Ramptoestand weer verleng

(Foto: Twitter)

Ten spyte van toenemende oproepe dat die regering die afsonderingsregulasies wat in reaksie op die Covid-19-pandemie ingestel is heeltemal ophef, het die kabinet intussen die ramptoestand met nog ʼn maand tot 15 Oktober verleng.

“Dit is gedoen om uitvoering te gee aan die regulasies wat relevant bly om die verspreiding van Covid-19-infeksies te bestuur,” lui ʼn verklaring van die kabinet.

Die getal nuwe infeksies het die afgelope paar weke beduidend gedaal en die herstelkoers vir Covid-19 staan in hierdie stadium op 87%. Daar was ook ʼn groot afname in die vraag na hospitaalbeddens en toetse vir die virus.

Die kabinet het ook terugvoer oor verskeie ander kwessies – talle van hulle omstrede – gegee.

Clicks-advertensie

(Foto: clicksgroup.co.za)

Die kabinet sê hy met kommer kennis geneem oor die “uiters kommerwekkende advertensie” wat vroeër op Clicks se webwerf geplaas is en groot openbare woede veroorsaak het.

“Die regering beskou die advertensie as uiters kwetsend en rassisties.”

Die kabinet sê die kwessie van “swart hare” was in die onlangse geskiedenis die onderwerp van groot politiekery en onbillike diskriminasie. Die kabinet sê die land se geskiedenis is besaai met wetgewing en sosiale norme wat “swartheid” en die fisieke eienskappe wat daarmee gepaard gaan – soos ʼn donker vel en krullerige hare – minderwaardig gemaak het.

Die kabinet het die ingrypings wat sedertdien gedoen is verwelkom.

“Die kabinet doen ʼn beroep op die advertensie-agentskappe van Clicks en ander winkels om tasbare programme in te stel wat menseregte bevorder en beskerm en bewustheid kweek oor kwessies soos rassisme, ongelykheid en diskriminasie.”

Die kabinet sê Suid-Afrika werk daaraan om die ekonomie te laat groei en kan nie die gevaar van werksverliese bekostig nie.

“Wetteloosheid en vandalisme van private en openbare eiendom mag nie goedgepraat word nie en is nie ʼn verantwoordelike en progressiewe manier om konflik te besleg nie.”

Nathaniel Julies

Nathaniel Julies. (Foto: Twitter)

Die kabinet het ook sy medelye betuig met die familie van Nathaniel Julies, ʼn 16-jarige downsindroomlyer, wat sowat twee weke gelede in Eldoradopark – glo deur ʼn polisielid – doodgeskiet is.

Die kabinet het inwoners gevra om saam met die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) te werk in sy ondersoek na die voorval.

Drie polisiebeamptes is intussen in hegtenis geneem in verband met die kind se dood.

‘Transformasie van erfenislandskap’

Die standbeeld van oudpres. Nelson Mandela buite die provinsiale wetgewer in Mbombela (Nelspruit) Foto:
Mpumalanga Provincial Treasury/Facebook

Nóg ʼn omstrede kwessie wat die afgelope ruk groot woede veroorsaak het, was ʼn aankondiging van die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, dat die regering gaan ondersoek instel na die verwydering van standbeelde uit die apartheid- en koloniale era en die verskuiwing daarvan na sogenaamde temaparke.

Die kabinet het terugvoer ontvang van ʼn taakspan, gelei deur die departement van sport, kuns en kultuur, oor die sogenaamde transformasie van die erfenisnalatenskap.

Die span doen aanbevelings oor die standbeelde of monumente wat die waarde van ʼn nuwe, demokratiese Suid-Afrika uitbeeld. Die kabinet sê ʼn omvattende oudit van alle standbeelde, simbole en monumente gaan gedoen word en die uitslag daarvan sal “die identifisering van die voorgestelde kulturele nasiebou-parke rig”.

Die kabinet het sy goedkeuring vir die proses gegee en sê dit gaan die land help bou en verseker dat openbare ruimtes die grondwetlike waarde van ʼn post-koloniale en post-apartheid- demokratiese orde weerspieël.

