Rand Water bly stabiel tydens beurtkrag

Argieffoto

Rand Water het Woensdag gesê hul grootmaat waternetwerk, wat water aan verbruikers verskaf, bly stabiel tydens beurtkrag en hulle bestuur die aanvraag soos normaal.

Die instansie monitor enige moontlike impak as gevolg van beurtkrag.

Justice Mohale, skakelbeampte, het gesê sekere munisipaliteite in die Johannesburg-gebied het elektrisiteitsinfrastruktuurprobleme ondervind, maar dit hou geen risiko in vir Rand Water se netwerk nie. “Indien beurtkragvlakke verhoog of verleng sal word, sal Rand Water betyds die impak daarvan op die stelsel bekend maak,” het Mohale bygevoeg.

“Ons neem kennis dat sommige munisipaliteite reeds hul verbruikers in kennis gestel het om hul waterverbruik in dié verband te verminder. Ons benadruk dié versoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

willem Botha ·

Die silwer bal water toring by Forest hill is vir die eerste keer vandat dit opgerig is leeg agv die beurtkrag, die afwaartse kurwe is nou in n vryval

Petro ·

Rand Water praat nonsens. Daar was al klaar erge water tekorte in Joh CBD waar my man werk. Hulle moes 36k se water laat aanry vir die gebou. Mense moet asb begin water stoor… Net in geval…

John ·

Stabiel in ‘n erge koma. En hy gaan nie gou verbeter nie, want Eskom se unie-baas se kragknoppie het vasgeslaan op dwaas. Die regte mense moet aangestel word uit swart intellektuele geledere; nie een van die unielede mag afgedank word nie… dus moet nog van die selfde aangestel word en helpers van elders mag nie bekom word nie… dus moet alles dieselfde bly… net meer daarvan. O ja, maar daar is volgens hom wel onderduimshede aan die gang wat vertragings veroorsaak en dit kos ons 4 miljard per dag. 3 000 moonlighters trek salaris van Eskom. Werk daar enige daylighters?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.