Randfontein-moorde: Brittanje genader oor ‘anargie’ in SA

Die vier slagoffers wat vermoor is.

Die vier slagoffers wat vermoor is.

Die VF Plus het ʼn beroep op die Britse regering gedoen om met die party in gesprek te tree nadat een van dié land se burgers, Monty McCormack (73), saam met sy seun, dié se verloofde en haar dogter op ʼn kleinhoewe aan die Wes-Rand vermoor is.

Kennith McCormack (42), sy verloofde, Marietjie Meyer (45), haar dogter, Kayla (9) en McCormack sr. se liggame is verlede Donderdagaand op ’n kleinhoewe buite Randfontein gevind. Daar word vermoed dat hulle tussen Woensdagaand en Donderdagoggend vermoor is. ʼn Familievriend het Donderdagaand die polisie ontbied nadat hy op McCormack sr. se bebloede liggaam afgekom het.

Die verdagtes het met die gesin se Mercedes-sportnutsvoertuig gevlug. Die voertuig is later verlate aangetref en die polisie het beslag daarop gelê. Volgens gerugte is kontant en twee selfone van die slagoffers daarin gevind.

Kapt. Tshekiso Mofokeng, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek nog hoeveel mense by die aanval betrokke was, hoe die slagoffers vermoor is en of daar enigiets geroof is.

“Die vlakke van geweldsmisdaad in Suid-Afrika grens aan anargie, en die VF Plus gaan die Britse regering op die hoogste vlak deur sy hoë kommissaris in Suid-Afrika versoek om met Suid-Afrika se regering hieroor in gesprek te tree,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-LP en leier in Gauteng, gesê.

Adv. Alberts het gesê die Randfontein-kleinhoewemoorde is absoluut skokkend en daar kan geen regverdiging hoegenaamd daarvoor gevind word nie.

“Die groot aantal moorde, verkragtings en aanvalle tot dusver vanjaar dui daarop dat die regering bykans magteloos staan voor gewelddadige elemente in die land. In die twee jaar tot einde 2015 het moordkoers met 9,6% gestyg en daar was die afgelope paar jaar meer as 17 000 moorde jaarliks in Suid-Afrika. In 2014 was daar volgens die regering se eie statistiek 17 805 moorde. Dit is ʼn moord elke 30 minute.”

Hy het gesê daar kan geen twyfel meer wees nie dat dit aan anargie grens. “Die statistieke wys duidelik Suid-Afrika is ʼn oorlogsone, ʼn oorlog teen misdadigers en moordenaars waar mense toenemend onveilig in hul eie huise voel,” het hy bygevoeg.

Alberts het gesê aangesien ʼn Britse burger een van die vermoordes is, het die VF Plus die voorval gebruik om ʼn brief aan die Britse hoë kommissaris te skryf oor geweld en misdaad in die land.

“Die kommissaris word in die skrywe versoek om die saak op te neem met die Britse premier en minister van verdediging en om dit met Suid-Afrika se regering te bespreek. Indien nodig, sal die VF Plus na Brittanje reis om hierdie gesprek daar verder te voer. Die mense van Suid-Afrika kan nie langer in sulke abnormale omstandighede ʼn normale bestaan voer nie.”

Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

wynand ·

Dankie tog – iemand gaan dit verder vat!
hoop U kom reg en dat hulle sal luister en ook verder neem!!
Dankie

JC ·

Dankie VF+! Julle is “awesome!”
Woed voort! Daar SAL resultate kom. Hierdie is g’n regering nie man!

andre burrows ·

Gebruik die beste wapen naamlik sport om publisiteit te kry vir die groot moordsyfer in SA. Versoek alle SA spanne om nie deel te neem aan toernooie en wedstryde totdat SA normaal word. Dit het soos n bom gewerk in die tagtigs en ons moet weer so maak.

Trolle ·

Dankie FV lyk my julle is al mense wat nog omgee vir die land se mense wat so uit gemoor word.
Julle het my stem die jaar.

Loe ·

Daar is net Een ware helper Psalm 146. Volke en nasies gebed is die antwoord. Keer terug van al jul verkeerde wee en bekeer julle tot die lewende God. My oplossing en antwoord is Jesus Christus.

Bring net die dood straf terug.As jou hand jou pla kap dit af!!!!!!! ·

Bring doodstraf terug.Die bybel sê as jou hand pla kap dit af!!!!!!