Die kabinet sê alle artefakte wat kolonialisme en apartheid uitbeeld, sal verskuif word om daar vir toekomstige geslagte bewaar te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Pieter ·

Julle cANCer weet nie wat aangaan, nes julle vriende die eff. Verleng vir wat?

JohanR ·

Ramptoestand! Watter ramptoestand? Ek lewe al lankal my lewe…..#VoerTsakANC!

Moedeloos ·

Ag asseblief tog al ramptoesand is die gedurige stelery en korrupsie. Nou moet ons nog n maand suffer

Persheks Adri ·

Sweet blow niks maak sin nie! Ons is moeg vir apartheid stories, maar ons geld is goed genoeg. Sjoe julle kaders het omtrent minderwaardig kompleks. Wat gaan julle met rooi petters maak wat so skade aan gerig het? Seker niks nie ne Cyril…

#Tsek ANC tsek julle maak naar!

Gerhard ·

HIERDIE IS NET N MANIER VAN DIE KLOMP NARRE OM ONS GEHOK TE PROBEER HOU. SWAK SWAK SWAK.

Francois Le Cochon ·

Wes-Kaap het die laaste 24uur ‘n drastiese styging in nuwe Covid gevalle ervaar.

Michelle ·

Wat gaan aan met die bietjie breinselle van die “besluitnemers”??!! Los ons standbeelde, spandeer ons belastinggeld op belangrike goed ASB

Vrijburger ·

Ek stem net saam met die oproep mbt Nathaniel Julies.

Mbt die res kan die ANC regime vlieg na daar waar dit baie baie warm is.

Stephen ·

Die enigste ramp is dat die Regerings amptenare, hulle famielies en vriende nognie genoeg geplunder het uit n bankrot land uit nie. Die belasting betaler sal mos die gate toestop. Hoe oorleef mens as jy net 8 dae n maand werk weens die swak bestuur en besluite van n onbevoegde regering en President?

Fedup ·

This circus’s excuses are as lame as the little common sense they have.
You are done destroying this cesspool you call a country.
You are done stealing from the south africans.
You are done telling US what to do, when and where.
DONE. .

Kokerboom ·

Ek het nie meer woorde om absolute misnoeë uit tespreek.Kyk wie neem besluite wat my en mense se toekoms reguleer!!!!Ipv versoening skep die kaders ‘n totale gevoel van disrespek teenoor hul regime

Levinson ·

En Afriforum, Solidariteit en VF+ dink hul kan als met hofsake regmaak. Hoeveel moet nog gebeur voor die Afrikaner sy gemakstoel verlaat en oor begin bou aan ‘n eie land. SA is nie Kanaän….eerder Sodom en Gomora. Ons is besig met ons eie uitwissing omdat onscte hardkoppig is om als te los en oor te begin.

Jacobus ·

Kan maar nie hulle vetterige hande van mag afhou nie- vir wat?

Anel ·

Wil ons stanbeelde skuif en dan komuniste se beels oprig, soos Fidel Castro se beeld, en ons moet betaal. Sooo keelvol vir die anc.

Johann ·

Ons is uitgelewer aan ‘n onbesonne klomp sotlikhede wat met “slim” woordspel rule regulate en ruineer!

ElizeK ·

Skuus Francois.
Is jy ernstig. Ek het op verskeie forums na berig gesoek, maar kry niks.
Waar het jy dit gesien/gehoor.

Charles ·

Aan my seun, ek gaan jou mis, verlaat hierdie land, hier is niks vir jou hier nie.

Jou Pa

Anthony ·

Regtig?? Ontken plaasmoorde maar neem kennis van die Clicks advertensie….

john ·

Die kabinet kan hom self besighou met nonsense dinge soos advertensies wat nie eens hulle werk is nie maar waar werklike werk gedoen moet word soos die opbou vd ekonomie waar is hulle dan?

Chris ·

Dit is maar net duidelik dat “kopdoek” en die “ander” pelle tog so hou van die magspeletjie.

MrMagic ·

Ramptoestand met nog ʼn maand verleng, is 26 jaar nie al lank genoeg nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.