Rand West-munisipaliteit versoek om begraafplase te onderhou

Foto verskaf deur die VF Plus

Die VF Plus het die Rand West- plaaslike munisipaliteit (Randfontein, Westonaria) versoek om dringend aandag te skenk aan die onderhoud van die Westonaria- en Greenhills-begraafplase ná die party oorval is met klagtes van bekommerde inwoners wat weens die terrein se toestand feitlik nie die grafte van hul geliefdes kan besoek nie.

Charles Brough, VF Plus-raadslid in munisipaliteit, het gesê die Greenhills-begraafplaas in Randfontein is toegegroei onder lang gras, grafte is beskadig en riool vloei daardeur.

In die Westonaria-begraafplaas groei bome uit grafte, sommige grafte het ingesak en die gras staan kniehoogte.

“Die munisipaliteit het aangedui ʼn kontrakteur aangestel is wat eersdaags sal begin met die onderhoud van die terrein van die Greenhills-begraafplaas. Daar is egter nog geen kontrakteurskontrak goedgekeur vir die Westonaria-begraafplaas nie,” het Brough bygevoeg.

“Verskeie mense betaal self private ondernemings om die gras rondom grafte te sny. Dit is egter die munisipaliteit se plig om munisipale regulasies na te kom en begraafplase te onderhou, veiligheidsmaatreëls in plek te stel en vandalisering te verhinder.”

Die VF Plus het die munisipaliteit ook versoek om dadelik te sorg dat skoon water beskikbaar is, toiletgeriewe bruikbaar is en asblikke verskaf word. “Inwoners het die reg om sonder vrees begraafplase en openbare parke te besoek,” het Brough gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frederik C ·

Die lot wat tans in beheer is, onderhou nie eers verkeersligte nie. Begraafplase sal onmoontlik op hulle prioriteitslys verskyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.