhoed. En net die feit dat die regering sê hulle gaan dit beveg sê vir my dat hulle dit weer na 15 Mei gaan verleng. Die kopdoek het mos nou die mag. Lyk my sal eers by haar voirvaders moet gaan aansluit voir dat die nonsens sal ophou!!!!

Porseleintjie ·

Nee Sarie. Feit is sy regeer eintlik die land. Ou cyril is haar puppet.

piet ·

Jy’s reg, dis presies wat gaan gebeur. Hulle speel nou vir tyd maar ek dink mense gaan die storie nou al hoe meer aflag. Selfs ek het vanoggend nie my masker gedra of saamgeneem toe ek gaan stap het nie en meeste mense wat ek langs die pad raakgeloop het, het ook nie maskers gedra nie. Wat my bekommerd maak, is dat dit nie die aanbeveling van die wetenskaplikes is om die ramptoestand te verleng nie.

VaalDonkie ·

Ja Piet. Jy sien, dis waarom hardnekkiges soos ek van die begin af vasgeskop en skeefgetrek het. Mens kry partymaal so gevoel in jou binneste en dis gewoonlik vir die beste om daai gevoel te vertrou.

piet ·

Die omstandighede het verander, dis nie meer nodig vir die ramptoestand nie. So eenvoudig soos dit.

VaalDonkie ·

Ja ek hoor. Maar ek bedoel ek het van die begin af geweet hulle sal nie sonder ‘n fight die ramptoestand ophef nie. Ek was ook ten gunste van die eerste 15 van die 700+ dae.

Mieke ·

Sy, lyk my, het meer seggenskap as Cyril. Telkens wanneer hy iets belowe – (dink maar aan die sigaret storie as bv) dan kom kopdoek en verander/verleng sy dit!

Joe Olivier ·

Hy het darem reggekry om oor ou roelfie te loop destyds.

RB ·

Klink soos n Jezebel en Agab geval – sy dra die broek, gee die bevele en hy spring want hy is te lamsakkig om sy man te staan. Die titel ‘president’ nie werd!

Irene ·

Dlamini-Zuma het duidelik niks anders om te doen nie………

Henry ·

Dit is die enigste manier hoe korrupte regerings amptenare en hulle nabye kaders en familie nog geld uit die belasting betalers se sakke kan invorder vir hulle eie sakke.

May10 ·

Hulle sal hierdie storie melk tot die einde van dae. Hulle baat baie hier uit.

Racheltjie Debeer ·

Dis net haar manier om beheer uit te oefen en dis ‘n gerieflike verskoning vir die patetiese diens wat belastingbetalers vanaf die staatsdiens ontvang.

Samuel ·

Totale beheer. Dit is waaroor alles gaan. CR is só ruggraatloos.

Nataly ·

Kan Solidariteit nie asb hof toe gaan om Universiteit voll oop te kry nie want dit is nog al die pad online en die kinders kan nie klas loop nie gaan baklei vir dit. Help om Universiteit vol oop te maak

Ilze ·

Die bevelsraad skuld die mense van SA ‘n punt vir punt verduideliking hoekom hulle dit nodig sien om die ramptoestand te verleng.

Blits ·

Is ek dan al een wat ten gunste van maskers is? Dit voel vir my alles is terug na normaal toe behalwe die maksers.

Lollapop ·

Ek is ook ten gunste van maskers, als is terug na normaal so waarom die aggressie teenoor ramptoestand

Janine ·

Lollapot: Dan behoort jy sekerlik te weet dat ons basies versmoor met die maskers! Mens kan nie behoorlik asemhaal nie. So stik maar in jou masker!

