Ras op voorgrond tydens debat oor plaasaanvalle

Pieter Groenewald tydens 'n vorige toespraak in die parlement. Foto: Twitter

Pieter Groenewald tydens ‘n vorige toespraak in die parlement. Foto: Twitter

Die grootste twispunt tydens die debat oor plaasmoorde in die Nasionale Vergadering Dinsdag was waarskynlik of daar ʼn politieke of rasse-motief agter plaasaanvalle en plaasmoorde skuil.

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het aanvanklik die VF Plus se versoek vir ʼn parlementêre debat oor plaasmoorde afgekeur omdat sy gemeen het dit is nie ʼn dringende aangeleentheid nie, maar sy het verlede week haar besluit hieroor omgekeer.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, was Dinsdagmiddag eerste aan die woord. Hy het begin deur te beklemtoon statistiek toon dat dit “gevaarliker is om ʼn boer te wees as ʼn polisiebeampte”. Volgens Groenewald was daar sedert 1991 altesaam 2 393 moorde en 14 589 aanvalle op plase en kleinhoewes.

“Daar is ʼn persepsie dat net wittes op plase vermoor word. Dit is nie so nie. Navorsing wys sowat 40% van alle slagoffers van plaasaanvalle is swart,” het hy gesê.

Hy het ook beklemtoon plaasaanvalle kan nie as gewone misdaad beskou word wanneer daar gekyk word na die brutaliteit en geweld waarmee die aanvalle dikwels gepaard gaan nie. Groenewald het na verskeie voorbeelde verwys, waar mense op grusame wyse op plase vermoor en gemartel is, onder meer die vrou wat Vrydag tydens ʼn plaasaanval in Westonaria met ʼn boor gemartel is en Daniel Knight, wat in Oktober 2013 in Underberg, KwaZulu-Natal, met ʼn hamer doodgeslaan is.

“Dít is die skokkende prentjie en die ongerieflike waarheid van plaasmoorde wat ons nie langer kan ignoreer nie,” het hy gesê. Hy het daarna gevra vir ʼn oomblik van stilte vir die slagoffers van plaasmoorde.

ANC-LP Francois Beukman, wat na Groenewald aan die woord was, het saamgestem plase en kleinhoewes is ʼn weerlose teiken vir misdadigers, juis omdat hulle dikwels baie afgesonder is en dat plaasaanvalle soms met uitermatige geweld gepaardgaan.

Hy het egter beklemtoon daar is geen bewyse dat die brutaliteit van plaasaanvalle uniek of net van toepassing is op hierdie soort misdade nie. Volgens Beukman is plaasaanvalle nie ʼn nuwe verskynsel nie en het aanvalle op plase en kleinhoewes oor die afgelope paar jare stelselmatig verminder.

Beukman het gesê beter kommunikasie en vroeë waarskuwingstelsels in landelike gebiede moet ingestel word en ʼn veiligheidsplan moet vir elke plaas ontwikkel word. Hy het ook gesê landelike plaaswaggroepe moet ondersteuning van die plaaslike polisiestasies ontvang en die sakegemeenskap wat die landboubedryf dien moet ook by landelike veiligheid betrokke raak.

DA-LP Annette Steyn het op haar beurt gesê niemand kan ontken dat die grusame manier waarop sommige plaasaanvalle en plaasmoorde uitgevoer word “barbaars” is nie. “Hoe is dit moontlik dat selfs net een mens gemartel en soos ʼn dier geslag word en niemand sê ʼn woord nie? Hoekom is ons stil hieroor? Kan ons aanneem dit is omdat hierdie mense boere is?” het sy gevra.

Sy het genoem dit is nie net boere wat deur plaasaanvalle geraak word nie en plaaswerkers is ook die slagoffers van plaasaanvalle. “Hoekom weier die regering om beslissende stappe te doen om ons boere te beskerm? Ons sien net politieke retoriek, met ons president wat sing ‘bring my masjiengeweer’ terwyl mense vermoor word. Ons moet opstaan en alle moorde veroordeel.”

Volgens Steyn moet plaasaanvalle as ʼn prioriteitsmisdaad geklassifiseer word en meer hulpbronne moet vir landelike veiligheidseenhede beskikbaar gestel word. Sy het ook gesê misdaadintelligensie moet ondersoek instel of daar ʼn verbintenis is tussen plaasaanvalle en ander misdaad, omdat vuurwapens dikwels op plase gesteel word, wat in die uitvoering van ander misdade gebruik word. Sy het gesê die DA ondersteun die opleiding en ontplooiing van polisiereserviste in landelike gebiede en meen daar moet beter trauma-ondersteuning aan slagoffers en hul families gegee word.

