Ramptoestand wéér verleng, IRR maak beswaar

(Argieffoto: Facebook)

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het onlangs egter wéér die ramptoestand verleng – tot 15 Desember. Dit is nou reeds amper twee jaar dat die ramptoestand voortduur en die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) het nou dié besluit as “skadelik en strydig met feite” gekritiseer.

“Die afgelope maand was Suid-Afrika se Covid-19-sterftes tien keer minder as wat dit tydens die tweede vlaag was. Tans is daar gemiddeld 0,6 sterftes per dag per miljoen mense. Dít, in teenstelling met die dodetal van meer as ses mense per dag per miljoen mense tydens die tweede vlaag,” het die organisasie Dinsdag in ʼn verklaring gesê.

Volgens die IRR se ontleding van die statistieke het Suid-Afrika tans die laagste aantal Covid-19-sterftes en -getalle op rekord sedert die hoogtepunt van die eerste vlaag in Julie verlede jaar. Toe het Suid-Afrika 200 gevalle en gemiddeld vier sterftes per miljoen mense aangeteken.

“In vergelyking met die kritieke bedreiging wat Covid-19 in die verlede ingehou het, dui die syfers daarop dat die huidige situasie nie ʼn nasionale ramptoestand noodsaak nie,” het Michael Morris, woordvoerder van die IRR, gesê. Hy wys ook daarop dat sterftes wat nié met Covid-19 verband hou nie, tans 100 maal meer is as dié wat wel met die virus verband hou.

Intussen het AfriForum ook Maandag die aandklokreël as “irrasioneel” beskryf en geëis dat dit afgeskaf word.

Gabriel Crouse, verbonde aan die IRR, sê: “Om dit ʼn ramptoestand te noem, is absurd. Dit vererger rampvoosheid, wat beteken as buitengewone maatreëls in die toekoms vereis word, mense minder geneig sal wees om dit ernstig op te neem. Die seun wat ‘wolf-wolf’ geskree het, het dit besef, maar nie Dlamini- Zuma nie.”

Die IRR plaas die verlenging van die nasionale ramptoestand binne die breër tendens van magsmisbruik deur die departement. “Hierdie misbruik is vroeër in Augustus 2021 gedemonstreer toe minister Dlamini-Zuma probeer het om die uitstel van nasionale munisipale verkiesings af te dwing. Die IRR se waarneming dat haar proklamasie irrasioneel was, is deur die konstitusionele hof bevestig. Net soos in die verlede, sal die minister nie sonder openbare druk van haar uitvoerende supermagte afstand doen nie,” meen Morris.

Die IRR se regsverteenwoordigers het reeds verlede week aan die presidensie geskryf en gevra of die nasionale bevelsraad oor die koronavirus aan selfs die mees basiese vereistes van professionele staatsgedrag voldoen, insluitend die invul van ʼn bywoningslys, die bewaring van vergaderingnotules en ʼn formele struktuur van stemming oor gevolgtrekkings. “Tot op hede het die IRR geen antwoord op hierdie mees basiese vrae ontvang nie.”

AfriForum het ook gevra vir redes waarom die aandklokreël nog toegepas word, sowel as bewyse ter ondersteuning van die effektiwiteit daarvan as voorsorgmaatreël teen Covid-19. Dlamini-Zuma is versoek om teen 19 November hierop te reageer.

Crouse meen ook die verlenging van die ramptoestand verskans die bevelsraad bo en buite strukture van parlementêre toesig, en normaliseer die idee dat Suid-Afrika via die bevelsraad ʼn regering het wat op ʼn “onbegryplike wyse” oor sy mense regeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Baardman ·

Daar sal moet daadwerklik opgetree word teen hierdie korrupte regering. Praat en vrae vra help nie.

Di ·

Hulle maak mos nou voorsorg vir die volgende “Vlaag”. Hulle is mos sieners om voorruit te kan sien dat die 4de vlaag ons in Desember weer gaan tref.

Anel ·

Sodat dit vir hulle msklik sal wees om weer op 4Desember ‘n algehele vlak 4 of 5 “lock down” kan toepas. Die spul is mal verby!!!

Johann ·

Dit gaan nie vir KOPDOEK oor feite of statistieke of regte of reg of verkeerd nie. Dis DIE grootste voorbeeld van die ANC en sy MAGSMAL KADERS wat n land in die afgrond insleep agter hulle ideologiese behepthede. En eenvoudig onaantasbaar!

Mariana ·

Ek stem 100% saam. Als gaan oor mag. Hulle gee nie regtig om wat van hierdie land word nie, solank hulle kan inpalm.

Renier johannes ·

Wil ons manupileer moet stop gesit word ons het n reg

Anoniem ·

Daar is geen motivering vir die verlenging van die ramptoestand nie. Ons gaan somer binne, dus is die virus veronderstel om te taan soos wat wel deur die daaglikse syfers weerspieël word. Dieselfde geld vir die aanklok reël, skaf die dekselse gemors af, dit dien geen doel, behalwe om ons te kondisioneer vir staatsbeheer nie.

