Rand Water stel beurtwater in

Argieffoto (Foto: Karolina Grabowska/Pixabay)

Rand Water, wat drinkwater aan hoofsaaklik Gauteng verskaf, het Donderdag aangekondig dat hy vlak 1-beurtwater instel.

Justice Mohale, woordvoerder van Rand Water, sê dit is ʼn poging om waterverbruik te beperk. “Rand Water het oor die jare heen aan sy kliënte benadruk hoe belangrik dit is om verbruik te verminder. Die warm somermaande bied egter ʼn volgehoue uitdaging waar die verbruik van water toeneem. Suid-Afrika is een van die droogste lande in die wêreld en tog bly die land een van die hoogste verbruikers van drinkbare (skoon) water, ondanks beperkte beskikbaarheid van dié kosbare hulpbron.”

Mohale sê Rand Water doen ʼn beroep op kliënte om hul verbruikspatrone te verander om die verbruik van water te verminder. “Dit is belangrik om te begryp dat hoë verbruik in ʼn waterskaarsland onvolhoubaar is.”

Munisipaliteite word versoek om onmiddellik aandag te gee aan enige lekkasies.

Solly Msimanga, leier van die opposisie in die Gautengse wetgewer, het intussen gewaarsku Gauteng stuur af op ʼn volskaalse waterkrisis ná Rand Water se verklaring dat die aanvraag groter is as die aanbod.

“Alhoewel Rand Water, die entiteit wat water aan al drie van Gauteng se metro-munisipaliteite verskaf die weer blameer vir gebrekkige natuurlike waterverskaffing, versuim hy om te erken dat die primêre rede vir watertekorte toegeskryf kan word aan ʼn gebrek aan bestuur van die infrastruktuur en om lekkasies en onnodige watervermorsing te voorkom,” het Msimanga in ʼn verklaring gesê.

Watertekorte word reg oor Gauteng beleef, veral in die metro-munisipaliteite. Die DA-geleide Tshwane is egter die enigste metro wat bewusmaking skep oor die dreigende krisis. “Johannesburg en Ekurhuleni sit op hul hande en maak asof niks fout is nie. Dit is slegs weens druk van die DA-geleide Tshwane dat Rand Water nou publiek erken het dat daar ʼn probleem is wat ingryping verg. Die dringendheid van die situasie word egter steeds verbloem.”

Daar is verskeie dele in Tshwane en Johannesburg wat wateronderbrekings beleef wat staat maak op verskaffing van Rand Water. Vir Tshwane sluit dit gebiede in soos Soshanguve, Atteridgeville, Laudium, Mnandi en dele van Centurion. In Johannesburg sluit dit dele in soos Klipfontein View, wat vir meer as drie weke lank nie water gehad het nie, die Kikuyu Lifestyle Estate wat water van die Grand Central-reservoir ontvang, Mulbarton in wyk 23, Robertsham, South Hills, Linmeyer, dele van Midrand, Ivory Park en Buccleuch.

“Rand Water en die ANC-geleide Johannesburg en Ekurhuleni beskou nie die provinsie se waterverskaffingskrisis in ʼn ernstige lig nie. Dit is noodsaaklik dat premier David Makhura en die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Lebogang Maile, dringend met die minister van water en sanitasie (Senzo Mchunu) in gesprek tree om seker te maak dat daar onmiddellik ingegryp word by Rand Water sodat Gauteng nie in ʼn droogtestatus verval soos die Oos-Kaap of Noord-Kaap tans beleef nie.”

Msimanga sê lopende water is ʼn basiese mensereg soos vervat in ons land se Grondwet. “Dit is noodsaaklik dat inwoners van Gauteng op hoogte gehou word en gewaarsku word sodat hulle voorbereidings kan tref en hul families nie sal ly in ʼn somer, wat reeds warm is nie.”

Indien Rand Water en die ANC-regering nie met inwoners van Gauteng kommunikeer nie, sal die DA steeds inligting aan inwoners vrystel soos wat dit beskikbaar word.