Molapi Plouamma van Agang tydens die debat oor plaasaanvalle. Skermskoot: Parliament of the Republic of South Africa/YouTube

Molapi Plouamma van Agang tydens die debat oor plaasaanvalle. Skermskoot: Parliament of the Republic of South Africa/YouTube

EFF-LP Hlengiwe Hlophe het tydens haar spreekbeurt telkemale na die VF Plus gekap en gesê die party “het geen verklarings uitgereik” nadat Mark Scott-Crossley in 2005 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir sy aandeel in die moord op een van sy werkers, Nelson Chisale, wat in ʼn hok met drie wit leeus gegooi is nie. Sy het ook gesê die VF Plus het “niks gesê” toe Ishmael Mathanene (55) verlede week in die kop geskiet is toe hy volgens Hlophe vir ʼn aap aangesien is nie.

Sy het verwys na die “haglike lewensomstandighede” van sommige plaaswerkers en gesê daar is gevalle waar plaaswerkers met alkohol betaal word. “Hierdie sake ontvang geen aandag van die VF Plus of AfriForum of ander regse organisasies nie,” het sy gesê.

“Ons moet nie om die bos gelei word nie. Gemiddeld nege mense word elke dag op die Kaapse Vlakte doodgemaak. Die VF Plus wil die moorde op ʼn paar witmense uitlig bo die res. Daar word dikwels aangeneem slegs wit boere word geteiken, maar dit is nie die geval nie. Dit is swart mense wat elke dag die geweld van armoede moet verduur.”

Molapi Plouamma van Agang het by Hlophe aangesluit deur te sê baie wit boere gee nie om oor die omstandighede waaronder hul werkers moet woon en werk nie. “Wit boere moet besef dinge het verander en hulle moet nou met swart mense deel, maar plaaswerkers word soos diere behandel. Hulle [boere] is sadisties en put plesier daaruit om ons mense te sien ly,” het hy gesê.

Plouamma het verder gesê die meeste boere vervloek die dag toe demokrasie in Suid-Afrika aangebreek het.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het beswaar aangeteken teen Plouamma se stereotipering van wit boere en versoek dat hy die stelling terugtrek. Die waarnemende speaker het aangedui hy sal Plouamma se toespraak nagaan en later oor Steenhuisen se versoek beslis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Jaco ·

En wat van hierdie hele berig is nou eintlik positiewe nuus vir ons boere? Absoluut boggerall

johan II ·

Bevestig maar net hoe uitgelewer ons is…en waar lewe plaaswerkers in haaglike omstandighede!

AL ·

Hul verpolitiseer alles! Dis wat ek ook wil weet. Waar is die sogenaamde haglike omstandighede. Hul gooi argumente in die lug sonder behoorlike bewyse!

Johan ·

Jaco ek het geweet dit sal geen vrug in die sodom parlement hê nie. Maar die blote feit dat hulle nie die debat kon keer nie, spreek dele. Daar is ‘n wind wat waai!

Hyebo ·

Moan jy oor die berig/feite of die hartseer stand van sake?

Ewoud ·

Ek wonder wat die punt van die hele debat was want ons almal weet daar gaan niks daarvan kom nie. Die raskaart word net oor-en-oor gespeel. Emosioneel uitmurgenend.

Boerseun ·

Een goeie ding is meer afrikaners so oe sal hopenlik oopgaan, volkstaat , immigreer of vergaan in die verraiers se reenboog nasie droom. Afrikane is dit almal eens wit mense het die grond gesteel en weier om historiese veite te aanvaar.