Marlene Dilger ·

Sjoe dis verskriklik ons almal se vraag is hoekom? Ek dink dis goeie aanduiding om uit te reik na Buiteland want werklik ons SA is te slapgat!!

Karma ·

HOEKOM, Marlene???? HOEKOM???? Omdat ons (1) ‘n regerende party en president het wat net eenvoudig korrup en ‘n verleentheid vir die land is; omdat (2) ons landsgrense ooplê vir iedereen wat net wil oorstap en verblyfreg in SA kry so maklik soos 1-2-3; omdat (3) die polisie, weermag, lugmag e.d.m. grotendeels korrup is; omdat (4) die grootste rassiste aan bewind van die land is; omdat (5) misdaad ‘n norm in die land geword het – as jy nie het nie of wil werk nie, dan VAT jy wat jy wil hê; omdat (6) daar geen of min morele waardes by die oorgrote meerderheid van mense in SA is; omdat …. Moet ek aangaan?

KP ·

Daar gaan absoluut niks van kom nie. Net nog moorde op die wit bevolking van SA.

Knersus D ·

Jip…. Laas toe ek met mense van UK gepraat het oor die volksmoord was hulle opine eenvoudig: “Hoekom emigreer julle nie” en niks verder daarvan gekom nie.

Kaspaas ·

Brittanje sal niks doen nie. Dit is dan die eindste nasie wat duisende Afrikaner vroue en kinders in konsentrasie kampe ‘vermoor’ het.

Dee ·

En húlle Zuma weier steeds om selfs net verskoning te vra daarvoor.

Trolle ·

Kaspaas jy is reg daar,hulle voel nie eens iets vir hulle eie mense nie,waar op aarde gaan hulle worry oor ons?Wens FV wil uitryk na Putin hy het baie meer invloed hier.
Daar is n Utube moevie wat Russia gemaak het oor plaasmoorde en dis die enigste een nog van n ander land wat ons witmense nie afkraak hier nie.Die BBC een wat ek gekyk het laat dit lyk dit is ons verdiende loon.

willie ·

Hoe klim ons agter hulle in en gee hulle behoorlikke ondersteuning?

elsa ·

mense ons word soos honde dood gemaak. Ons het hulle nooit so gemoor nie. wat gaan gebeur wat gaan ons maak. Gaan die ander lande begin help en intree of wat, dis erg kinders en vrouens word wreed vermoor. Waar is ons vryheid wat in 1994 belowe is. WAT GAAN ONS MAAK HELP ASB, en daar word niks aan gedoen nie, maar jy mag jou ook nie self verdedig nie. Kyk die parys moord

Carina ·

Dis hoog tyd dat daar iets begin gedoen word.Kan nie meer so aangaan nie..Ek is ‘n ma van 2 en is elke middag bekommerd as my dogter na skool huistoe moet loop.Mens is te bang om jou voete by die huis uit te sit..Maar ongelukkig is ons nie eers meer veilig binne in jou huis nie..Hoeveel van ons mense(alle nasies)moet gemoor,mishandel,verkrag word voor iets gedoen sal word?

Carina ·

Dis hoog tyd dat daar iets begin gedoen word.Kan nie meer so aangaan nie..Ek is ‘n ma van 2 en is elke middag bekommerd as my dogter na skool huistoe moet loop.Mens is te bang om jou voete by die huis uit te sit..Maar ongelukkig is ons nie eers meer veilig binne in jou huis nie..Hoeveel van ons mense(alle rasse)moet gemoor,mishandel,verkrag word voor iets gedoen sal word?

Hannelie ·

Dankie tog dat dit verder gevat word!!!! Ons bid dat hul sal regkom en dat SA in die oë gesit is, want hul is slapgat soos Marlene gesê het.

m ·

Hoop regtig hier gaan iets aan gedoen word. Ons eie regering gee nie om wat gebeur nie, solank dit net nie hulle mense is wat gemoor word nie.

Hendrik ·

Dit lyk nie of die demokratiese stemmery in Augustus die moorde gaan stop nie. Dit gaan niks verander nie. Hierdie buitelandse aksies en die ondersteuning van burgerregtegroepe gaan die verskil maak. Ons moet staan op ons regte deur die owerhede hof toe te neem. ‘n Ander stap sal wees as alle sport met die buiteland gestop kan word totdat aandag aan die hierdie sake geskenk kan word. Dit is tyd dat die internationale sportligame S.A. uitskop totdat ons huis in orde gekry word.