Vlooitjie ·

@Lollapot, dis okay as jy veiliger voel met jou masker aan, dra hom gerus. Maar Na alles wat ek opgelees het oor, is daar geen konkrete bewys dat die dra van ‘n masker langtermyn gesond is met al die bakterië wat daar broei nie, ook nie dat dit teen die virus ons beskerm het soos almal gehoop het nie. Kinders ontwikkel spraak probleme, mense kry vreemde vel uitslag om maar ‘n paar goed te noem. Niks aan masker dra is vir my natuurlik nie. Ek glo in vars lug, sonskyn en ‘n natuurlike immuun stelsel. En ja, dit het sy plek in hospitale waar mense dit moet dra wat daar werk maar vir almal anders oorals daar buite is dit ‘n heel ander saak. En kom ons wees eerlik, 90% van almal se maskers sit onder hul neuse en almal vroetel en vat aan hom heeldag. Dis lankal na die eerste 10 min op jou gesig glad nie meer skoon of self steriel nie.

Anel ·

Nou dra julle ou maskertjies en los ons ander uit. Maar my!!!!

Albertus ·

My gesig vol sere van masker dra, ek gaan dit nie dra niw

VaalDonkie ·

Dis oukei. Niemand gaan jou forseer om die masker af te haal nie. En mense soos ek hoes en nies nie sonder om hand voor te sit nie. Jou hand is basies ‘n masker wat jy 24/7 saam met jou kan dra en nooit in die kar kan vergeet nie. Jy moet hom ook net gereeld was.

Janine ·

VaalDonkie: ja, want ons is as kinders geleer ‘handjie voor die mondjie’, en om gereeld hande te was. Nie ons skuld ander is dit nooit geleer nie.

Magda ·

20 April aan gehoor word, regtig. NA DI MAAND WAT DIT WEER VERLENG IS REGTIG, is SA SE reg stelsel so duuuuu.

Papsak ·

Gee die ding vir laat ek haar wys hoe word dit gedoen em weier omverxsr masker te dra sal haar wys

Kokerboom ·

Kan die skepsel nie liewer aandag gee aan dorpe wat uitmekaarval? Stert swaai hond hier!

Roebs ·

Stop hoe kan ‘n land weer ekonomies werk as die ramptoestand net verleng en verleng word, stop dit. Ons land gaan nooit weer ekonomies regkom nie, besighede maak toe, en ons presedent voel ‘n veer… Kom sit bietjie eendag in ons werke en kom uit jou kantoor en sien wat jou besluite aan die land doen.

Robert ·

Dit sal net ophou waneer ons ophou om ag te gee op hul mallegeid.

VaalDonkie ·

Ek sien nog hoe toyi-toyi ons saam met die taxi-bestuurders en die EFF. Dit sal nou ‘n ding wees.

Gerhard ·

Al wat ek vandag kan se is……..CR jy is weereens nie n man van jou woord nie en jy laat jou aan jou neus rondlei deur kopdoek. Hoe op aarde kan mens respek he vir n mens se leier as hy nie by sy woord kan hou nie en dan is hy nie eers mans genoeg om dit vir ons direk te se nie. Kopdoek sit dit in die Staatskoerant en ons moet net inval.
Wel, die regulasies is regtig onnodig en ja, hier by my werk dra ons nie meer maskers nie en ek het al selfs in die mall sonder masker geloop en niemand het n woord gerep daaroor nie. Die heel laaste bietjie respek en dit was maar baie min wat oor was het ek ook nou verloor vir CR.
Sterkte almal

Kobus ·

Nou kan vroue nie meer kla dat VROUE in SA geen seggenskap het nie. Sy klap die sweep.

Carel ·

Tenders mense . . . . TENDERS !!
So lank as wat daar PPE tenders is en geleentheid is om die staatskoffers te stroop, sal die ramptoestand in plek bly

Pieter ·

Klugspul. Misbruik die wetenskap soos dit hulle pas, luister en verwerp raad. Ramptoestand pas hulle vir meer korrupsie en parlementere prosesse te omseil.

joeline ·

Is so bly om te sien dat die meeste mense hier op Maroela Media nog helder dink en nie saamstem met hierdie klug wat nog steeds aan die gang is nie, net jammer vir die een wat altyd negatief die stem nie saam knoppie druk nie.

