Rand Water waarsku oor tekorte

Die Gariepdam in Februarie vanjaar. Die dam is tans sowat 82% vol. (Foto: Departement van water en sanitasie)

Rand Water het fase 1-waterbeperkings ingestel in ʼn poging om verbruikers te dwing om briek aan te draai met hoë waterverbruik.

Suid-Afrika word beskou as een van die droogste lande, maar ten spyte van beperkte beskikbaarheid is Suid-Afrikaners steeds van die grootste verbruikers van drinkwater ter wêreld. Die land se vraag na water sal teen 2030 boonop meer wees as die aanbod.

Die warm somermaande is om die draai en Rand Water, wat al jare lank ʼn beroep op verbruikers doen om hul waterverbruik te verminder, sê die somer is veral problematies. Die waterbeperkings is dus ingestel in ʼn poging om hoë verbruik te verminder.

Justice Mohale, woordvoerder van Rand Water, sê waterverbruik vind plaas binne die netwerkstelsel van munisipaliteite. Die instelling se eie pogings om water te bespaar gaan dus op niks uitloop nie as Suid-Afrikaners binne die munisipale konteks nie hul waterverbruikpatrone ingrypend aanpas nie.

Rand Water het ʼn hernieude beroep op mense gedoen om water spaarsaam te gebruik.

“Dit is belangrik om te besef dat hoë waterverbruik in ʼn waterskaarsland onvolhoubaar is en dat alle pogings aangewend moet word om water slim te gebruik,” sê Mohale.

Water stroom uit ‘n gebarste pyp in Constantia Park in Pretoria. (Argieffoto)

In ʼn poging om druk op die stelsel te verlig het Rand Water ook munisipaliteite gevra om dadelik alle waterlekke in hul netwerke te herstel en watervloei deur reservoirbestuurprotokolle te beheer.

Rand Water het munisipaliteite ook gevra om hul munisipale bepalings te gebruik om te verseker dat waterbesparingsmaatreëls afgedwing word.

“Die uiteindelike doelwit is dat mense hul houding jeens waterverbruik verander. Dit is slegs deur dié bewustheid wat ons ons hoë verbruikspatrone kan verminder en bydra tot die breër poging om dit wat ons het, te bewaar,” sê Mohale.

Verbruikers kan die volgende doen om te help, veral tydens spitstye (06:00 tot 19:00):

  • Moenie jou tuin tydens die spitsverbruiksperiode natlei nie.
  • Moenie jou swembad in hierdie tyd opvul nie.
  • Moenie jou voertuig met ʼn tuinslang was nie; gebruik ʼn emmer.
  • Meld alle lekplekke dadelik by die munisipaliteit aan.
  • Herstel lekkende krane en toilette tuis.
  • Draai die kraan toe wanneer jy tande borsel of skeer.
  • Indien moontlik, stort pleks van bad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Phillip ·

Ek sien hier kom nog n geld maak storie . Gaan water pryse gaan die hoogte in skiet en ons moet maar net betaal

Matilda ·

In ons huishouding word water al vir jare water gespaar. ‘n Emmer word onder die kraan gesit sodat die koue water nie “wegloop” terwyl ons wag vir die water om warm te word wanneer ons skottelgoed was nie, daai water gaan plante toe of word aangewend vir die ketel of kookdoeleindes. Die prop word ingedruk in die bad wanneer ons hare was soggens, daai water maak deel uit van ons badwater vir die aand. Wanneer ons geskilde groente in water sit voor gebruik, word dit op die plante uitgegooi. Soggens gooi ons bietjie kookwater in ‘n koppie en meng met koue water vir tandeborsel en gesig was. Ek glo as elkeen so ingestel is, sal ons saam baie water kan bespaar. Bietjie bietjie maak baie! En as vervaardigers van gryswatersisteme en watertenks hulle pryse billiker maak, dan kan ons nog meer spaar, want Jan Alleman (dis nou ek daai!) kan dit eenvoudig nie bekostig nie!

Ou Baardbek ·

Geagte Matilda, is ons dalk familie??? :-)) Sien, ons woon op die plaas, en ons weet dat water nie vanselfsprekend is nie; dit is in/onder die grond, en dit moet daar uitgehaal word, en VERANTWOORDELIK gebruik word, presies soos wat u en ons dit doen. Hoeveel van ons eie witmense(!!!) doen dit??
Hou vol met u gebruike, en kom kuier vir ons, dat ons LEKKER kan kuier, kook en die Skepping geniet!!

Hendrik ·

Nee wat ons gemeenskap het ons eie water wat mooi oppas word . Eskom vry, Rand Water vry.

Suzette ·

Dis nou vir jou te sê – dis nou die mense wat so baie water verbruik in SA se skuld – wat van al die pypleidings wat nie in stand gehou word nie, lekkasies wat na maande MISKIEN reggemaak word, riool wat in riviere inloop en die land se water besoedel …..
Hallo – kom by! Kry dit in orde dan praat ons weer.

Samuel ·

Gee die ANC kans tot na die plaaslike verkiesings, dan sal hulle kundiges alles regruk. Dit het CR gisteraand belowe en jy kan hom glo.

Kokerboom ·

Ons raak nou al so keelvol vir die konstante dreigemente asof ons as verantwoordelike landsburgers, let wel meeste, nie die situasie besef! Die kern van probleem is: swak toekomsbeplanning( hul tree op asof bevolkingvraag nie groei) asook minimum onderhoud! Toekoms en onderhoud bestaan nie in heersers se verwysingsraamwerk.

Hardekwas ·

As al die onwettige immigrante teruggestuur word sal daar meer water en krag wees vir burgers, en dan hoef ons ook nie vir hulle te betaal nie. N wen wen, sou ek dink.

Anel ·

Vandat ons kinders was is ons geleer om water te spaar. So het ons ons kinders geleer en so leer hulle hulle kinders. Die probleem kom by due spul wat alles verniet kry. Hulle mirs want hulle betaal nie daarvoir nie. Dis hulle reg om te hê. Nou ja, as daar nue meer is nie, wonder ek wat word van ons alnal se reg? Verder, die onbevoegdheid om alles reg te bestuur. Sal maar niks verder sê nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.