Pieter ·

Die sleg anc kommuniste maak nes hulle wil. Hulle sien ons praat net en doen niks

Samuel ·

Hoeveel keer is dit nie al gesê dat Dlamini-Zuma magshonger is nie? Sy en die top ses binne die ANC wil SA’ners onder die duim hou. Dit gaan eenvoudig net nie oor wat goed of veilig is vir ons nie. Nkosazana steur haar ook nie aan howe of briewe nie. Die kommunisties opgeleide minister, doen alles volgens die kommunistiese handboek. Hulle beplan saam aan die vierde covid vlaag.

Kokerboom ·

Nog nooit in verlede het ek ‘n regering geminag soos die ANC regime

Natasha ·

Maar as sy nie die “ramptoestand” verleng nie kan hulle nie drank sluit in Desember nie. Hulle werk met ‘n plan.

JohanR ·

Is tyd dat Cyril Ramaphosa ingryp en net vir doek se genoeg is nou genoeg. Soe kan die nie maand na maand na maand aangaan nie! Kan al weer sien dat daar niks op ou kers aand van 12 tot 4 aangaan nie en op Ou Jaars aand van 12 tot 4. Hoe kan ons ietsie begin om te vra dat NDZ moet #Voertsak?

Waarnemer ·

Johan,droom jy nou,dink jy regtig ou cyril sal dit doen…hulle sit saam aan dieselfde etenstafel en skep saam hulle beursies vol.

Jakes ·

Daar is nie meer sirkusse nodig in SA sedert 1994 nie want ons word elke dag deur narre gratis vermaak. Hoe n mens nog hierdie absurde besluite ernstig kan opneem kan mens nie oor vertel nie. Wens darem dat ek ook die enorme salarisse kon verdien vir die blatante gemors wat opgedis word.

Willem ·

Hierdie “gratis” narre word met ons belastinggeld betaal.

Kiewiet ·

Regtigwaar????waarmee is hierdie regering besig!!!waarvoor is hierdie nou nodig?
Gaan alles oor MAG!! HEF HIERDIE RAMP TOESTAND OP!!

Parmantige samaritaan ·

Ignoreer bloot hierdie spul en gaan aan met jou normale lewe.

piet ·

Die aandklokreel raak my nie persoonlik nie maar dit behoort nie nou te geld nie.

Hans ·

Die maatreëls wat nou in plek is, is daar om die dra van maskers in die openbaar te kan afdwing. Dit is uiters noodsaaklik, want dit is die beste meganisme om die virus te stuit. Hierdie les is gedurende die Spaans Griep epidemie van n 100 jaar gelede geleer. Daar was nie inentings gewees nie. Die huidige inentings is bewys om ondoeltreffend te wees.

Die regering kan nie vertrou word nie, en ons moet die ander vergrype beveg.

Lourens CFG ·

Soos ek verstaan kan ‘n ramptoestand net ‘n sekere aantal kere verleng word.
Is dit nie nou al oor daardie perk nie?
As dit is, dan is hierdie verlenging mos onwettig. (Nie dat hulle hulself steur aan die wette nie)

Mariana ·

Is die vrou dan nou stapelgek. Sy het nie ‘n idee wat aangaan nie. Sal hierdie land onder permanente lockdown sit as sy kan. Haar tyd is verby en sy is nie reg vir die pos nie. Dis tyd dat ander partye opstaan en sê genoeg is genoeg en hierdie spul uit hulle stoele gaan lig. Tyd vir optree.

Gert ·

D z voeter net rond sy slaan die kitaar en almal moet dans tyd om ‘n bietjie die NEE woord te leer

miavos ·

Daar is ‘n rede hoekom Dlamini-Zuma so onversetlik is. Sy het ‘n ‘geheime’ agenda. Sy het mos openlik gesê ‘We won’t waste this crisis (virus)’. Dit sal die ekonomiese gelykmaker wees. Sy sal aanhou met die ramptoestand tot sy dink sy het haar doel bereik. Jammer as ek nou mense in die gesig vat.

Waarnemer ·

Mos gese na 1 November gaan ons weer gehok word…..Desember is om die draai,drank en sigarette gaan taboe wees sodat kopdoek en haar kaders weer 1000% wins kan maak op die onwettige verkoop van alkohol en onwettige sigarette van zimbabwe en Botswana inbring

Papsak ·

Ag asb stop hierdie game nou solank die anc en kopdoek daar is sal dit nie eindig nie want hulle maak geld daaruit staan op en sit haar op haar flippen plek praat sal help doen iets

VaalDonkie ·

Ek het hoeka gister ‘n bottel brannewyn by Takealot bestel. Want ek het iets anders bestel wat R300 gekos het, en sou moes koerierfooie betaal as ek dit nie R450 kon maak nie. Toe koop ek maar ‘n brannewyn ook en kry dit tegnies vir R50.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.