Cobus ·

Ek sekondeer. Sport, die afgod van die mensdom, moet ingespan word om te probeer om die mense in geheel te laat dink en optree.

Rens Roodt ·

het ook alreeds al die inligting gestuur na UNITED NATION HUMAN RIGHTS – OFFICE OF THE HIGH COMMISSIONER – gaan dit ook vandag stuur na Amerika – nsa een van die gevaarlikste lande in die wereld om in te bly vir Blankes – tyd dat hierdie lande besef dat die regerende party terroriste is wat net Blankes vermoor

Braam maree ·

Ek kan nie verstaan dat die VF elke keer na die buiteland hardloop nie. Veronderstel julle kom aan bewind gaan julle ook buiteland toe hardloop met SA se probleme? Die enigste manier om die moorde te stop is om terug te slaan. Die Mulders het destyds al vir George Bush videos gegee. Onthou julle nog wie Bush was?

Thinus Erasmus ·

Ek stem saam Braam, die oplossing kan net van binne SA kom. En dit verg GUTS

david ras ·

As jy die hele storie gevolg het, sou jy besef het dat dit gaan oor die moord op ‘n Britse burger !
Daarom –volgens Adv ANTON ABERTS—-let wel nie Mulder nie, word die Britse regering genader.
Die VF+ bestaan nie net uit drs. Pieter en Corne Mulder nie.

Hendrik ·

Braam die ANC het ook die buiteland gebruik in die verlede teen die vorige regering . Die toestande het eintlik versleg en daar word minstins 30 moorde ‘n dag gepleeg in S.A. Jy gaan beslis nie die swak regeing uitstem by die verkiesing nie want dit is die meerderheid se besluit. Een van die maniere is om druk op die regering toe te pas deur ander verantwoordelike regerings. Tinus wys vir my ‘n bietjie GUTS en wys my die oplossing uit Suid-Afrika.

elisabet ·

Your royal highness!gaan hul enigsins ag slaan?
Dalk kort ons weer n Emily Hobhouse.

My hart bloei vir die gesin wat drome gedroom het…liefgehad het..vreugde gebring en ervaar het.
Eks so jammer jul moes so einde beleef.
Mag jul ewige rus ervaar…

Nita ·

Die polisie is magteloos om ons te beskerm teen die kriminele oormag. Dis tyd dat die weermag intree en dat die land gepatroleer word dag en nag. Ou wette moet toegepas word 1 jy mag nie iewers net rondhang nie. Jy kan gestop word, I’d gevra word. 2 Gevra word waar gaan jy heen? 3 gestop word en gevra word, wat het jy by jou, dop uit jou sakke. Misdaad moet voorkom word. Die weermag moet help! Suid- Afrikaners is totaal uitgelewer aan misdadigers.

Trolle ·

Nita o nee asb ek is banger vir ons weermag as die skelms op straat,glo my verkragting sal opgaan met 100%.Ek sal dan nooit weer kan slaap met daai ouns buite my huis met guns nie,enige beweging van jou buite jou huis en jy is doodgeskiet.Dan se hulle net oops sorry.

tamboti ·

Ons kort net 2 dinge: ‘n ware profeet, en ‘n dapper leier.

Rosa ·

Tamboti, dit kom nog, lees die boek oor die Siener se visies dan sal jy weet wat nog kom.

Christo Visagie ·

Rosa, wat het Siener van Rensburg al voorspel wat werklik waar geword het,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Gemsbok ·

Ons is ‘n ongewilde minderheid wat daagliks daarvan beskuldig word dat ons die oorsaak van swart-Suid-Afrika se probleme is en dat ons witheid ons inherent slegte mense maak waarsonder die land ‘n beter plek sal wees.

Daarmee saam maak ons onsself uiters kwesbaar deur goedkoop swart arbeid te gebruik, yl verspreid oor die hele land te woon, maar ook altyd naby aan arm swart woonbuurte te wees.

Die goedkoop arbeiders leer ons huise en ons routines ken. Hulle weet wat gebuit kan word en hoe ons uitoorlê kan word tydens ‘n aanval. Ons woon te ver uitmekaar om mekaar by te staan of vir mekaar te werk, tog kan ons maklik bereik word deur rampokkers.

