Randfontein-moorde: ‘Ma en dogter was onafskeidbaar’

Marietjie en Kayla Meyer. Foto: Facebook.

Marietjie en Kayla Meyer. Foto: Facebook.

Terwyl reëlings getref word vir die begrafnisse van vier mense wat verlede week wreed op ʼn kleinhoewe naby Randfontein aan die Wes-Rand vermoor is, hou die jongste slagoffer, Kayla Meyer (9), se skool Donderdag ʼn gedenkdiens om haar nagedagtenis te eer.

Kennith McCormack (42), sy verloofde, Marietjie Meyer (45), haar dogter, Kayla, en Monty McCormack (73), Kennith se pa, se liggame is verlede week op ’n kleinhoewe buite Randfontein gevind. Hulle is vermoedelik tussen Woensdagaand en Donderdagoggend vermoor. Die motief vir die moorde word nog ondersoek.

Kennith McCormack. Foto: Facebook

Kennith McCormack. Foto: Facebook

Leon Haupt, skoolhoof van Laerskool Randfontein, waar Kayla skoolgegaan het, het Woensdag aan Maroela Media gesê die skool gaan om 10:00 ʼn gedenkdiens in die skoolsaal vir haar hou.

“As deel van die diens gaan haar klasmaats ballonne in die lug laat vrylaat en ons gaan ook ʼn boom plant om haar lewe te gedenk,” het Haupt gesê. “ʼn Gedenkplaatjie sal aangebring word sodat sy vir altyd onthou word omdat sy so jonk gesterf het.”

Haupt het Kayla as ʼn vriendelike dogter beskou wat hom altyd ʼn drukkie gegee het as sy hom gesien het. “Sy was baie liefdevol en mededeelsaam.” Hy het gesê die gemeenskap is welkom om die gedenkdiens by te woon.

Haupt het gesê die skoolsielkundige het na die voorval berading vir haar skoolmaats gegee.

Corrina van Huyssteen, ʼn jarelange vriendin van Marietjie, het ook beaam Kayla was liefdevol. “Sy was ʼn omgee-mensie, vriendelik en oop, ʼn regte kletskous wat sommer met vreemdelinge sou praat, al het ons haar gewaarsku om dit nie sommer te doen nie. Sy was nes haar ma, die twee was onafskeidbaar.”

Van Huyssteen het gesê Marietjie en Kennith was gelukkig saam en het in Desember verloof geraak.

Volgens Van Huyssteen is Marietjie se ma oorlede toe sy nog jonk was en haar pa is ʼn paar jaar gelede oorlede. Sy het nie nog direkte familie nie, maar het familie aan haar stiefma se kant wat by die begrafnisreëlings betrokke is. Haar vriende weet nie wie Kayla se pa is nie en hy was glo nie deel van haar lewe nie.

Marietjie het die afgelope jaar saam met Kennith op die kleinhoewe gewoon waar die tragedie afgespeel het.

Van Huyssteen beskryf haar vriendin as ʼn borrelende, vriendelike en dapper mens. “Sy was ʼn regte ‘problem solver’. Dit maak nie saak hoe sleg dit gegaan het nie, sy het altyd gelag. Sy was mal oor musiek, baie sosiaal en uitgesproke. Kayla was haar lewe.”

Die begrafnisreëlings vir al vier oorledenes word nog getref.

Intussen het die politieke party, Front Nasionaal, onderneem om geld in te samel om te help om van die kostes van die begrafnisse te dek.

“Suid-Afrika steier onder die gruwelnuus van dié aanval. Daardie families moet nou op een dag vier lede van hul gesinne begrawe. Kayla is wreed weggeneem en ons wil haar waardig te ruste lê,” het Daniel Lötter, die party se hoof van inligting, gesê. “Hulle het dalk haar lewe gesteel, maar in ons volk se hart sal sy ewig ons s’n wees.” Klik hier vir meer besonderhede.

Maroela Media het vroeër berig ʼn familievriend het Donderdagaand die polisie ontbied nadat hy gaan ondersoek instel het omdat hy nie van hulle gehoor het nie. Die vriend het glo op Monty se bebloede liggaam afgekom in ʼn tydelik huis waar sy seun, Marietjie en Kayla gebly het, terwyl hulle ʼn houthuis op die kleinhoewe laat bou het. Monty het glo uit Brittanje by sy seun kom kuier.

Intussen is verneem Monty is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan. Marietjie se liggaam is in die houthuis waaraan daar gebou word, gevind. Sy is na bewering ook met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan. Kayla se liggaam is in ʼn stoorkamer langs die tydelike woonplek gevind. Sy het nie ooglopende beserings gehad nie en het moontlik versmoor. Kennith se liggaam is Vrydag ʼn paar meter van die houthuis opgespoor.

