Ras- en maskersage: eNCA kap terug na EFF

(Foto: Twitter)

eNCA sê sy joernalis wat deur die EFF van rasseprofilering beskuldig word, het geen slegte bedoeling gehad nie en dat die manier waarop die joernalis en eNCA deur hierdie voorval waargeneem word, onregverdig en nie ’n ware weerspieëling van die joernalis of kanaal is nie.

Die EFF het Donderdag vir eNCA-joernalis Lindsay Dentlinger daarvan beskuldig dat sy tydens haar dekking van die begrotingsrede buite die parlement slegs vir swart parlementslede gevra het om maskers te dra toe onderhoude met hulle vir die nuuskanaal gevoer is.

Volgens die EFF is onderhoude met VF Plus-leier Pieter Groenewald en DA-leier John Steenhuisen gevoer sonder dat hulle maskers aangehad het of dat hul gevra is om maskers te dra. Sy het egter hierna glo vir swart parlementslede gesê om hul maskers op te sit voor sy onderhoude met hulle gevoer het.

Die EFF beskuldig eNCA verder daarvan dat hy die “propaganda-arm van witmonopoliekapitaal” is en versoek dat die nuuskanaal geboikot word.

eNCA het laat Donderdagaand in ’n verklaring gesê hy verstaan hoe sekere foto’s en beeldmateriaal wat op sosiale media gedeel is dit kon laat lyk of Dentlinger inkonsekwente gedrag toegepas het rakende Covid-19-protokolle.

eNCA se bestuur het met Dentlinger vergader na die voorval en tot die gevolgtrekking gekom dat haar optrede nie rasgemotiveerd of kwaadwillig was nie.

“In ’n intense regstreekse uitsaaiomgewing soos tydens dekking van die begrotingsrede is ons joernaliste onder druk om aan sekere vereistes te voldoen terwyl hulle billike, akkurate en gebalanseerde nuus lewer,” het John Bailey, besturende redakteur van eNCA, gesê.

“Die joernalis moes terselfdertyd regstreeks op die lug wees, instruksies van die vervaardiger via haar gehoorstuk neem en het ongelukkig nie gevra dat van die persone met wie sy onderhoude gevoer het maskers dra nie. Kritiek tot so ’n mate wat gemik is op ’n joernalis onder hierdie omstandighede, is onregverdig en jammer. Opmerkings en sommige video-inhoud wat tans gedeel word, is kwaadwillig misleidend.”

Norman Munzhelele, besturende direkteur van eNCA, het gesê nadat hulle die situasie noukeurig ontleed het, verstaan hulle dat, ongeag die druk van die regstreekse TV-omgewing, sulke onbeplande gebeure kan voorkom.

“Ons het bevind dat daar geen kwaadwillige bedoeling van die joernalis se kant was nie. Ons het verder bevind dat die manier waarop die joernalis en eNCA deur hierdie voorval waargeneem word, onregverdig is en nie ’n ware weerspieëling van die joernalis of ons kanaal is nie.”

Dentlinger het meer as 21 jaar se ondervinding as joernalis en werk al die afgelope nege jaar vir eNCA.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Eugene ·

Die EFF moet asseblief hulle maskers dra en sommer ook hulle monde styf toehou!

Strandloper ·

Die rooi piete moet ook altyd n eier try le…wat gewoonlik n baksteen is!

Fedup ·

garden gnome has too much time on his hands.
He should get a job to keep him from attacking whites.
He is starting to bore us.

MakersMark ·

Soos gewoonlik is die wat eerste rassis skree die grootste rassiste.

Asgat ·

En nou gaan die EFF seker weer opruk na die ENCA geboue en skade berokken …….

JM ·

Mense wat in glashuise woon moenie met klippe gooi nie. Dít is presies wat die EFF gedurig doen. Hulle borrel oor van haat, veral teenoor witmense. Waarom kry hulle nog enigsins publisiteit? “Leë blikke maak die grootste geraas.”

Connie ·

Ag rerig eff kry vir julle iets goeds om te doen en hou op die mense te irri. Soek seker nou weer aandag.

Drico ·

Hoekom moet die joernalis in elk geval die mense vra om hul maskers te dra, dis nie haar werk of verantwoordelikheid nie, dis die DA en VF+ se eie gesonde verstand wat hul moes gebruik. EFF tree wragtig soos kleintjies op!!