“Ons het eenvoudig nie die luukse van tyd om rond te sit en te wag totdat dit te laat is nie.”

Mohale het die volgende wenke gedeel:

  • Moenie jou tuin tydens die spits-verbruikerstyd natlei nie (van 20 – 30 September 2021)
  • Moenie jou swembad tydens die spits-verbruikerstyd volmaak nie (van 20 – 30 September 2021)
  • Moenie jou motor met ʼn tuinslang was nie; gebruik eerder ʼn emmer
  • Meld dadelik lekkasies aan by jou munisipaliteit
  • Herstel lekkende krane en toilette in jou huis
  • Draai die kraan toe wanneer jy tande borsel
  • Draai die kraan toe wanneer jy skeer
  • Stort eerder in plaas daarvan om te bad
  • Moenie jou swembad volmaak tydens spitsure nie (tussen 06:00 en 07:00).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Willem ·

Dit nie die verbruiker. Met al die lekke wat nie reggemaak word nou al vir maande moetvons as betalende verbruiker weer aan die kortste end trek

Chef ·

Maar daar word niks gedoen om die skaars item te bewaar nie. Riool gemors en fabriekstorting vind op ‘n daaglikse grondslag in riviere plaas. Die riviere sterf. Vleilande word verwaarloos en die media se dawerende stilte oor die onbeholpenheid is opmerklik.

Janice ·

Toe Israel (wat een van die droogste lande in die wereld is) so ‘n paar jaar gelede bereid was om raad te gee oor hoe die regering te werk kan gaan om water te bespaar en beurtwater te vermy, het die ANC vir hulle ‘n toffie gewys. Waar is is al julle bondgenote met al hulle slim planne nou?

Harley Davidson ·

Ek stem saam maar om SA en Israel te vergelyk is dieselfde as om die VSA en Somalië met mekaar te vergelyk.

annie ·

Die spaarsamigheid moet dringend eerder midde-in die ANC se departement van waterwese van stapel gestuur word wat ‘n magtiger aksie sal moet wees as moenie jou kar was nie en oppas vir te veel tee drink. Hoeveel damme is in 30 jaar gebou en watersuiweringswerke is op standaard? Kyk hoe besoedel is die riviere en hoeveel lekkasies in woongebiede. Waar is die die bloudruk vir watervoorsiening vir die groeiende bevolking. Die Eskom-styl vat orals pos. No more water in the tank, no more money in the ANC’s bank… Die volk mor en brand. Mooi sms’e is nie voldoende nie. Ook nie Cyril se ???? op tv nie.

Anel ·

Dis reg, dit is almal se reg om skoon drinkwater te gê MAAR dit is ook jou verantwoordelikheid om daardie reg, reg te bestuur. Omdat jy die reg het om water te hê is dit nie jou reg om dit te mors nie. Maar dit is gewoonlik die lot wat dit verniet kry wat die meeste mors. Verder, as hulle nie die riviere en strome so besoedel nie, sou daar ook genoeg water gewees het!

casper ·

RWR is nou byna 2 dekades agter met die “apartheid” beplande 3e en 4e fases van die Lesotho Hooglands water verskaffings prosesse.

Mynbou maatskappye pomp tot 100Ml water weg wat totall gesuiwer kan word vir verskaffing in Gauteng maar daar is geen meer beplanning en ingeieurswese breins oor nie !!
Dis so jammer !!

Surdo fabilum narras

Marieta ·

Dit is pateties! Ons het n groot waterplek al 4 keer by ons plaaslike munisipaliteit rapporteer. Nodeloos om te se…. Daar het nog dadels van gekom.

Kokerboom ·

Die terme “onderhoud, beplanning en toekoms” bestaan NIE in kaders se verwysingsraamwerk

Snowball ·

Swak bestuur/instandhouding van beskikbare bronne en infrastruktuur + populasie ontploffing en derduisende immigrante = watertekorte. Net nog ‘n stuk verval en agteruitgang waarmee Suid Afrikaners sal moet saamleef (soos met beurtkrag) danksy dié in beheer se onbevoegdheid en onvermoë om vooruit te beplan. Seker maar deel van ‘decolonization’ – ons keer terug na kerse en droë krane. So lyk die ANC se ‘better life for all’

Johann ·

Die is ‘n “ontwikkelende”, maar niemand wil erken waarin dit besig is om te ontwikkel nie.

