Randfontein-pa wat stiefdogters verkrag hoor eers dan sy lot

Argieffoto

ʼn 51-jarige man, wat sy stiefdogters verkrag en onsedelik aangerand het, het Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn, maar die saak is uitgestel omdat die regter se skootrekenaar verdwyn het.

Regter Cassim Moosa het die man in Februarie skuldig bevind. Hy het Donderdag gesê sy skootrekenaar word vermis en die hofverrigtinge kan nie voortduur nie. Die saak is vir twee weke uitgestel.

Die man se naam kan nie bekend gemaak word nie, om die identiteit van die dogters te beskerm.

Tydens die hofsaak het die staat sewe getuies geroep, waaronder die beskuldigde se stiefdogter. Sy het gesê haar stiefpa het haar seksueel begin aanrand toe sy slegs 11 jaar oud was. Die 18-jarige, nou ʼn rekenkunde-student, het aan die hof gesê sy het nooit van haar stiefpa gehou nie, al het hy seker gemaak dat hulle alles het wat hulle nodig het. Sy het gesê die eerste keer was net ná die geboorte van haar stiefboetie. Sy het aan die hof gesê die man het haar aangerand terwyl haar ma by die werk was.

Sy het gesê sy was te jonk om te verstaan wat gebeur en het nie besef dis onbehoorlike gedrag nie. Sy het gedink dit gebeur met almal.

Toe sy in graad 8 was, het haar stiefpa haar begin verkrag. Dit het gereeld gebeur.

Sy het aan die skool se sielkundige gesê sy kon nie die seksuele aanrandings by die polisie aanmeld nie, omdat haar stiefpa haar gewaarsku het dat die gesin ongelukkig sou wees. Hy het gesê hulle sou in gevaar wees as sy daaroor sou praat.

Sy het uiteindelik die moed bymekaargeskraap om die aanrandings aan te meld toe sy uitvind haar stiefpa doen dieselfde met haar sussie.

Die man sal op 26 Mei gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dus Ek Anna ·

Klink soos die storie bogenoem. Om van naar te word…

o ·

Ai, hoeveel laer kan die mensdom nog daal? Dit voel asof daar weinig mense in die wereld oor is wie nie kriminele afwykings het nie

Mercy ·

Nou wonder ek ….
Wat het die skool se sielkundige daaraan gedoen? Sekerlik moet sy opgelei wees om sulke situasies te hanteer, en aan te meld? Hoekom moes die dogter eers moes bymekaar geskraap het?

Spook ·

Ek praat onder korreksie… Maar ek dink hulle mag nie?? ongeag, dit is siek… Die wereld is siek. Ek weet nie meer hoe ek my kinders veilig gaan groot kry nie.

Lynette ·

Vroue is dom en desperaat – sal enigiets glo en boonop “miskyk” om n man aan hul sy te hê en finansieël versorg te word. Die statistieke bewys dat die kanse dat n stiefpa sy stiefkinders seksueel sal mollesteer 5 maal hoër is as biologiese pa’s.

Nettie ·

Maroela, ‘n stiefboetie is ‘n broer wat toegevoeg word tot die gesin waar die ouers afgestorwe/geskei is en hertrou. ‘n HALFboetie of -sussie word binne die tweede huwelik gebore. Sê maar net …..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.