Frans du Toit ·

Sal graag wil sien of hierdie debatvoering in die kankerkamers van die parlement self net EEN plaasaanval gaan verhoed.. Volgens my het dit gegaan oor politiekery en vir die boer op sy plaas of man op straat ‘n nuttelose oefening..

skorra ·

Ek sou bitter graag die heer Groenewald se navorsingstatistiek dat 40% slagoffers van plaasaanvalle swart is, onder oe wou kry. Tensy die nagevolge van doodgewone dronk-bakleiery by die arbeidershuise ook as plaasaanvalle getel word, hou ek my ernstige bedenking voor totdat ek deur feite anders oortuig word. Nog ‘n vraag sou wees hoeveel van die betrokke, gerekende 40% aanvalle in brutale marteling en moord eindig…

AL ·

Die ANC en Agang en EFF sterotipeer en veralgemeen. Hoe absoluut belaglik!
Dit klink of hul net sekere gevalle wil onthou en die res gerieflik wil vergeet – selektiewe geheue!!
Daar is geen regverdiging vir die absolute wreedheid nie!
Op die Kaapse Vlakte skiet hul op mekaar – martel nie hul slagoffers met bore, blaasvlamme, strykysters ens nie.
Gaan VN toe, die wêreld sal geskok staan teenoor soveel barbaarse geweld!

Gerbrandt ·

Hoeveel keer moet hulle nog VN toe gaan afriforum was daar hulle het plaasmoorde geprioritiseer Solidariteit se regsfonds was daar oor rasse geweld en haatspraak hofsaak was gewen ekt by die Hele solodariteit beweging aangesluit want ek voel hulle is die enigste organisasies wat iets doen in ons land hulle soek regverdigheid en as mense dit nie besef nie gaan ons nerens heen gaan nie

Fanie Kemp ·

Ons kan nie die realiteit van ons politieke bestel wegwens nie. Die Parlement is ‘n gegewe.
Dankie Vryheids Front Plus dat julle daar is om vir ons regte en belange in die bres te tree. In besonder dankie Dr.Pieter Groenewald vir jou uitstekende bydrae.

AL ·

En Cope! Monsieu Lakota het goed onder die politiekery ingeklim.

Pieter ·

Van al die sprekers was Terror Lekota die een wat die naaste aan die waarheid gekom het. Hy het die spyker op die kop geslaan toe hy vir zuma en malema spesifiek genoem het as die groot aanstigters van geweld teen die boere. Baie dankie Terror vir jou eerlikheid en manmoedigheid.

Boer ·

Volgens my het die antiboere net meer geweld aangepor en wragtag ek het meeste boere gesien wat die beste vir hul werkers doen al wat ek sê my boere bewapen julself en val aan voor hul aanval

Jakalas ·

Dit help veel as hulle mens aanval wanner mens ‘n nag se rus wil in kry. Geen wapen gaan jou daar kan uit help nie. Dis hoekom hulle ook die plaas aanval, want hulle weet die plaas boer is stek gewapen. Wapens wat hulle kan kry sonder baie moeite.

Ysbeer ·

Nou vra ek myself die vraag af – Hoeveel van die plaas aanvallers is wit? Nie een nie m.a.w. dis rassities en politiek gedrewe uitmooring van witmense. En heellaas se die strafhof in Denhaag net mooi niks.

Mellie ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie. Agang en EFF, is julle wragtag so terug op die brug?! Jul stellings is belaglik, onrealisties, pateties en absoluut lagwekkend.

Jebs ·

Ek neem aan dat die DA kospakkies na die tyd uitgedeel het aan die EFFers en ANC-bende….Houtbaai-style!!

Nog ñ boer ·

Nou wonder ek…Francois Beukman ANC-LP……wat rook jy??? Hoe in die lewe kry jy daaai som gemaak dat aanvalle op plase en kleinhoewes VERMINDER het???! Februarie 2017 was ñ bloedmaand vir ons boere en dit gaan net aan in Maart!!!! Ou maat, ek hoop jy voel veilig daar by die ANC waar jy jou mooi ingeboesem het….skielik onthou ek iets van varke en semels! Boere, skakel die verrassingselement heeltemal uit….wees ALTYD gereed!! Wees gewapen en wees gereed….ten alle tye!!! Smaak my ons sal maar na onsself moet omsien want hierdie regering voel vir ons boggerol!!!

Vonk ·

Francois Beukman-oud NP op Stellenbosch. Geval saam met die oud NG broederbond agter dieselfde motief. Geld en mag.

Hendrik ·

Ons sal moet gereed wees totdat ander strukture in plek is en dan sal ons nog steeds moet gereed wees. Hierdie ding gaan nie ophou totdat daar ‘n verantwoordelike regering/strukture in plek is nie.

