Ranglys van wêreld se beste universiteite bekendgemaak

Die University of Oxford. (Foto: http://www.ox.ac.uk/)

Die opvoedingspesialiste Quacquarelli Symonds (QS) het pas hul jongste wêreldranglys vir universiteite bekendgestel, wat universiteite van oral in die wêreld volgens verskeie faktore gradeer.

Die vooraanstaande Massachusetts Institute of Technology (MIT) in die VSA is weereens gekroon as die beste universiteit ter wêreld, terwyl Stanford University en Harvard University net soos verlede jaar onderskeidelik die tweede en derde plek op dié ranglys beklee.

Nog bekende universiteite onder die toptien sluit die California Institute of Technology, die University of Oxford en die University of Cambridge in.

Dié lys bevat 1 000 universiteite en vyf Suid-Afrikaanse universiteite het onder die voorste 600 geëindig. Die Universiteit van Kaapstad het die beste in Suid-Afrika gevaar met hul plasing op nommer 198 ter wêreld. Die Universiteit van die Witwatersrand (nommer 400), die Universiteit Stellenbosch (nommer 427), die Universiteit van Johannesburg (in die blok vir nommers 501 tot 510) en die Universiteit van Pretoria (in die blok vir nommers 551 tot 560) het ook die lys gehaal.

Hierdie lys meet die gehalte van universiteite aan die hand van kategorieë soos die universiteit se akademiese reputasie, die aansien van die werkgewer, die aantal verwysings per fakulteit, die aantal internasionale fakulteite en die aantal internasionale studente.

In vanjaar se rangorde het universiteite in die VSA en die Verenigde Koninkryk oor die algemeen op die ranglys afgeskuif. Volgens QS is dit meestal weens ʼn swakker telling in die internasionale student-ratio. Dit sal egter nog ʼn geruime tyd neem vir ander universiteite om die Amerikaanse en die Britse swaargewigte verby te steek.

Die toptien universiteite ter wêreld is:

  1. Massachusetts Institute of Technology (MIT)
  2. Stanford University
  3. Harvard University
  4. University of Oxford
  5. California Institute of Technology (Caltech)
  6. ETH Zürich – Swiss Federal Institute of Technology
  7. University of Cambridge
  8. University College London
  9. Imperial College London
  10. University of Chicago

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Is daar ‘n lys vd “bottom 600”?
Waar lê UNISA en die res vd Suid Afrikaanse universiteite?

Tobie Klarens ·

Surprize !!!!! Die ander SA universiteite, le nie veel beter as Unisa nie. Moet jouself nie bluf nie

Piet Snot ·

Maroela, jul vertaling laat veel te wense oor.
Dit lyk regtig nie goed nie.

marous ·

Toemaar , ons is darem in die top 10 met misdaad en sekerlik kop aan kop vir 1ste met korrupsie .

Stephan de S ·

Gesien in die lig van hulle keuringsmaatstawwe wonder n mens watter relevansie het hd sg. gradering vir die bepaling vd standaard van opleiding, opvoeding en toerusting vir die lewe en die beroepslewe.

Moeksie ·

Nee wat te veel korrupsie by UNISA – het nie die lys gehaal nie. Die ander SA universiteite gaan ook nie meer vir lank op die lys bly nie – skrif is aan die muur

Dries du Toit ·

Stem saam. Waar het hulle gele voor 1994. Ek is seker baie hoer op

honourable member ·

Ons standaarde is al so verlaag om die “have nots” te akkommodeer. Ons is verseker laaste op daai lys.

Gert van Wierdapark ·

Baie van die Skelms wat in staatskaping ens geimpliseer word, het nie nodig om te gestudeer het aan enige universiteit nie! Hulle is natuurlike naturals – waar hulle eerste in n klas van hul eie staan!!

George in Bloem ·

Hmmmmmm…..dis duidelik. Transformasie het sy tol ge-eis. Viva man. Nog ‘n viva.

Gert ·

Weereens ‘n manipulasie deur die globaliste. Hoekom is die aantal internasionale studente die belangrikste kriterium? Net globaliste kan dit as belangrik beskou. Ek sou eerder kyk na die prestasies van die graduandi, dis waaoor ‘n graad behoort te gaan.

George in Bloem ·

Duidelik het die transformasie proses groot vrugte af gewerp. Die ANC spul moet sekerlik baie trots op hulleself wees?

Gerhard ·

Ek dink dit sal interessant wees om te weet hoe die universiteite vergelyk word. Twee goed wat gewoonlik hoe tellings help is die getal internasionale studente wat Engelse universiteite help en die hoeveelheid navorsing wat gedoen word. M.a.w. die getal nagraadse studente help ook om hulle beter te laat lyk op hierdie ranglyste.

Chrisjan ·

Praat ons nou van die “slegte” kolonistiese (Britse) universiteite waarheen die nuwe establishment hul kinders stuur?

kla-kous ·

Ek wonder oor die feit dat net een Europese Universiteit die top tien gehaal het. Kan dit wees?

Sleg.. ·

Net gister gepraat met ‘n personeellid by TUT..
Dit is nou vir jou n nagmerrie daardie, die “universiteit” is korrip vanaf die skoonmaker tot die hoogs gekwalifiseerde lid. NTEU wat alles nog in lyn wil hou veg hulle hande af.. NEHAWU is korrip in elke sin vd woord. As alles so aangaan kan hulle maar die “universiteit” binnekort toe maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.