Rand knip skaars ʼn oog tydens kabinetaankondiging

Pres. Cyril Ramaphosa kondig die nuwe kabinet aan by die Uniegebou op 29 Mei 2019. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die rand het Woensdagaand min reaksie getoon op pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging van sy effens kleiner kabinet.

Teen die einde van Ramaphosa se aankondiging by die Uniegebou in Pretoria, het die rand maar ʼn skrale 0,3% teen die dollar versterk om op R14,68 teenoor die Amerikaanse geldeenheid te verhandel.

Bianca Botes, korporatiewe tesouriebestuur by Peregrine Treasury Solutions, meen die president se aankondiging dat die kabinet van 36 tot 28 portefeuljes verklein is, is ʼn stap in die regte rigting, maar SA sit steeds met ʼn oorgroot kabinet. Wyle pres. Nelson Mandela se kabinet het uit 18 ministers bestaan.

Botes sê nog ʼn ligpunt is dat indiensneming en arbeid nou binne dieselfde portefeulje val. Thulas Nxesi het Mildred Oliphant vervang as minister van dié nuwe saamgestelde departement, met Boitumelo Moloi as sy adjunk. “Die samevoeging van hierdie twee velde dui op die regering se voorneme om werkskepping ʼn prioriteit te maak,” sê Botes.

Tito Mboweni bly in sy pos as minister van finansies. (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Sy meen die behoud van Tito Mboweni as minister van finansies en Pravin Gordhan as minister van openbare ondernemings, sal markte paai en ʼn positiewe persepsie van die kabinet skep. “Hierdie sleutelaanstellings behoort by te dra tot politieke stabiliteit, terwyl dit die voortsetting van pro-ekonomiese groei beteken, ʼn grondslag wat veral deur die president en dié twee ministers oor die afgelope jaar gelê is.”

Die aanstelling van die omstrede David Mabuza as adjunkpresident is uit talle oorde met teleurstelling begroet, maar dié aanstelling het nie juis as ʼn verrassing gekom nie. Dit word wyd geag as ʼn manier om die Zuma-faksie in die ANC tevrede te stel.

“Hoewel Ramaphosa daarin kon slaag om sy kabinet skoon te vee, bly die vraag of hy dapper genoeg is in sy pogings om korrupsie uit te wis en ontslae te raak van die stank van staatskaping wat steeds oor die regerende party hang,” sê Botes.

Sien die volledige lys van nuwe ministers en adjunkministers hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Koos Kotze ·

Kan iemand my asseblief vertel, wat is die take van adjunk-ministers? Moet hy die minister se leë akte tas dra, of sy kar se deur oopmaak? Sommige ministers het 2 adjunkte, soos met Landbou.

Erick ·

“The more things change, the more it stays the same”. Gaan lees George Orwell se ‘Animal Farm’.

Johan ·

Die MITE dat Ramaphosa die ‘long game’ gespeel het die afgelope paar jaar is finaal uit die water geblaas. Maar ek is seker die media sal aanhou verskonings soek vir die feit dat hul geliefde ‘Cyril’ niks beter as sy voorgangers is nie.

Jaco ·

Hoekom weerspieel die kabinet nie die demografiese samestelling van Suid Afrika nie, maar is hul vinnig om n eier te lê indien maatskappye nie aan quotas voldoen nie!! 1 minister uit 28 is NIE eens 5% nie!! Ek is klaar met hierdie rasistiese nes.

Herman ·

Met ou Patricia daar dog ek dit is n nuwe komedie – maar die TV mense se dit is nie n grap nie – dit is rerig die nuwe kabinet

Gert van Wierdapark ·

Ek reken die meeste van ons het ook nie n oog geknip oor die nuwe Kabinet van pres CR nie! As hul oe oopgaan en konstruktiewe bydraes word tot voordeel van almal in SA gemaak, sal dit oogknippe regverdig!

Gert van Wierdapark ·

Die Rand het so ver gevryval dat dit nie nodig is om n oog te knip in die donker dieptes nie!!

Chris Ws ·

Toe ene Cyril in Feb 2018 as president aangestel is het die Rand teen R11.88 /$ verhandel en nou is al R14.75 gewees!Dit vertel mos duidelik hoe die Rand VERSWAK het van daar af tot nou.Dis ‘n geweldige agteruitgang( amper 30%!) vir ons geld eenheid en vir die land se ekonomie.Neewat die president boesem NIE vertroue in nie en hy gee ook nie vlenter om hoeveel skade hy die land aandoen nie solank hy net aan die stuur kan wees.

Ander Gert ·

Ek is van mening dat die skielike en sterk groeie van die rand verlede jaar spekulasie was. Beleggers koop dit wat hulle dink gaan opgaan, hou dit totdat daar groei was en verkoop dan. Hulle het hulle wins gemaak, en beweeg aan. Wat ons gesien het was nie ekonomiese groeie nie, dit was net spekulasie.

Catherine ·

Beste nuus in kabinet…aunty Pat. Eerlik en baklei vir reg. DA het soos gewoonlik gefouteer. Ek was n DA lid. Behoort nou aan geen party

Johan ·

@Catherine , jy skeer seker die gek? Die enigste doel wat die stigting van die GOOD party ooit gehad het was om die ANC te probeer help om die Wes-Kaap by die DA af te vat. Dit was n klaaglike mislukking maar De Lille het seker steeds aangedring op vergoeding vir haar poging. Was so maklik om deur haar agenda te sien!

Jerry ·

Die markte is n aanduiding dat niemand die ANC en hulle beloftes soos onder andere om korrupsie uit te roei, enigsins langer ernstig kan opneem nie. Die buiteland kon self vir die hoeveelste keer sien dat die “new dawn” in der waarheid n “still born” is deurdat daar nog steeds geen hooggeplaasde staatskapers vervolg en skuldig bevind is nie en dat die kanse daarvoor aanhou verskraal soos wat die OB ook vir die soveelste keer haar posisie en mag skaamteloos misbruik deur korrupte amtenare, soos onder andere Ace en nou ook Mabuza, in haar bevindings wat bindend is, kwyt te skel van enige aandadigheid aan korrupsie. Die “gangsters” kan dus ongesteurd voort gaan om sake van landsbelang te manipuleer asook om staatskapers te beskerm. CR gaan n haas uit die hoek moet pluk om hond haar af te maak van al die “gangsters se dirty tricks”, maar nie so, dat jy sal kan agterkom dat hyself ook oor n hele paar tricks beskik nie!

Johan ·

Auntie Pat sou dus saam ANC in koalisie gaan teen DA in Wes-Kaap indien die syfers dit kon bybring.Wonder waar het sy geld gekry om die party Vir verkiesings te reg????

Sy en haar party het geen beginsels of integriteit Nie,for sale to the highest bidder…..What’s in it for me??!!!Enigeiemand wat hulle verder aan hierdie vrou steur is gek…Dan het die DA die regte besluit omtrent haar geneem…well done Vir dit!!!

Robert ·

Rome is nie in een dag gebou nie. So die mening van die rand het net effe versterk na die kabinet aankondiging is sinneloos. Die rand sal dit wys sodra daar aksie is in die ekonomie en die uitroei van korrupsie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.