Willem ·

Ag, die addisionele magte wat die ontplooide lede van die ANC in staat stel om ons almal soos idiote met lappe oor ons gesigte te laat rondloop is tog sóóó lekker. Dis moeilik om daarvan af te sien!

Manie ·

Blykbaar vergader hulle vandag om die maatreëls te bespreek wat nog van toepassing sal bly, sou die ramptoestand opgehef word. Hulle bly wanhopig vasklou aan ‘n bietjie mag en wil seker nie alle maatreëls wat met die opheffing gepaardgaan ook afskaf nie. Die dra van maskers in die opelug is ‘n klug, asem eerder skoon vars lug in wat gesond is. Ek kan dalk nog die motivering vir die dra van maskers in winkel sentrums verstaan, maar ook nie onbepaald sonder goeie redes nie.

Tiptol ·

Kommuniste! Sal die land uitstekend pas as hulle almal Rusland toe trek!

Pampoen ·

Nou is dit net BURGERLIKE ONGEHOORSAAMHEID wat oorbly om ons protes aan te teken.

Tiptol ·

Ja, perfekte tyd vir hulle mense om tyres te brand en te dans.

Anel ·

En daar word voorspel dat die 5 de vlaag gaan toeslaan op 28 April, en vir daardie rede word die land nog in geperk. Kom daardie tyd is dit mos nou maklik om voort te gaan met hul klugspel.

Sarie ·

Weet die virussie hy moet toeslaan op 28 April? Nice skedulering

Daleen ·

Wat van die ramptoestand se reels is nog in plek? Maskers dra en getalle by samekomste. Altwee ding wat deur elke persoon persoonlik besluit kan word. Dit is regtig belaglik om dit verder uit te rek. Een van die dae is die maskers dra nie meer afdwingbaar nie dan gaan hulle almal weer beheer van jy mag nie sport/musiek byeenkomste bywoon sonder die bewys van die inspuiting nie. Beheer sal hulle altyd probeer beheer. En net omdat ek niks kan verander aan jou simpel besluit nie ou Kopdoek jou handtekening lyk soos ‘n 2 jarige se gekrap

Casper ·

Kyk maar by rugbywedstryde hoeveel mense dra nog maskers.Kyk maar hoeveel mense op straat dra nog maskers.Nou wonder ek waar is hoedman.Wie regeer in Mongolië.

Owlie ·

En so sal dit 15 April gelig word en Mei 2022 weer in gesrel word net miljoen covid verwante verskonings Dis tyd vir n totaal nuwe regering

Swerwer ·

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake sal nie die ramptoestand ophef nie want dan het sy nie die mag meer wat sy nou uitoefen op die land nie. By die ANC kader gaan dit nie oor die belang van die landburgers nie, maar absoluut oor magsmisbruik.

Estelle ·

Dit moet baie moeilik wees om van absolute beheer te moet af staan na 2 jaar vir individue wat nie die verantwoordelikhede van beheer kan hanteer nie. Dit gaan net oor geld, geld en beheer terwyl ons mooi land en sy mense heeltemal uitmekaar val.

Andrew ·

Dit is die maklikste ding om te doen om die die covid toelaes te bly betaal. Anders moet al daai gelde wat nog betaal word eers deur parlement weer gaan vir goedkeuring. Die wereld gee geld vir covid “relieve” so hulle audit of die geld wel vir covid releive gaan of iets anders. Solank as die betaalings vir covid hulp gaan, en die wereld betaal vir “covid relieve”, gaan hulle aanhou die mense “covid relieve” gee.

Sandra ·

Ek nou dik vir die hele situasie. Hulle trek nou ‘n haas uit ‘n klip uit. In plaas van om super intelligent te lyk, lyk hulle nou die teenoorgestelde met die verdere verlenging. Die syfers spreek vanself. Maar mens moet seker nie verbaas wees nie, want dieselfde dame het gese mens moet knoffel eet om of VIGS te bekamp of genees as ek nou reg onthou. Mens kan nie die verlenging baseer op een persoon se woord nie.

Vernon ·

Almal moet dood eenvoudig nie meer maskers dra nie,nie in winkels nie..nerens.