Die uitbou van Orania is die enigste oplossing wat al bogenoemde probleme aanspreek. Verkoop jou huis of plaas terwyl jy kan en begin ‘n nuwe lewe in Orania terwyl jy en jou geliefdes nog jul lewens en gesondheid en geesteskrag besit. Maak gebruik van die internet om produkte aan die hele wêreld te lewer en word vry in Afrikaans.

Gemsbok ·

Nee, nog nie. Ek is besig met ‘n plan om my gesin oor die volgende paar jaar na Orania te verskuif wanneer my nagraadse studies in sakebestuur afgehandel is. Intussen ondersteun ek die Orania Beweging en belê ek ook in die dorp se ontwikkeling deur hul Groeifonds.

Deloris ·

Uiteindelik doen iemand iets, sal maar sien waar gaan dit weer stop….

Donovan ·

En wat gaan Britanje sê, hou op om die Britte in Suid Afrika te vermoor, kyk eers na die paspoort voor julle die mense leed aan doen… Mense Britanje gaan NIKS maar NIKS aan ons leed doen nie… Het hulle enige iets gedoen aan Zimbabwe… en tog was daar soveel meer Britte aan geval in Zim as wat daar in RSA aan geval word… toe die Britse boere van hulle grond gedrywe was het Britanje enige iets gedoen… NEE en hulle gaan ook niks doen nie… Toe Britanje hulle greep op Afrika verloor het, het hulle net eenvoudig hulle rug op humenetary gedraai en hulle fokus net op ons minerale. Gaan kyk mooi watter balanke Afrikaaner het al die Order of Malta ontvang, dan sal julle verstaan hoekom Britanje ons nooit sal kom help nie…

DewaldS ·

Jy is 100% reg. ie Britte het net belang gestel toe hier nog baie goud was. Die Afrikaners is polities verskriklik naïef – ek dink die meeste mense sal nie eers lees wat jy geskryf het nie.

Laggende Skaduwee Vrou ·

Braam Maree , 501 % saam met jou. Die standaad rys, vleis en aartappel Suid Afrikaner is NOGSTEEDS in “denial”….en glo nogsteeds dat daar nie so ding is soos verraad. Die sluiers bly
voor hu oe – wil nie met die realiteit deel nie – solank ons mos kan rugby kyk, kan braai en Sondag maak of ons God se aangesig soek, dan is die Kaap Hollands…..

Karma ·

Gelukkig vir my, Laggende Skaduwee Vrou, is ek nie een van jou deursnee rys, vleis en aartappel Suid-Afrikaners nie. Ek is nie in ontkenning nie (terloops, dit is die regte Afrikaans vir “denial”) en ek glo dat daar dinge soos verraad is. Ek kyk graag rugby, maar braai nie elke Saterdag nie en maak nie asof ek G-d se aangesig soek Sondae nie.

Ek is ‘n rassis, in sekere gevalle, veral waar my mense uitgemoor word net omdat hulle hard gewerk het vir wat hulle het (of dan gehad het). Ek het ‘n afkeer in anderskleurige mense se natuur om lui te wees en voortdurend net eise te stel vir wat hulle wil hê of wat hulle glo hul reg is: gratis behuising, water, elektrisiteit, grond, gesondheidsorg, inkomste ens. ens.

Ek is openlik ‘n kritikus: oor die land se president; oor die vlak van korrupsie, die ANC en al die ander politieke partye; oor misdaad, veral dié soort misdaad wat gerig is op wit-volksmoord; oor ons geskiedenis en nalatenskappe wat ontken en ontsier word (universiteite en beelde). Die Kaap is beslis nie vir my Hollands nie.

Dan ·

Die tragieste van alles is dat nog geen arrestasies gedoen is nie, maar daar word reeds beweer dat dit deur n loonverskil gedoen is, as hulle dan weet wie nie regmatig betaal is nie, dan weet hulle wie dit was, en hoekom het diegene dan die geld wat ter sprake is nie geneem nie. Nee-wat hulle soek na n strooihalm en dit gaan die Britte glo.

Stev ·

Dankie vir die aksie wat geneem is maar dit gaan niks help nie. Die VK-EU sit met veel erger probleme as om omtegee wat in ‘n ander land gebeur, bv die vlugteling krisis. Hulle gaan net simpatie toon en dis al.

Hier moet ons mense soos een man opstaan, ‘n lyn in die grond trek, en se genoeg is genoeg. Sluit aan by jou CPF, leer jou buurman ken, wees bewus wat om jou aangaan. Wees ten alle tye gereed en moet nooit jou oog van die bal af haal nie. Praat gaan nie help nie, daar is genoeg gepraat en gesmeek, hoeveel van ons mense moet nog sterf voor ons dit gaan besef. Ons sal self dit moet doen en na onsself beginne kyk.

