Rand swakste nóg teen dollar in 2 jaar

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die rand het Maandag die swakste nóg in meer as twee jaar teen die Amerikaanse dollar presteer toe die geldeenheid tot verby die R15-kerf getuimel het.

Onrus in Turkye word daarvoor blameer dat beleggers teen die ontluikende geldmarkte gedraai het. Die rand se verswakking, wat by R15,30 teen die dollar gedraai het, is weerspieël in die swak prestasie van die Turkse lira te midde van sanksies wat deur die VSA opgelê is. Dit het ook ander ontluikende geldeenhede geaffekteer soos Argentinië se peso.

Beleggers is geneig om gedurende tye van geopolitieke spanning van bates in opkomende markte ontslae te raak aangesien dit as groter risiko’s gesien word.

Teen 08:20 het die rand herstel tot R14,40 teenoor die dollar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

As die Rand nie in 24 jaar kon “ontluik” en klaarkry nie….wanneer gaan dit dan gebeur? Daar word gereeld verwys na “opkomende markte” maar vir my lyk dit meer na “Afgaande Markte”…..En die verduidelikings en vingerwysings vlieg die hele internet vol, maar WAT moet Suid Afrika se regering doen om ons geld-eenheid te versterk? En waarom doen hulle dit nie?

Jaco ·

Ek kon dit ook nog nooit verstaan nie, kan die slim ekonome dalk aan ons verduidelik hoekom Suid Afrika n ontwikkelende land is?? As iets ontwikkel gaan dit mos vooruit of hoe?

Henry ·

Ja maar daar kan – soos in ons droewe land se geval – na die afgrond, oftewel in Armageddon se rigting, ‘ontwikkel’ word.

John ·

Ons gaan haal ons probleme darem lekker ver. Wat van daai ou in Ysland wie se vis weggekom het… nog 20% weg… Eintlik staan die horlosie op 7min voor 12 middernag, maar die horlosie word ook nie meer gediens nie want die skoonmaker staak. Sy vrou wou vanoggend nie sy koffie in die bed bedien nie… en alweer val die rand.

dexter ·

@john net n handjie vol weet waarvan jy praat. Onthou meeste Witmense op die blad is Hilary Clinton Fans.So ons is nog steeds in ons maai.

Sam ·

En land onteiening het niks daarmee te doen nie? Oor 3 jaar van nou het ons ook ons eie R2miljoen not.

Danie ·

Dit het dalk te doen met die lys van plase/hoewes/erwe (meerendeels – dit sluit ook hoewe [hoewes en erwe: aangrensend aan dorpsgebiede in]) wat moontlik onteien gaan word te doen. Watter waarborg het belegger dat daar darem ‘n sent of twee terugbetaling op die belegging gaan wees indien eiendomsreg nie meer gewaarborg kan word nie.

Rynhardt ·

In 2016 het ek juis vir maroela media genoem dat die rand in nabye toekoms tussen R 18- R21 gaan verhandel teenoor dollar.????Die hele globale wereld verkeer in groot skuld waaruit hulle nie kan kom nie,terwyl SA ekonome tjoepstil bly.Dit gaan alles n “trigger” effek ???direk he op SA. Jou nuwe mandela note gaan so waardeloos word dat jy jou mure daarmee kan uitplak!China gaan nie SA kan red nie.Wanneer rand drasties gaan versleg,wonder ek net,wat gaan hoofstroommedia dan se?Dit was juis hoofstroommedia wat Cyril Ramaphosa so aanbid het!

Richard ·

Dan was jy mos heeltemal verkeerd nou al vir twee jaar, Rynhardt, of hoe? As jy in 2016 gesê het die rand gaan “in die nabye toekoms tussen R18 en R21 teen die doller wees, het jy mos die mot totaal misgesit. Dit het nog nie eers naby R18 gekom nie, wat nog te sê van R21! Selfs vanoggend was dit nie eers R15.50 nie, nog veeeeer van R18 af.
Of wat is jou definisie van die “nabye” toekoms dan?