Vlooitjie ·

Ek het reeds begin. En as die winkel beswaar maak, sit ek my mandjietjie neer en stap uit. Sonder baklei, ek stap net uit. Hoe langer ons soos skape gaan volhou om belaglike reels te volg hoe langer gaan hul aanhou en wegkom met die twak. Genoeg is genoeg.

Sarie ·

En die wat iets anders verwag het, is n spesiale weergawe van naief

Faraway ·

Maskers help . . . mits dit reg gebruik word . . .gereeld gewas of vervang word en daar moet nie aan gevat word sonder om daarna hande te was nie.
Waarom anders dra dokters en hulp assistente maskers vir donkie jare terwyl hulle opereer???
Om ramptoestand te verleng is onnodig!

VaalDonkie ·

Daai masker is sodat die dokter nie per ongeluk nies in jou derms in nie.

JohanR ·

Altyd die ou tannie wat eintlik lankal in ‘n outehuis moes gewees het!

Deon ·

Definitief ernstige Covidskade aan sommige mense se verstand en besluitnemingsvermoë!

Alfred E Neuman ·

Mense, moet julle asseblief nie aan dié entiteit dlaminizuma steur nie. Gaan jul normale gang.

RS ·

Want as dit op gehef word kry sy nie meer pay nie…en so ook haar kaders in die kommitee.

Voilet ·

Lyk of sy in beheer wil wees van alles. Maar ek twyfel of sy enigsens ‘n masker die heeltyd dra as sy in iemand se teenwoordigheid is. Covid is al verby man!

PoppieK ·

Ek sal my masker dra, kom wat wil. Ek is ‘n high risk en gaan nie die kans vat nie

PoppieK ·

Glad nie…. ek is totaal en al ten gunste van masker dra – vir my eie gesondtheid. Ander mense kan maar doen wat hulle goed dink :)

Louise ·

Natuurlik sal hulle dit verleng, want word van al die maskers en sanitizers wat hulle nog in voorraad het waarmee hulle kan geld maak anders is dit “Buy one get one free”

Miskruier ·

Alle mense van die land moet hierdie vergryp bevraagteken.

PoppieK ·

Ek wens!! Ek bly in lae klas woning vir blakes, probeer maar die positiewe in alles raak sien.

Johanna ·

Hoe oud is die Ouma Nkosazana Dlamini Zuma?? Weet enige een.

Duck ·

Nee mense! Dra die lappies, dan kan ons darm nie ander se kieme kry nie, veral met die winter en daar is alreeds ‘n gehoes en nies orals waar jy gaan.

Sarie ·

Dra maar jou lappie. Ek dra myne nooit. Het nooit. Tensy ek by supermark ingaan

Casper ·

Nambabwe het die dra van maskers opgehef.Mnr. die president jy het gepraat en ons het gehoor gegee.Hef die ramptoestand op en laat ons toe om sonder maskers rond te loop.Die kameel se rug is gebreek oom Rampie.

Lionel ·

@Casper – Nambabwe? Nie geweet Namibië en Zimbabwe het oornag saamgesmelt nie…

Pannies ·

Die ramptoestand gee hulle meer mag en maak dit makliker om die staatskas te plunder, want normale prosedures hoef nie nagekom word nie.

Jacobus ·

Hoekom steur ons ons nog enigsins aan die regering se sogenaamde ramp toestand. Normaalweg word ‘n ramp eers verklaar, nadat iets ergs gebeur het, jy kan nie ‘n ramp verklaar oor iets, wat dalk gaan gebeur, soos ‘n duimsuig vyfde vlaag. Die huidige “ramptoestand” is maar net nog ‘n ANC skep geleentheid, soos BEE, en het niks te doen met mense, wat weens die virus mag sterf. Die ANC-elite sorg net vir hulself, hul familie, hul struggle tjommies, die res van die bevolking kan maar sonder werk, kos en opleiding bly, net hulle stemme help, en dit word met ‘n T-hemp gekoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.