Rand versterk ná Ramaphosa staatsrede lewer

Cyril Ramaphosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Suid-Afrikaanse Rand het Vrydagaand met R11,60 teen die VSA-dollar versterk – dít oomblikke nadat pres. Cyril Ramaphosa sy eerste staatsrede in die parlement gelewer het.

Volgens berigte het die Rand in ʼn stadium selfs tot R11,58 teen die dollar verbeter, maar later op R11,60 gestabiliseer.

Optimisme in die markte het glo ook verder gestyg, terwyl die netto buitelandse portefeulje sedert Desember ná Ramphosa se verkiesing tot president van die ANC ook gestyg het.

Die sukkelende ekonomie het Woensdag – kort ná oudpres. Jacob Zuma sy bedanking aangekondig het – die eerste tekens van herstel begin toon. Die rand het ná sy bedanking tot en met R11,79 teen die Amerikaanse dollar versterk – iets wat laas in 2015 bereik is.

Ramaphosa het tydens sy staatsrede gesê Suid-Afrika het ʼn matige herstel in die plaaslike ekonomie en volgehoue ​​herstel in die globale ekonomie beleef.

“Die kommoditeitspryse het verbeter, die aandelemark het gestyg, die rand het versterk en daar is vroeë aanduidings dat beleggersvertroue aan die toeneem is. Sakevertroue onder Suid-Afrikaanse maatskappye het verbeter en buitelandse beleggers kyk weer na geleenthede in ons land,” het Ramaphosa gesê.

“Daar sal hierdie jaar maatreëls ingestel word om die land op ʼn nuwe pad van groei, indiensneming en transformasie te lei.”

Ramaphosa het verder ook oor werkskepping, die ANC-beleid van grondonteiening, armoede, korrupsie, gratis hoër onderwys en die landwye droogte gepraat.

Lees meer oor die sleutelpunte van sy toespraak op Maroela Media.

Maroela Media het die webwerf wordclouds.com gebruik om ʼn grafika van pres. Ramaphosa se toespraak tydens die staatsrede saam te stel. Hoe meer ʼn woord tydens die toespraak gebruik is, hoe groter vertoon dit in die grafika. In dié spesifieke grafika word 453 woorde uitgelaat wat min in die toespraak voorgekom het. Onthou: Die grafika neem nie die konteks van die woorde in ag nie.

Die Word Clouds-grafika wys watter woorde die meeste in Ramaphosa se toespraak voorgekom het (Foto: Word Clouds)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Zuma behoort trots te glimlag. Hy het ‘n besliste merk op die finansiële mark gemaak. Soveel dat toe hy bedank versterk die rand. Iets vir Zuma se kritici om aan te kou!

Estelle ·

Dis jammer dat hierdie baie belangrike en sensitiewe kwessie, vir baie mense ‘n persoonlike hartseer kwessie agterwee gebly het, maar vertrou hy sal nog daarby uitkom. Ek was be-indruk met sy staatsrede, maar meer nog met die waardigheid en orde en karakter van ons Parlement wat herstel is. Selfs mnr. Malema en sy party genote was redelik en same-werkend. Die eerste Sona in jare wat ek end-uit gevolg het.

Werner ·

Wag tot hy grond begin vat dan bars julle bubble dan is die rand in sy kanon

Lizette ·

Hy het alles mooi aangeraak ja,maar my heeltemal verloor toe hy d grondkwessie sonder vergoeding aanspreek….kom ons kyk maar…..

hendrik ·

1992 se referendum is nog vars in my geheue. Toe die ja-stemme gewen het, was daar die volgende dag ingevoerde sjokoladestafies op die winkelrakke. Groot verrassing in n tyd van ekonomiese sanksies. Ongelukkig het dit nie lank gehou nie so kom ons hoop maar die wisselkoes sal nie ook taan soos die invoersjokolade nie.

Catherine ·

Looking forward to hopefully a better country and future for all

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.