Die verdagtes het met die gesin se Mercedes-sportnutsvoertuig gevlug. Die voertuig is later verlate aangetref en die polisie het beslag daarop gelê. Kontant en twee selfone van die slagoffers is glo daarin gevind.

Kapt. Tshekiso Mofokeng, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en die ondersoek duur voort. Dit is nog nie duidelik hoeveel mense by die aanval betrokke was nie.

Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie by 08600 10111 te bel as hulle inligting het wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anoniem ·

Plaas n beloning op die moordenaars se koppe en hulle word in n japtrap aangekeer. Innige mee gevoel aan naasbestaandes.

moeks ·

Hoekom nie ‘n beloning aanbied nie? Sekerlik sal iemand dan praat? Hulle het dit nie verdien nie. R.I.V. Sterkte aan die familie

Loretta van Wyj ·

Ons innige meegevoel uit Namibia aan die familie vriende e dierbares
Mag die Here jul vertroos in hierdie hartseer tyd

Hannelie ·

My innige meegevoel aan die families. I rest my case……want hier gaan weereens niks aan gedoen word nie.

Gesiggie ·

Die trane het geen keer, my hart is so stukkend oor die mense wat dood gemaak is, en arm klein Kayla… wat n mooi gebaar van haar skool.. en aan die gemeendskap wat agter hierdie mense wat nie meer daar is staan… Ek het nie meer woorde… want met elke letter wat ek tik… sluk ek baie swaar en skreeu dit van woedde binne my? en ek Vra God laat die moordenaars opgespoor word en laat daar gereg geskied . RIP julle pragtigge gesin.

MCS ·

Ek gaan hierdie keer met my hart en nie my kop stem! Gaan my kruisie op n anderplek n verskil maak aan die sikus,ek glo nie! Ek gaan nie langer een van die skuldiges wees wat my land verkoop nie! Ek gaan stem vir mense wat veg of teminste pro-beer veg vir my kleur my taal. Nie vir n party wat in tweedtryd voer en bang is hul verloor stemme!

Johan Groenewald ·

Dit wil voorkom asof Jacob Zuma – soos al tevore – weer die waarheid gaan verdraai as dit oor die Guptas gaan. Die dame – Vygie Mentor het beslis n storie om te vertel al gee Zuma voor dat hy haar nie ken nie.
Dit gee ons as publiek nog baie meer rede om wat die prez se en doen baie ker ver van die waarheid is.

Ouman ·

Tyd om alle buitekanders insluitend die spul van Malawi uit die land te sit. Laat hulle krepeer in hulle eie land. Geen wonder ons het te doen met vreemdelinghaat

Oom Boer ·

Ai dit is so hartseer en ‘n sinnelose daad. ‘n Pragtige gesin wat met hul lewens moes boet vir niks behalwe misdade in ‘n land wat beskerming en veiligheid moet bied. Mnr Leon Haupt en Personeel en mede skool maats, dankie vir jul menslike optrede om hierdie kleine en onskuldige kind met ‘n gedenkplaat te vereer as nagedagtenis aan ‘n hele Volk. Asook ‘n groot dank aan Front Nasionaal vir jul bystand en hulp om hierdie gesin op ‘n verdienstelike wyse te erken en tot ruste neer te lê. Het al vele trane gestort oor hiedie berig en in my hart sovele seer en woede wat mens koester, maar wens alle families van die gestorwenes en hul vriende, kollegas en skoolmaats alle simpatie en sterkte toe in hierdie tyd van droefheid.

Andre ·

Vroeg in 1838 word verskeie trek geselskappe wreedaardig vermoor en kindertjies se koppies teen die wa wiele papgeslaan waarna die aanvallers vlug met beeste en rygoed. Andries Pretorius word gekommandeur om die barbaarse dade te antwoord met die enigste taal wat die bloedorstiges verstaan. O amper vergeet ek ons lewe vandag in n beskaafde era…of nie

Rammies-ouer ·

Rus in vrede by Jesus Kayla. Jou maats gaan jou baie mis. Ek gaan saam jou skool, die gedenkdiens vir jou, by die skool hou vandag en aan jou vriendelike gesiggie dink.

Hannie ·

Nee wat daar is nie hoop nie, bid verander ook nie die situasie nie!

maricia ·

Dit is so hartseer ,sterkte aan die familie.hulle is veilig by ons Vader as in die land waar jy nerens meer veilig is nie.

Juanita ·

Waarom is die tipe nuus nie belangrik genoeg om vir die sauk se TV nuus in die aand nie maar die pizza scooter geval kan net nie genoeg aandag en media dekking kry nie en word op elke nuus stasie gewys en haal tot die TV nuus in die aand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.