Lizbé ·

Dis so jammer dat so ń pragtige land sulke lelike mense het wat daarin woon. Kan ons nie mekaar se foute in die verlede aanvaar en ook ons oë oopmaak vir al die goed wat ons Boere en veral WIT boere al vir hul werkers gedoen het nie. Ek weet van hoeveel boere wat huise, skole en winkels vir hul werkers gebou het.
Daar is altyd in elke ras goeie en slegte mense.
Ek dink ń groot fout is gemaak die dag wat skole nie meer van Suid-Afrika se geskiedenis leer nie. My kind weet nie wie is Jan v Riebeek nie, weet nie van Dingaan wat sy beloftes verbreek het en hoeveel boere uitgemoor het. Van Bloedrivier. Ons kinders leer nou van Ghandi, ń Indieër van Indieë, wat vir menseregte gestaan het. Hy het baklei teen die Suikerriet boere, meenigte wat Britte, van Engeland was.
En Mandella, maar weet hul hoeveel bomme wat hul ontplof het en onskuldiges wat in sy jong dae dood is.
Almal wil REGTE hê , maar saam met regte kom VERANTWOORDELIKHEDE. Baie van ons volk wil terug sit en op hul regte aandring, maar wat van werk vir wat jy wil hê.
Ons Boere en plaaswerkers plant kos vir ons land. Waar gaan ons kos kry, invoer? met ons R/$!
Hul sny die hand af wat hul wil voer!
Al wat ons land kan reg maak is ons Hemelse Vader.
Tyd om op ons knieë te wees.
Mag God ons land seën.

Hannelie ·

Lizbe ek stem nie saam jou nie, dis is nie meer ‘n pragtige land nie. Die lelike mense wat rassehaat aanpor, maak dat hierdie land nie meer ‘n mooi en pragtige is nie, jammer maar mens raak later negatief . Ons knieë is al deur gebid, maar solank daar niks in hierdie “pragtige” land gedoen word om misdaad en moorde te bekamp nie, dan kan ons net sorg dat ons lewe reg is, as die Here ons kom haal. Want by Hom is daar nie sulke lelike goed nie. By Hom is daar rus en vrede en die ewige lewe.

Ou Plaasvark ·

Die SA kriminele regstelsel is landswyd haas disfunksioneel weens in die algemeen swak leierskap.
Elke eerbare ware Suid-Afrikaner wat die buiteland besoek is ‘n ambassadeur vir reg en geregtigheid deur vriende, familie en die belangrike buitelandse besluitnemers in te lig oor wat werklik die stand van die Suid-Afrikaanse kriminele regstelsel is. Buitelandse beleggers en potensiële beleggers kan dan, gebaseer op werklike feite, besluit of hulle in SA wil belê. Dieselfde geld vir potensiële toeriste.

gatiep ·

Wys daai verskriklikke boere uit vir ons.
Dis net woorde wat julle praat maar gee geen bewyse daarmee saam nie.
Dink julle ek moet dit glo.

vermeende ·

En weer sit hulle die pot heel mis, sedert 94 hoeveel swart boere is deur blankes vermoor teenoor blanke boere deur swartes?????
Dit skets n ander prendjie wat nie polities korrek is nie.

Boerseun ·

My vraag is gee ons die statestieke van plaas moorde. Almal gooi dit rond dat baie swart boere ook vermoor word en ontken politiese motieve so hoekom sien ons nie die syfers nie. En media en DA speel saam met die leun sonder om vrae te vra. Hoeveel word gesteel tydens plaas moorde? 5-6 ouens kom vir een ou vir n foon of twee, hulle kan maklik n hele foon winkel roof met soveel gewapende ouens en wapens op die straat in die hande kry

hannelie ·

Gatiep koop ‘n slag die koerante hoor! Swart op wit sal jy als lees. Jy kan dit elke geval op Maroela media lees. En kyk maar die nuus, daar is nie meer goeie nuus nie,,,,,,,,moorde…………moorde…………..moorde. Elke liewe dag blankes wat vermoor word.

Lindie ·

Vervolgens word die moord en marteling verdedig agv armoede wat deur meerderheid mense beleef word asook die feit dat boere in twee genoemde gevalle werkers vermoor het, en hul plaaswerkers sleg behandel? Statisties kan mens nie eers die twee vergelyk nie, maar wat het mens verwag…

Jaco ·

Is daar iemand wat die minister van polisie se kommentaar op die huidige statistieke van plaas aanvalle kan staaf? Volgens sy toespraak is daar ‘n 50% afname in die soort oortredinge. Klink vir my of hy die statistieke van laasjaar met die van die jaar se 3 maande vergelyk. Want net vanaf Januarie tot nou toe kan ek amper sweer dis erger.

