Rand Water beplan 54 uur-onderbreking

(Foto: Rand Water/Facebook)

Stad Johannesburg het gesê Rand Water, die stad se grootmaat-watervoorsiener, beplan ʼn wateronderbreking vir ongeveer 54 uur lank.

Rand Water wil aan ʼn ruwaterpyp werk wat water aan sy Vereeniging-watersuiweringsaanleg verskaf. Die watersuiweringsaanleg sal op 15 November vanaf 05:00 vir ʼn periode van 54 uur lank dus nie beskikbaar wees nie.

“Dit sal ongelukkig ʼn impak hê op die watervoorsiening van die Rand Water Eikenhof-pompstasie aan die suide van Johannesburg, noordelike en westelike gebiede en watervoorsiening sal ook met 25% verminder word. Watertoevoer van Rand Water Zwartkoppies-stelsel aan die middestad sal ook met 50% verminder word,” het woordvoerder Eleanor Mavimbela gesê.

Inwoners van Stad Johannesburg word versoek om kennis te neem dat dit nie ʼn algehele opskorting van watervoorsiening is nie, maar slegs ʼn vermindering van toevoer. Dit sal lei tot swak of geen water nie tydens spitstye in meeste hoogliggende gebiede en op plekke waar die aanvraag na water hoog is. Stilstaande en mobiele watertenkwaens sal beskikbaar gemaak word waar moontlik om die impak op verbruikers te verminder.

Senzo Mchunu, die minister van water en sanitasie, sal Maandag ook saam met die voorsitter en uitvoerende hoof van Rand Water meer inligting bekend maak oor die geskeduleerde instandhoudingswerk.

Rand Water het vroeër vandeesweek reeds die betrokke munisipaliteite in kennis gestel van die beplande instandhouding van die B11 en B19-pypleidings sodat hulle gebeurlikheidsplanne in werking kan stel.

Hiermee die gebiede wat deur dié onderbreking geraak sal word:

See below if your area in Johannesburg will be affected by the 54-hour planned water maintenance schedule from 15 November 2021 and prepare accordingly #JoziSaveWater [NS]

Posted by Rand Water on Wednesday, November 10, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

casper ·

En dan word 54 uur maar seker 154 uur vir baie van hulle !!

Zara ·

Hoop net nie eskom begin ook weer volgende week met loadshedding nie

anniekiewiet ·

Net 54 uur? Ons is nou al 5 dae en nagte sonder water in die grootste gebied van Sedibeng-Goudveld. Met 3 volwassenes en ‘n baba in die huis, is dit geen grap nie. En baie huise het meer huisgenote. Ek weet nie hoe informele nedersettings met duisende inwoners ooit higiënies kan leer leef nie. Dis geen grap vir enige iemand om swaar kanne myle ver te dra nie.

Mariana ·

Verbruikers sal in kennis gestel word en moet voorsiening maak. Waterbottels, emmers, als wat water kan hou vir tydperk en dalk langer. Dis hoe die herstelwerk gedoen word, liewer nou voor probleme vererger.

Kneh Mokenah ·

Ek dink nie verbruikers moet te veel kla nie, ten minste word daar instandhoudingswerk gedoen voor groter probleme opduik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.