Hendrik ·

Steve ek stem saam met jou. Van niksdoen en net praat gaan ons dieselfde paadjie as Zim. Iets doen is beter as niksoen.

Abram F Celliers ·

As jy ‘n hele gesin kan uitmoor oor ‘n loongeskil, of omdat die persoon ‘n rassis was, wat gaan gebeur as die ANC se plan deurgevoer word om rassiste te swartlys? Gaan daardie “swartlys” ‘n “hitlist” word waar moordbendes gesinne kan gaan uitroei? Die ANC se definisie van rassis is so wyd, dat elke liewe blanke gaan val binne daardie definisie.

Tom ·

Hoop dit help !

Brittanje – is anti Suid Afrika , glo my hul weet wat hier aangaan

Sante kotze ·

Hierdie keer gaan ek saam .. hetsy na watter land. Ek sal seker maak die politieke party spandeef elke sent wat hulle wwer gaan insamel, op ons Blanke se saak en GEEN gerief nie !!!! Ek is ook bereid om hulle op eie koste te gaan toespreek. !!!

jaco ·

ek is nie een van diegene wat apartheid vir alles wat nou verkeerd is blameer nie, maar hou tog in gedagte dat talle apartheidswette, ook die tuislandbeleid teenoor swart volke, hulle oorsprong het in wette en maatreëls wat die Britse koloniale heersers in SA begin het. Voorwaar was Engels toe die taal van die onderdrukker – vreemd dat al die swartes wat so in die tuislande en elders onder apartheid gely het, nou alles Engels wil maak…

Derick ·

Apartheidswette ? Weet mense wat dit beteken het ? Ek beywer my kliphard om Apartheid om te keer (die Bybel sê mos – doen aan ander wat jy graag aan jou gedoen wil hê). Indien “hulle” ons terugkry en Apartheid toepas op ons sal dit beteken :
(1) Ons kry al die ou TBVC state
(2) Ons het geen stemreg nie (duh …)
(3) Ons betaal GEEN belasting aan SA regering nie !
(4) Die SA regereing betaal vir AL ons infrastruktuur (skole, hospitale, krag, water, polisie ens) en ONS administreer dit self
(5) Ons kry ‘n “pas” om enige plek in SA te gaan werk. Klink na hel op aarde nê ? Gee dit vir my en ek trek môre !!!

louise ·

Ja maklik om te se staan jou man en baklei terug.
Maar ongelukkig is daar vrouens en kinders betrokke wat nie kan terug veg nie.
Ons kinders is nie veilig in die land nie.
Die teroriste is besig met HOOGS VERRAAD en ons moe toe kyk hoe magteloos mens is en afgemaai word, wanneer n lewe geneem word is dit verby en kan nie herstel word nie.
Hoekom as die skelms inbreek die MANS maak kyk wat aan hulle vroue en kinders gedoen word voordat hulle dan self DOOD gemartel word.
Sulke goed het gebeur in konsintrasie kampe wat die vyande binne gekom het en nie in n normale land nie. Wat hier gebeur is n stil oorlog en ons staan nie n kans nie wznt ons regering het sy rug gedraai op plaas moorde, plase waar ons KOS vandaan kom.
Nee man, ek beveilig eerder my kinders en word n lafaard genoem, n lewe is veel meer die moeite werd en mens kan nie jouself blindstaar in die realiteit nie.

Frik Lotz ·

Baie goeie inisiatief deur die VF Plus. Hul lig die Britse regering in omdat een vd persone n Britse burger was en sodat die buiteland kan kennis neem wat in die land aangaan. Ons loop dus op die hoë morele grond en enige aksies van ons kant af in die toekoms sal dan verstaan word deur die buiteland. Geen vinger sal dan na ons gewys kan word dat ons nie alle weë probeer het en soveel mense as moontlik probeer inlig het nie. Doen so voort VF Plus.

Karen ·

Bring doodstraf terug! Hoekom hou ons nie n referendum dan kan die mense self besluit ?

Stev ·

Ek het ‘n plan vir AfriForum en Solidariteit :

Bring julle eie kommando-stelsel op die been en registreer dit as ‘n veiligheids maatskappy met liefdadigheids doeleindes, mense sluit aan om deel te word van die oplossing, Elke persoon betaal bv. R20 p/m (dus bv. R30 vir n gesin van drie). Kom ons se 3miljoen mense registreer hiervoor, dis dan ‘n enorme R60mil per maand wat aangewend kan word om mense te beskerm.