Hansman ·

Mense daar gaan NIKS maar NIKS gedoen word aan die situasie nie. Ons hoop verniet. Dis net die Here wat die boere kan bewaar.

Woordeloos ·

Hou op glo jy is tot enigiets in staat behalwe jou eie poging. BLOUKRANS?

Pierre Joubert ·

Ek het al telkemaals gevra hoekom daar nie n wet op gevaarlike Wapens ingestel is nie maar kry nerens n Antwoord nie , Ek dink dat daar erenstig gekyk word na hierdie Wet. Die Polisie doen ook niks daar aan nie asook President Zuma . Hoe kan mense met Pangas, Spiese , Byle, Machette Messe , Sekels in die openbaar rond loop, Mense wat in Taxis ry wys mense hierdie Wapens en hierdiev wapens word in al die Moorde gebruik. Waar is diev Wetgewing Dit moet bespreek word en dringend.
Die Here seen.

AL ·

Die Wet op Gevaarlike Wapens is ingestel na die Marikana betogers met hul duisende knopkieries en ander wapens opgeruk het teen die polisie.
Die wet het eenvoudig lyk my net daar gestagneer.
Miskien moet jy dit google, dalk kry jy inligting op dit.

Liendempers ·

Alhoewel ek self twyfel hoeveel gewig die debat gaan dra, hoop ek tog dat die res van die media geforseer gaan word om daaroor te berig. Dit is baie opmerklik dat ek nie op EWN enige berigte oor plaasmoorde lees nie. Selfs Netwerk berig nie oor al die gevalle nie? Is dit dan selektief die nuus wat gedeel word?

dirk ·

Baie interessante gesprekke vanmiddag in die parlement. . slotsom : Om te boer in SA is baie moeiliker as wat mens besef – na die aanhoor van party sprekers besef jy wat die boere moet deurmaak. Hulle bedryf groot besighede, en werk met mense wat feitlik ongeskool is aan wie hulle werk bied. om almal te beskerm, te betaal, en jou besigheid te beveilig teen diefstal en aanvalle is geweldig. Ek hoop ons sien gou vordering – ook uit die oord van meer privaat ‘reserviste’, ens wat dienste aanbied. wie is bereid om op plase te werk en sal hule welkom wees?

Andre ·

Ek sal dit seker ‘n 100 maal se. Jy debatteer nie met kommuniste nie en ook nie met mense wat nie feite het nie. As die EFF en Agang en wie ookal met politieke retoriek sonder bewyse na die tafel toe kom is die gesprek verby. Jy mors jou asem deur met sulke mense debat te voer. Ons moet self iets pro-aktiefs doen.

Rynhardt ·

AI, ANDRE, ek wens daar was meer mense soos jy!!! Ons mense leef in ontkenning dat hul in n kommunistiese land sit, en dan verwag hul nog regverdige uitsprake daarby! Hul kan net nie wakker word nie.

Hendrik ·

Ek glo dat ons een reuse groot stap moet maak wat die land en die wereld se oe sal laat rek. Ons as Afrikaners moet ons onttrek vanaf die demokrasie. Ons sal dan onderhandel vir ons toekoms sonder rassitiese wetgewing soos” affirmative action”, BEE, kwotas ens. As die VF+ mans is sal hulle hulself ontrek vanaf die parlement en aansluit by die burgerlike samewerking groepe om op grondvlak werk te doen. Om te praat in die parlement help NIKS!

Annie ·

As dit nie vir die boere was nie het hierdie mense nie n dak oor hulle koppe of kos in hulle pense gehad nie. ANC regering kyk mos net na hulle self. Sommige dame Mininster se skoene kos -+ R12000 per paar … i rest my case!!!!!

Deon Taljaard ·

Die feit van die saak is dat die swartes nie die blankes in die land soek nie en gaan aanhou met die oorlog van die vlooi. Enigste is dat ons mense paraat moet wees en by georganiseerde sekuriteit moet aandluit.