HPV ·

Wag maar dat die eerste onteienings begin, geen Rand waarde, geen ekonomie, gelukkig ook geen inkomste vir anc regime. Dan staan hulle grootoog bakhand en wonder wat het gebeur…

Rynhardt ·

Richard,as n mens n goeie begrip van iets het, sal jy nie n simpel vraag vra oor die nabye toekoms nie.Ek skuld n Afrikaner soos jy geen verduideliking nie,maar ek stel voor jy skaf die nuwe HAT aan,want dit sal jou baie betekenisse kan leer! ??????????Leer om iets sinvol te opper,want jy het nie n “clue” oor wat aangaan in die ekonomie nie,nog minder met die politiek!????

Anoniem ·

In 1978 was die rand sterker as die dollar-0.87c per dollar, in 1988 – R2.11, 1998- R4.98, 2008- R7.99, 2018- R15.00. Waar het dit verkeerd gegaan?

Mrs H ·

Sanksies! Te danke aan ons mede anti-reenboog burgers en hul terroristiese kommunistiese bomme en moorde, net soos Bin Ladin, behalwe dat Bin Ladin nie die vooreg grhad het om USA se President kon wees nie.

kat ·

More mense dit is uitsluitlik romoplaza se clang se skuld hulle is besig om die land verder op te neuk maar die kazuptas regeer nog steeds die land romoplaza kan niks self doen nie hy moet net doen wat die kazuptas se die land is nog steed in hulle beheer maar ja miskien moet ons soldate vsa toe stuur om daar teen die dollar te fight en nou vir helle zim ons is jou buurvrou so ons nou met julle selfde gemors

Tobie Klarens ·

Raak gewoond daaraan. Chris Hart het voorspel dat die ZAR nog R60 = $ US kan bereik. Hiperinflasie ,verval en hongersnood. En die val het nie met Zuma begin nie, maar 24 jaar gelede. Google “SA Debt clock” en kyk hoe SA se skuld met R5000 PER SEKONDE vermeerder. Dit is R460 miljoen per dag. Jy hoef nie Milton Friedman te wees om die uiteinde, net daarvan, te besef nie.

Bertus ·

@ Manie, ek kan nie insien dat die ekonomie weer tot op sy destydse vlak van 7.99 in 2008 kan herstel nie. Tussen swak ekonomiese besluite en politieke onstabiliteit het ons land gróót skade gely. Let veral dat dié agteruitgang meerendeels saamloop met Zuma se presidensie… Ek vermoed ook verder dat onteiening ons dieper in die bollie gaan stoot.

Als in ag geneem, wat ‘n hartseer dag vir SA. Geen toekoms.

Siek en sat ·

Niks anders as die ANC regering se skuld nie. So sal dit aangaan tot alles tot niet is.

Hanna Hoekom ·

Vergeet maar van Turkey en die ander lande wat nou die “skuld” moet dra vir die swak rand! Alweer die “blame game” so eie aan Afrika. Die probleem is reg onder ons neuse: cANCer!

IK ·

‘Elke land het die regering wat hy verdien’.
Kom Ramp-phosa, druk die nuwe note soos in Zim dat ons uit hierdie moeilikheid kan kom.

LouE ·

Die Rand val saam met die Dollar. As die Dollar stabiliseer, dan val hy saam met die Yen, of die Pond, of die Euro. As almal stabiel is dan val hy saam met die Turkse Lira. Daars maar altyd ‘n verskoningkie.

Onrus in turkye se voet ·

Ris nie oor onrus in turkey nie, dis oor onrus hier en veral oor onrus wat gaan kom nadat eiendomsreg geskend word!

marous ·

Die Turke hik dan daal dit. Die gety stoot te hoog in Ysland dan tuimel dit. Die olifante se mage rommel te hard in Indie dan foeter dit verder na benede . Daar sal nooit erken word dat die gemors wat die regering van hierdie land gemaak het en elke dag voort ploeter alles daarmee te doen het nie . Sit maar en kyk hoe gaan dit op na 100 perforeer stukke @ 1 USD baie vining . Verduidelik vir die nasie dat hulle met kruiwaens gaan staan om brood te koop of ure om ‘n tenk brandstof in te gooi soos hulle kamerade noord van die Limpopo ! Hulle gaan sekerlik soos hulle “sergeant general electric major” held idi amin maak en skreeu ” Print more money !”

Barbie ·

AG REGTIG, ek mag dalk niks van geldmarkte verstaan nie maar Turkye en die SA RAND het niks met mekaar te doen nie .. dit is CYRIL Paddakoker se onteieningsplan wat dit laat daal het . los die arme Turke uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.