Chris ·

Chris Noordkus, wees bly julle kry kennis, hier , sluit die Distriks munusipaliteit die water sonder kennisgewing, eintlik kan ek ‘n boek skryf oor hierdie patetiese dienslewering op alle vlakke.
l

Hardekwas ·

Lekker man, lekker. Al die miljoene onwettige immigrante kry ook mos gratis water en elektrisiteit.

koos10 ·

DA in Pretoria. Bewus making begin by julle. Die inwoners maak julle bewus van lekkasies en julle doen niks.

Wakkerslaper ·

Man ek geniet hierdie “African heritage” waarin in ons verraai was….

Barend ·

Wat bedoel hulle met drinkbare water. Dit ruik na stagnante vrot water.

David ·

Die Kubaanse ingenieurs is mos ingevoer om ons te kom leer hoe om beurtwater toe te pas.

Casper ·

Meld lekkasies aan, HA_HA_HA, die nommers lui in hulle kanon in.

Martie Smartie ·

Solly Msimanga, jy blaas verniet die DA beuel (vuvuzela) so lekker. Die DA is maar n groot gemors in Tshwane. Mens stuur verniet emails aan Randall Williams en sy raadslede, hulle antwoord glad nie. Centurion lyk soos een groot varkhok van rommel en smouse wat hulle smousware op sypaadjies vervaardig en net daar pla, snags op sypaadjies slaap en vuurmaak. Die DA lig nie n vinger nie. Dis blykbaar wettig om te plak en elke dag vuiur te maak op sypaadjies in Centurion. Maar die metropolisie kan baie gou n man gaan terroriseer wat groente op n sypaadjie plant. Die ANC munisipaliteite het die metro niks swakker bestuur as die DA nie. Vra my ek bly al donkiejare hier. So nee DA, my stem kry julle nie. Julle is mnet so onbevoeg soos die ANC. Feite.

Harley Davidson ·

Ek wil n versoek rig dat die infrastruktuur opgegradeer word om by te hou met die populasie ontploffing en die miljoene immigrante van Afrika

Strandloper ·

Mmmm…onderontwikkeldes vaal liederik met hul skreeu snaakse denke…

Andre ·

Die probleem is nie die hoeveelheid water beskikbaar nie maar die bestuur van die beskikbare bronne.
Vaaldam is tans 84% vol en die reserwe dam Sterkfontein is 100.6% .
Johannesburg verloor 38% van sy water deur lekkende pype.
Rand water kan beslis gaan kyk wat ander stede en lande doen en nie ‘n klomp onbekwame Kubane invoer nie.
Tokio het in 1980 begin om alle pype met gegolfde 304 vlekvrye staal pype te vervang. In 2012 was hulle verliese minder as 2%, en die water smaak baie beter. Die gegolfde staal pype het selfs aardbewings deurstaan.
Hulle kan gerus ook die Lesotho hoogland projek voltooi.

Sarel ·

Mens kan asnbeveel dat Munisipzliteite …nie Inwoners nie…beboet word vir Lekkasirs wat nie herstel eord nie maar Munidipaliteite betaal nie eers Randwater sd rekening nie

Jaco ·

Toe die waterkrisis im Kaapstad op sy ergste was, het ‘n ANC-raadslid vanaf iewers in die binneland gesê dat die droogte en waterkrisis die Here se straf is op mense wat meestal DA stem. So nou wonder ek maar net, as dit dan binne die Here se wil is om ANC te stem en as goed soos ondwr andere korrupsie, swak of geen munisipale dienslewering, regstellende aksie en BEE alles binne die Here se wil is WAAROM dan droogte en ‘n waterkrisis in ‘n ANC-beheerde provinsie? Vir watter sonde word die meestal ANC kiesers dan daar gestraf?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.