Jaco ·

Jy het my nie lewe gegee nie. So moenie verwag dat ek op my knieë gaan val en pleit dat jy dit nie wegvat nie. Ek sal vir dit baklei tot my laaste asem. Jy bepaal nie my toekoms nie. Jy bepaal dalk die omstandighede maar jy vergeet dat ons as Boerevolk nog altyd bo uit gekom het in die slegste omstandighede. Ons was nog altyd die minderheid en het elke keer oorwinning behaal. Met elke slagting, ‘n standbeeld ter ere van God gebou. Ek is nie in staat deur jou nie. Ek is in staat tot enige iets deur God wat my krag gee. Nie deur jou nie. Trots Afrikaans.

Woordeloos ·

Hou op glo jy is tot enigiets in staat behalwe jou eie poging. BLOUKRANS?

engela ·

Is die behuising in plakkerskampe dan beter as die op plase? Ek is oortuig die plase s’n is stukke beter. Maar dit word telkens onder ons neuse gevryf. Em

Ljl ·

Dankie Lakota jou toespraak was die beste en kan sien of hoor jy gee om vir mense,ons het ń leier soos jy nodig.Strekte en dankie vir jou omgee.

Hansie ·

40% van plaasmoorde is op swart boere Volens statistiek,hoekom word dit dan nie aangehoor en as prioriteit gesien nie.

Hannalie Jonker ·

Natuurlik is dit rasgedrewe. Waar sien jy wit mense swart boere doodmaak?

Hendrik ·

Regtig? Hy het niks uitsonderlik gese nie. Hy het soos enige normale man wat nie bang is opgetree. Die ander mense is ‘n klomp banggatte!

Rynhardt ·

Hulle leef almal in ontkenning in parlement m.b.t.tot die moorde op witboere vir die afgelope 23jaar al! Duisende van ons mense is afgemaai onder Anc se bewind.Carte Blanche het reeds Sondag al bevestig dat elke dag word n wit boer afgemaai! Vir al die politieke partye (Anc-faksies) gaan dit net daaroor om polities korrek op te tree en om politieke punte aan te teken.Ons mense word op afgryslike maniere vermoor wat die hansworse in parlement ontken.Ek het foto’s gesien van hoe blanke vrouens wat herhaaldelik verkrag is en dat word kruise in hul keelgatte afgedruk! Waarom toon Groenewald en kie. nie hierdie fotos in parlement nie?? Antwoord is doodeenvoudig.Daar is net n klomp lamsakke! Afrikaners, julle sal alke fotos, dokumente ens. op internet moet begin toon van ons mense wat wreedaardig vermoor word, abders gaan die moorde op ons mense afgemaak word as propaganda soos met die jode.Parlement ontken reeds moorde op ons mense in land! n Sein is vandag deur die parlement uitgestuur dat moorde teen ons mense maar kan toeneem!Blankes op plase en stedelike gebiede, jy sal jou moet begin bewapen.

Terloops ·

Dit is duidelik hoekom ons is waar ons is… kyk maar net na kommentare. Hier en op facebook.

Ljl ·

Ek het vandag weer gesien hoekom dit so swak gaan met ons afrikaans sprekende volk, die vonk die geesdrif soos oorlede Eugene sou praat is nie meer daar nie,alle dank aan Mnr. Lakota.

Afrikaanse Knaap ·

Nêrens sê iemand in die parlement , waarvoor ek ten duurste betaal “Nou maar kwai, wat gaan ons daaromtrent doen?” nie.
Ek wens ek hoef nie 40% van my inkomste vir daai klomp ANC en EFF en Agang kwak salwers te gee nie.
Alle moorde moet ten sterkte veroordeel word.
‘n Lewe beteken vir die ANC bitter min. Hulle het hulle eie mense met bande om die nek gebrand. Wie dink vir 1 oomblik hulle gee om vir ‘n Afrikaner boer?
Dankie Mr Lakota, jy het raakgevat.

Marie Visser ·

Gegewe vandag se Parlementêre sitting m.b.t. plaasmoorde en die kommentare daarop, het ons ‘n groot verantwoordelikheid om vir die land en AL sy inwoners te bid – dit is ‘n opdrag van God uit sy Woord. Hier is baie hartseer, bitterheid en woede in ons mense se harte en slegs gebed kan die genesingsproses begin. God sê dra mekaar se laste en bid vir mekaar EN vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Vergewing bring heling.

Johan Fourie ·

Hansie hulle ken nie die konsep van plaas boer nie hulle glo vas as hy twee rye miellies plant let wel die anner helfte gaan leen hulle by regte plaas boere en verkoop dit op die straate en 1 pampoen agter sy erf, en 5beeste wat die dorpe rond loop,dan is hy n plaas boer,wat het ons verwag ons het tog ge weet die anc gaan n bespotting van die hele storie maak.