Ly se nou maar 20 persone / 1,000 op of werk per areas/sektore, daar is baie kennis daar buite om so iets aan die rol te kry en effektief te laat werk.

Gebruik die geld om onkoste te dek. En moenie probeer ryk word daaruit nie, bestuur dit effektief en dit sal werk. Dit is een manier om almal te kry om saam te staan. Die regering sal dan wel sien dat dit eerder goed sal wees om saam te werk as om teen dit te werk.

Ek weet nie mense….maar erens sal iets moet beginne gebeur en die ware leiers van ons volk sal moet opstaan en die rigting aanwys. Ons is in die moeilikheid en ons sal slegs oorleef as ons mekaar se hande vas hou en soos een man die donkerte aan durf.

Stev ·

sorry, het aan teveel dinge gedink terwyl ek getik het :

R60 per gesin van drie

R20 per persoon x 3miljoen mense = R60,000,000 p/m

sorry.

Liewe Heksie ·

Stev ek like die manier van hoe jy dink en so het jy my ook aan die dink gesit hoop afriforum sien dit raak

Positief ·

Stev, hierdie voorstel van jou is nog die beste voorstel van al die voorstelle; kom ons begin self optree en maak gebruik van al ons afgetrede polisiemanne/vroue en weermag lede, baie van hulle voel nie meer diensbaar nie. Ek hou van jou visie, leef dit uit saam met die hordes puik ex polisiemanne/vroue en weermag lede wie die dienste verlaat het weens die korrupsie, intimidasie en totale onvermoe van die destydse Jackie Selebi om dissipline toe te pas! Trek hierdie mense in wie wyd verspreid is in Suid-Afrika om weer diensbaar te word vir julle goeie saak. Ek ondersteun jou heelhartig!

Wynand ·

Rens, sal jy dit ook na Berlyn stuur – Hulle koerant is Der Spiegel, Ook na hulle mense-regte organisasies. Hulle het ook grot probleme met die uitlanders van Noord-Afrika wat die Duitse Christelike vrouens aanval. Die Duitsers hou graag vakansie hier en dit kan hulel stop om te kom aangesien dit so vol moord en doodslag in ons land is.Stuur dit ook na Nederland – want hulel sit ook met dieselfde probleem. Ek hoop jy kom reg.

Marthie ·

HOE WIL JULLE…DIE POLISIE….UITVIND HOE IS DIE ARME MENSE VERMOOR????????? DIT IS TOG DUIDELIK DIE BEWYSE IS DAAR. EK PERSOONLIK DINK JULLE…DIE POLISIE….IS TREURIG. EK VERSTAAN VAN BEWYSE BYMEKAARMAAK EN N SAAK OPBOU……..MAAR DIE MOORDENAARS LAG LEKKER VIR JULLE WANT HULLE WEET JULLE SAL NIE VER KOM NIE……..WANT HOEKOM???????? JULLE IS TREURIG

DPJ ·

Toe ek deur die kommetare lees moes ek my kop in skaamte laat sak dat daar so baie “klein” God vresende landsburers in on lieflike RSA is! Regte “moaners” en klaers waarna niemand wil en kan luister nie. Het julle saam met die voortrekkers in die binneland getrek óf met die groot straler van die binneland in gevlieg?
Dit MOET die tweede opsie wees.
God drie-enig het ons nie hier geplant om met VREESAGTUGHEID te woon en werk nie!
Ja Ons is hier om God die Vader, die Seun en die Heulige Gees se naam uit te dra!

Gert ·

DPJ, ek dink almal wat aangeval was het gebid dat hul gespaar moet word.Vir wie sou hul bid?Sak maar jou kop verder in skaamte want hul is klaar vermoor en vermink!!!

Derick ·

Ag genade tog ! ” … in gesprek te tree …”
Dis reeds van al die praat, petisies en BESKAAFDE manier van dinge doen, dat ons land en volk in sy kanon in is !

