Oproepe dat die nasionale ramptoestand opgehef word, het op dowe ore geval en dit is opnuut met nog ʼn maand verleng.
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Maandag in die Staatskoerant aangekondig dat die nasionale ramptoestand tot 15 April verleng word.
Dit ten spyte van verskeie oproepe die afgelope paar maande dat dit finaal geskrap word.
Dit is nou twee jaar sedert die ramptoestand vir die eerste keer in Maart 2020 aangekondig is in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 in Suid-Afrika te beperk.
“Daar is nie meer ʼn ramp nie en die land se gesondheidstelsel is ook nie onder druk nie. Baie van die Covid-19-regulasies wat nou nog geld, is heeltemal oorbodig en behoort afgeskaf te word,” het Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), Maandag aan Maroela Media gesê.
Mulder het in die lig van die bevelsraad se jongste samesprekings gesê alle afsonderingsregulasies kan eintlik laat vaar word.
“Ons moet nou na ʼn mate van normaliteit terugkeer. Siektes is iets waarmee die mensdom al eeue lank saamleef. Deur dít te sê, maak ek nie Covid-19 as ‘siekte’ af nie; daar is egter wel nou hulpbronne om die virus te beheer.”
Solidariteit het hom reeds tot die hof gewend in ʼn poging om die ramptoestand te laat opgehef. Die regering het aangedui dat hy dié aansoek sal teenstaan en die saak word op 20 April aangehoor.
Die burgerregteorganisasie AfriForum het ook met ʼn afsonderlike hofgeding begin om die voortsetting van die huidige ramptoestand as ongeldig te laat verklaar.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
101 Kommentare
Nie ek of my kinders dra meer maskers nie, LOL niemand by my werk dra meer maskers nie… selfs Vrydag in die apteek het nie een van die personeel n masker gedra nie.
Ja en 15 April dan lig hulle van die regulasies sodat dit nie hof toe hoef te gaan nie. Dis een groot grap!
Sy, lyk my, het meer seggenskap as Cyril. Telkens wanneer hy iets belowe – (dink maar aan die sigaret storie as bv) dan kom kopdoek en verander/verleng sy dit!
Dlamini-Zuma het duidelik niks anders om te doen nie………
Dit is die enigste manier hoe korrupte regerings amptenare en hulle nabye kaders en familie nog geld uit die belasting betalers se sakke kan invorder vir hulle eie sakke.