Jakalas ·

Kan enige iemand vir my sê wat ons nou daaraan gaan doen? Ons sien dit gaan nêrens heen gaan as ons niks daaraan doen nie. Die komandoes was die enigste organisasie wat nog die werk kon doen om boere te verdeudig. Wat het ons nou? Leë beloftes?
Ek is moeg om elke dag die nuus te lees en te sien nog ‘n boer is vermoor (in die koerant het dit al bladsy 3 nuus geword) en hoe nog ‘n party sê hulle soek nie wit mense in die land nie. Ek wens net ons mense kan saam staan vir eens en saamwerk op ‘n oplossing. Nie lank van nou af nie, gaan die konstitusie en wet ons nie meer beskerm soos dit nou doen nie. Geen regs proses gaan keer dat hulle maak aan ons wat hulle wil nie. Ons tyd loop uit. Wat gaan ons maak hieroor?

Peanut ·

Moord bly moord en alle moord moet veroordeel word maak nie saak wie dit is wat die oortreder of die slag offer is nie.
Die feit dat die eff “ou ” moordsake ophaal dui op die minmaliteit wat blankes swart mense wel vermoor(maak dit nog steeds nie reg nie – moord bly moord), dit lyk ook dat hulle sulke gevalle gebruik as regverdiging vir wat tans aan die gebeur is.
Ek glo nog steeds dat die eff agter die skerms die anc se militere vleuel is en net in die openbaar is daar “smoke and mirrors”
hierdie goed moet on begin bekend maak aan die res vd wereld – BBC CNN ens
Ons moet presies dieselfde taktiek gebruik wat die anc gebruik het gedurende apartheid – basuin alles uit op wereld nuus
Daar bestaan geen regverdiging vir enige moord nie – behalwe in die geval waar die slagoffer sy eie lewe en die van die mense om hom beskerm

hier is weer n epos adres vir BBCNews
[email protected]

James ·

BBC is fake news… hul sal nie akkuraat daaroor verslag doen nie.

groenewaldt ·

Lekota het goed gepraat en op die man af. Knap gedaan. Wens hy kon President wees. Hy het rugraat. Net jammer die hordes sonder morele waardes stem nie saam nie. Hulle kan nie – want hulle het nie morele waardes nie!
Dalk moet ons wittes volgende keer vir hom stem want die DA beteken niks nie – soos wat ons gesien het.

Hendrik ·

Nee wat die minderheid se heil nie in die parlement nie. Nie enige van die minderheidspartye het en gaan in die toekoms ‘n effek he in die parlement. Daar word nou alreeds gepraat van ‘n ANC/EFF aliansie in 2019 en dat sal die grondwet verander word om grondonteiening sonder vergoeding (Zim styl) in plek te staan. Tik maar nog steeds die merkie agter selfbeskikking vir nog ‘n oplossing vir die minderheid se oorlewing in S.A.

Johannes Meintjes ·

Dis jammer dat demokrasie nie ook met intelligensie, perspektief en hardwerkendheid gepaard gaan nie. Sommige debatvoerders praat sin. Ander praat twak.

david ras ·

Dankie Peanut—-jy is die enigste een van almal wat hier geskryf het wat iets geleer het uit die ANC se “suksesvolle struggle”teen ons—die word PROPAGANDA….!
Dit is wat met ons gebeur het in 1994—ons het nie ‘n fisiese oorlog verloor nie, maar ons het die propaganda stryd verloor.
Hieroor kan ons lank debatteer, maar vir my wys die vinger reguit na die media.
Dan is daar die skrywers wat hier beskuldigend meen dat die die debat ‘n mors van tyd was.
Wat is die teenpool hiervan—bly maar net stil en vat die houe, Staan buite in die gange en kerm en kla ?
Die VF+ het gedoen waarvoor hulle parlement toe gestuur is—praat ! Want dis wat daar gedoen word–PRAAT….!
Ongelukkig laat parlementere reels nie toe dat daar fotos of plakkate van hier gru-moorde binne die raadsaal vertoon word nie.
Net ter inligting–die spreekbeurt tyd aan politieke partye word bepaal deur die grootte van die party. So kry die VF+ normaalweg net 3 minute . Die DA kry so 13 minute en die ANC ongeveer 20 minute. Dit is die beperkings waaronder die VF+ moet optree.