Anoniem ·

Ek het lankal aangeraai dat ons die “Menslike Hulpkommissie’ kontak. As hul dalk soveel klagtes kry, sal hul begin wonder. Gebruik tegnologie, span CNN, Skynews, en BBC World news. Gebruik You Tube om foto’s en daaglikse koerantberigte te staaf. Gebruik Of kontak bekende akteure, soos bv. Angie en Brad wat gereeld SA toekom. Maak ‘n ophef op die hoogste verdiepings van geboue met regte kamerabeligting sodat tv uitsendings gedoen word. Kry rykes soos Mark Shuttelworth, bekende persone. Probeer iets!!

Wynand ·

Christo, Siener het vir Genl. de la Rey gewaarsku dat hy versigtig moet wees want dit kan hom sy lewe kos. En dit het.
Hy het Princess Di se ongeluk voorspel – Hy het gese daar gaan ‘n motor ongeluk wees wat nie pluis is nie, omdat sy skande oor die koninghuis sou bring. Hy het gese ‘n wit man van Vereeniging (FW – was van Vereeniging) gaan die land uitverkoop .. Daar is te veel om te vertel, maar lees dit gerus self en laat weet wat jy dink. Ek sou graag van nog iemand wil hoor wat hy/sy dink. Dit is nogal insiggewend. Daar is baie dinge wat hy se waarmee ons kan saamstem. Dit is ook op You Tube beskikbaar. Hy praat ook van wat gaan gebeur wanneer die ys gaan smelt – en ek weet nie hoe hy daardie tyd geweet het van aardverwarming nie.

Gizmo ·

Die nuutste wat waar geword het is die aardbewings in Japan…

DPJ ·

En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het — Ek sal in hulle hart ’n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van ’n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos ’n mens vir ’n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.

Chris ·

Andre Burrows. Die bom waarvan jy skryf wat so goed gewerk het ontplof nog steeds in die blankes se gesig. Droom voort. Hierdie voorval is die uitvloeisel daarvan…

Mariette ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat Chris Hani se vrou op Nasionale TV se sy sal nie haar man se moordenaar vergewe nie, hy moet nie vrygelaat word nie. WAT moet ons se wat hoor hoe daar daagliks horde blanke mense vermoor word? Ons word uitgekryt as rassiste…maar hulle mag moor en se wat en wanneer hulle wil? Net God se ingryping kan ons land red…so glo ek!

DewaldS ·

Daar is geen Westerse land wat ons op hierdie stadium gaan help nie. Aanvaar dit maar net en aanvaar maar ook dat dinge nog baie erger gaan word. Aanvaar ook maar dat daar een-of-ander tyd ‘n volskaalse volksmoord op julle geloods gaan woord. Wat kan ons doen? Raak betrokke by beveiligingsaksies en doen fisiese voorbereiding vir ‘n oorlogsituasie – elke dag ‘n uur of twee en elke maand ‘n paar honderd rand en voor jy weet is jou huis baie veiliger en jy het voorrade om ‘n paar maande te oorleef. Wat diot ookal vat – word net wakker!

Alwyna Holtzhausen ·

Grens aan anargie?? Ons is reeds daar…Iemand sal daadwerklik en BAIE vinnig hieraan moet of die blanke gaan nog voor die renosters uitsterf…

Jax ·

Goeie een… Nogal waar maar… God is groter…ek bly net hier…

Alwyna Holtzhausen ·

Bykans in anargie? ??? Reeds in anargie verval! Ons blankes in SA gaan nog voor die renosters uitsterf…

Oom Boer ·

‘n Groot dank aan die VF+ en in besonder ook aan Adv. Alberts vir sy optrede om die buiteland in te lig oor die huidige “Volksmoord” wat tans uitbrei in SA. Mag die Hemelse Vader jou lei in al jou gesprekke en dat daar van iewers erkenning mag kom oor dit wat tans hier aangaan. Onskuldige mense wat se lewens op die wreedaardigste maniere geneem word en kindertjies wat nie eers hul lewens mag uitleef nie. Hierdie is mense haat van die meerderheids groepe en grond vergrypings prosesse en vandalisme. Tog bly die blanke aanhoudend gee, kennis deel en probeer opbou wat as plig beskou word, maar eintlik as uitbuiting geniet word van die groepe.

Hannes marais ·

Ons moet hulp in Israel gaan soek…Benjamin sal help…hys n sterk wereldleier..ek is seker die Israel regering sal luister en ingryp..kom ons stuur n afvaardiging soontoe

emiel ·

Dit maak geen sin nie. Daar is soveel nasionalistiese regse blanke politieke partye in Wes Europa wat die laaste paar jaar reuse opgang gemaak het en ons goedgesind is, maar ons wil rondneuk met die Britte wat die afgelope dekades ‘n groot rol gespeel het in ons huidige panarie.