Aikie ·

Die EFF weet baie goed hoe om die joernalistiek te manipuleer tot hulle voordeel. Net ‘n klein bietjie gif in enige situasie en hulle kry die goedkoopste advertensie op die mark. Vry dekking.
Kyk maar na enige artikel waar hulle hul monde uitspoel en hulle kry oorweldige terugvoering soos die joernaliste èn die betrokke politieke partye woel om die EFF te weerspreek. Reg in die EFF se kraal, want hulle is hier net soos die AWB in die vorige era OM MOEILIKHEID TE MAAK.

Theunis ·

Die ou nasie sal maar altyd ‘n minderwaardigheid kompleks hê. Die ou windsakke van die eff het ook niks meer dan wind nie.

Misky ·

Hulle sit heeldag en kyk waar kan hulle krap waar dit nie jeuk nie en dis ras gebaseer. Oor hulle eie, bly hulle net stil

Pieter ·

eff is eens en veraltyd rasiste, dit is hulle roeping- of so dink hulle, die klomp immegrante van S.A. (Wonder of hulle weet, want hulle ken nie geskiedenis nie.).

Nie Verbaas ·

Miskien moet EFF duct tape vir maskers gebruik om minderwaardige gemors wat hulle praat te keer. Baie meer gevaarlik as Covid-19.

Ansie ·

Die EFF is net ‘n klomp irrelevante, kwaadwillige boelies en moeilikheidmakers.

Aai ·

Die wereld raak nou al soos SA wat maak hulle gelukkig soek altyd fout om sy bestaan te bewys.Nou wat gaan ons met melk se kleur maak?????????

wilma ·

so laat ons weereens malema toe om aandag te trek. staan hy en zuma en nog 3 ander persone sonder maskers vir ‘n fotosessie tydens “teedrink” dan word daar nie boe of ba gese nie. ons verleen hopeloos te veel mag aan die windbolle.

Elize ·

Ek het net gister ‘n pragtige Afrikaanse woord gehoor vir die lot wat altyd hare kloof oor niks. Muggiesifters. (Nit pickers)

SwartBees ·

Hulle gaan nou Suid-Afrika se naam verander na Imurthu.

Casper ·

Haai lanklaas van die rooi overall mense gehoor.Bestaan hulle nog.Hulle is gewonder stil.

Eragrostis ·

Eerstens verdien die redaksie en bestuur van eNCA een GROOT pluimpie deur dié aantygings van die EFF rasioneel te beskou en daarvolgens ń logiese gevolgtrekking te maak. Hulle het nie geswig soos Tresemmé nie, en voet by stuk gehou by hul standpunt. Baie dankie, eNCA, vir dié voorbeeld wat julle stel.

Kan Twinsavers of enige ander sneesdoekie-vervaardiger nie dalk hierdie hartseer party bystaan wat nie oor hulle slagoffer-mentaliteit kan kom nie? Ek wens iemand ruk die EFF aan die bek wat doelbewus foute soek in goed wat nie bestaan nie. Kan hulle bv. nie aangekla word vir kwaadwillige aantygings of so iets nie, want dis die hoeveelste soortgelyke aantyging wat hulle maak? Watse integriteit het ń party wat so redeneer? Hulle is net vernietigend en veroorsaak onnodige rassespanning.

LANA is ELANè ·

So tipies van die politici, enige iets solank hulle net die nuusblaaie kan haal. Ekself is heeltemal verboureerd die oomblik wat ek die masker, bril en en aanhet om die arme vrou van onkonsekwente gedrag te beskuldig is om v naar te raak ons is midde in ‘n pandemie, niks voel of is normaal nie gee jou medemens tog net ‘n bietjie genade in hierdie abnormale tye.

Karen ·

Ok, maar waarom het die betrokke persone nie hulle maskers gedra nie? Dis my eintlike vraag, ongeag wie hulle is. Dit is mos verpligtend om jou masker in publiek te dra

Piet parys ·

Dit werk so
Cyril Ramaphosa is die Anc se president en dit is sy party se lede wat sy bevele moet uitvoer deur die maskers te dra . Dit is beslis nie dieparlement met al die verskillemde partye se besluit gewees nie . AS cyril praat doen hy dit sonder n masker . So hys mos die baas en niemand sê vir hom wat om te doen nie . Die masker is n afgesaagde storie. By anc kader se begrafnisse word die noe masker draers nie vervolg nie . ONAANTASBARES IN DIE ANC GELEDERE

Lian ·

En as net swart aanbieders ons sport soos bv Rugby aanbied moet ons stilbly ? Klink my die rooipette moet liewer ook stilbly . Ons moet hulle geraas net eenvoudig nie publisiteit gee nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.