
Randall Wicomb (Foto verskaf)
Die bekende sanger en musikant Randall Wicomb is Sondagoggend vroeg in die ouderdom van 66 by sy huis in Stellenbosch oorlede.
“Randall is omstreeks 03:45 oorlede,” het Johan Rademan, woordvoerder van die familie, aan Maroela Media bevestig. “Sy vrou Koba, en drie kinders, Pierre-Henry, Saskia en Koba, was by hom.”
Maroele Media het vroeër berig Randall het al sy optredes vir die res van die jaar gekanselleer. Prostaatkanker is in 2013 by die sanger gediagnoseer.
Verskeie kunstenaars het reeds hul medelye op sosiale media uitgespreek:
Ons harte is stil om Randall en sy naastes vanoggend. Myne is seer, ou vriend. Rus goed. Gaan wys hulle die mooiste van Afrikaans daarbo…
— Steve Hofmeyr (@steve_hofmeyr) December 27, 2015
ek onthou hoe ons klein gesinnetjie in die 80’s randall wicomb se adijei adijou plaat in die volksie af kaap toe geluister het. rus in vrede
— Chris Chameleon (@chrischameleon) December 27, 2015
Hartseer om te hoor van Randall Wicomb. n ware legende. Dankbaar vir sy musiek.Dit het n groot invloed op my gehaad. Liefde aan sy familie.
— Elvis Blue (@elvisblue) December 27, 2015
Die hemel kry vandag n groot musikale skat. Rus in vrede Randall Wicomb.
— Dowwe Dolla (@DowweDolla007) December 27, 2015
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
111 Kommentare
Nog ‘n stem het stil geraak. Vir my persoonlik sal sy nalatenskap van die “Griekwa Psalms” steeds sy grootste werke wees. Uiteindelik kan hy gaan rus.
Ek is jammer om te hoor oor randol mag hy in vreede rus
Randall laat n groot leemte!
Sterkte aan sy familie
Theresa Loubser
Randall jy is by ons Hemelse Vader sonder afskuwelike pyn
Aan Koba en sy kinders ons innige meegevoel en ons weet die Vader sal sy hand oor julle hou in die hartseer tyd. Alle sterkte aan julle.
Rus in vrede, was ‘n ware legende