Johannes Meintjes ·

Kophou asb mense. Saamstaan! Fokus! Organiseer! Kommunikeer doelgerig en effektief. Buurtwag, GPF, Belastingbetalersvereenigings (BBV), Plan B doelwitte. Dra jou vuurwapen doelgerig. Berei jou huis en gesin voor. Straat en buurt beplanning. Die Engelse sal net help teen ‘n duur prys, – en dan weer more geskroeide aarde.

Alweer ·

Een van die dae word daar ALWEER sanksies teen ons land ingestel………………

Maraai ·

Ons boere nasie het verleer hoe om saam te staan en saam te veg… Afrikaners gaan een van die dae of eintlik is wel ‘n bedreigde spesie! Hoe moet ons nou opstaan teen ‘n magdom ander mense wat nie staan vir wat ons staan nie? Alles word van ons weggeneem, meer ons kinders, en steeds sit ons stil en wag vir iemand anders om ons problem op te los.
As ons kan leer om weer saam te staan en weer vir mekaar te kan omgee, en weer GOD se hand vat, en mekaar respekteer, dan eers kan ons dinge in die regte rigting stuur.
Ons het alles weggegee… en doen dit nogsteeds!!

Theresa ·

Vir die baie vrae en bekommernis in ons harte, kan ek net probeer en vra dat nie een van ons ooit ophou glo aan ‘n beter toekoms wat gaan kom nie. ‘n Vaste geloof dat dit sal gebeur. Wees meer paraat. Maak jou gordyne toe teen sonsondergang – ander hoef nie van buite te sien waar al jou goed staan en watter tye jy en jou kinders in watter vertrekke is nie. Moenie so baie van jou doen en late met almal wat vir jou werk (net ‘n voorbeeld – maar baie statistiek!) bespreek nie. Dis kos vir inbraak en rooftogte. Vertel iemand in jou vriendekring as jy weggaan vir ‘n naweek – nie vir al wat leef en beef nie. Vat self jou kind skool toe. Kinders MAG nie meer alleen stap iewers heen nie. Kry die statistiek oor verdwynings en mensehandel en tree daarvolgens op, asb. Verkla die ouens wat so “doelloos” in hul voertuie of in persoon staan en wag naby skole, winkelsentrums ensovoorts – tien teen een dwelmhandel. Jou kind/tiener kan ‘n prooi wees. Let op wat in jou omgewing aangaan. Verkla straatsmouse by die Metro – bron van kommer. Daar is ‘n spesifieke afdeling wat daarna omsien. Kom ons doen ons gemeenskapsplig, hou jou blyplek so veilig moontlik, skep nuwe reëls as gesin en bid, vertrou en bly sterk.

Lee-anne ·

Om elke dag in vrees te lewe is nie normaal nie. Ek dink baie keer aan die Voortrekkers wat snags sekerlik ook vol vrees was, wat moes waghou in die donker, en wat dankbaar die dag sien breek het. Na ‘n inbraak, 4 donker mans in donker klere, ek alleen by die huis met my kinders, moes ek alleen verder waak tot die dag aanbreek – dit was aaklig om niks te kan sien, net geluide en die onsekerheid en vrees. Die donkerte is hel, lig is lewe. Dit is nie normaal om so lewe nie. Hoe wonderlik moet dit wees om te kom en te gaan sonder vrees. Wie gaan ons help? In tye van oorlog is daar nie veel opsies nie. Ons is in ‘n oorlog sonder wapens. Ek kry nagmerries. …ons bid vir Suid-Afrika, ons mooi Vaderland, ons vra U in Jesusnaam, hou ons in U hand…

Lourens ·

Ag wat kan britanje nou rerig doen gaan niks help daar moet eers chaos wees voor daar orde gaan wees

Rypvye ·

My seuntjie en dogtertjie vra my hoekom loop daar trane oor my wang terwyl ek na ‘n foto van Kayla kyk.
Ek draai om na hulle toe en vertel hulle swart mans het haar hande met draad vasgebind en haar met ‘n graaf doodgeslaan……………………………………………………………………………………………………………………

Johannes T. Botha ·

Daar is geen manier uit diè land of sy crime uit nie en net die doodstraf kan dit weer veilig maak, geen doodstraf, geen dissipline of orde weer in die land nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.