Die enigste party wat hulle blykbaar nie hieraan steur nie is die EFF. Moet die VF+dus nou soos die EFF optree om gehoor te word ?
Ek glo nie so nie

Willie ·

Volsmoord is aan die orde van die dag. Dis asof daar n verlekkering van die Staat se kant is… Die brutale moord en marteling is niks anders die resultaat van aanhitsing van die EFF.. Die EFF moet strafregtelik vervolg word…. Mense bemagtig julself met enige vorm van selfverdediging… Mes aanvalle is aan die orde van die dag….

Johan. H. ·

Mnr Lekota , jy is n man met rugraad, Ek stem eerder vir jou as da,, Mense moenie geflous wees en op die loure sit nie , hierdie is net lippetaal, Eers wou hulle nie dit bespreek in die parlement nie, met druk doen hulle dit nou,,Wees parraat

Connie ·

Wonder waarom Malema nie in die Parlement was nie. Waarom het hy nie aan die bespreking deelgeneem nie. Uit vrees vir die Boere?

STAAN BY ·

nou toe daar hoor jul dit, hulle verdra ons nie. ek sê weer vir die 4de keer, ONTHOU 6 APRIL as hul wil grond beset moet ons daar wees in ons duisende, en kyk om jou daai dag waar is jou buurman, as hy nie daar is nie, dan staan hy op sy eie en moet nie roep vir hulp nie. ons almal vra mos wanneer gaan ons iets doen, dis die 6de april. praat met jou buure vriende, as ons hoor van ‘n grondbesetting, gaan ons vreedsaam binne die wet, opdaag daar ver van hul af en net toekyk wat doen die wetstoepassers, ons getalle moet vir ons praat. is jy in?

Nic ·

Hoe gaan mens te werk om ‘n staatsleier by die Internasionale strafhof te verkla? Dit mag dalk help as daar so ‘n sward oor malema en zuma se koppe hang

Dirk01 ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die DA en VF so swak voor bereid was , daar moes besef word die gevalle waar sogenaamde boere n persoon met windbuks geskiet het asook die doodskis episode nie plaas boere was nie een geval was hulle werkers op plaas en windbuks geval n sendeling wat huur .Dit was stroop vir die EFF . Die gevalle was mos maklik ammunisie vir ANC en EFF . Die voor bereiding was tragies dit was n gulde geleentheid om hulle verkeerd te bewys……..hoekom het hulle nie 30 plus plaas aanval slagoffers se persele gaan fotograeer asook hulle werkers en beedigte verklarings of beeld material op video gehad as bewyse nie.Daar is nie n woord oor die profiel van aanvallers gerep nie ,nie ouderdom of herkoms…..kom ons noem dit byname immigrante van Zimbabwe

Rina Kotze ·

Volgens my kennis behandel die meeste boere hul werkers baie goed.
Hulle het gratis huisvesting, elektrisiteit, spoeltoilette. Hulle kry bv groente en vleis gratis en selfs melk.

Dit bly volgens my barbaars en die manier hoe mense mishandel word en geslag word tydens die aanvalle, is om van naar te word! Bring maar die kommando stelsel terug en al die oudsoldate en polisiemanne wat hul werk volgens regstellende aksie verloor het.

Die EFF, ANC en oud NP lede, lewe in Fantasieland en staan soos ‘n wafferse volstuis, kop in die sand. Word wakker maggies! Seker omdat van hule familie of vriende nog nie daardeur is nie??? Of hulle self nie?

Ja, swart boere word ook vermoor, maar bitter selde deur blankes, Plaaswerkers word ook vermoor en getraumatiseer.
En elke keer wanneer ‘n boer vermoor word, sit die werkers sonder werk en word die kos al duurder!

Dankie Dr Pieter Groenewald vir jou poging, Plaasmoorde en moorde in die algemeen moet gestop word.

Mense op grondvlak kom goed oor rasse grense oor die weg, dis die politici wat dit opfoeter.

So, ANC, EFF en ander wat nog in Fantasieland bly, word wakker en ruik die daisies!
Julle laat toe dat boere vermoor word en onskuldige mense gemartel word, julle gaan ‘n hengse verrassing kry.

Leë winkelrakke!

Ons kan net bid vir hartsveranderinge in mense,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.