Ras troef meriete: Matie-studiefonds gestig

AfriForum Jeug het dié spotprent aan Maroela Media verskaf

AfriForum Jeug het dié spotprent aan Maroela Media verskaf

AfriForum Jeug het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand ’n Matie-alumni-studiefonds gestig om huidige en voornemende studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) met behulp van alumni-skenkings in staat te stel om te studeer. Studente wat deur dié fonds gehelp word, sal uitsluitlik op grond van meriete gekeur word.

“Die fonds is gestig ná verskeie gevalle aangemeld is waar voornemende studente weens rassediskriminasie nie by hoëronderwysinstellings keuring gekry het nie – uitstekende prestasies ten spyt,” het Bernard Pieters, Maties se kampuskoördineerder, gesê.

Aansoeke om studiehulp sowel as met die keuringsproses sal deur Helpende Hand bestuur word.

“Die regering en universiteitsbesture kan nie met ons geld vertrou word nie. Hulle laat studente met die keuringsproses in die steek omdat ander faktore bó meriete in ag geneem word. Die onus rus op ons om sélf in te gryp en sowel huidige as voornemende studente by te staan en te help om die toekoms te hê wat hulle verdien en waarvoor hulle hard gewerk het,” het Pieters bygevoeg.

AfriForum Jeug doen ’n beroep om alumni van die US om dié studiefonds te ondersteun.
• Alumni wat tot die studiefonds wil bydra, kan ’n e-pos na [email protected] stuur, of 012 644 4428 of 012 644 4390 skakel.
• Studente wat vir die studiefonds wil aansoek doen, kan ’n e-pos na [email protected] stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Yvonne ·

Meriete? Keuring? Afriforum is nie wat hulle voorgee nie. Ek, ‘n sestigjarige enkelouer van ‘n dogter wat deur US aanvaar is, kon nie goedkeuring vir my dogter kry vir studiehulp van Afriforum nie. Ek kon my kind uiteindelik nie Stellenbosch toe stuur nie want ek kon dit net gladnie bekostig nie en wou haar nie alleen stuur nie, aangesien sy ‘n epilepsielyer is. Haar Matriekuitslae was goed en sy sal hierdie jaar haar finale jaar BA doen. Sy het reeds in haar eerste en tweede jaar meeste van haar vakke Cum Laude geslaag. Volgende jaar moet sy haar Honneurs doen. Maar aangesien Afriforum haar lening afgekeur het is ons verslae en o tredderd want daar is net nie geld vir haar studies hierdie jaar nie. As iemand soos sy dan nie goed genoeg is vir ‘n lening nie, wil ek regtigwaar net weet hoeveel jingmense dan wel uiteindelik daarvoor kwalifiseer. En ja, ek is vrek bitterbek daaroor!!!

peanut ·

Hellooooo Yvonne Bitterbek
As ek die artikel reglees is dit n nuutgestigde fonds.
Indien jou kind al by Honneurs is, het jy waarskynlik hulp gesoek by n fonds wat nog self gesukkel het om tot stand te kom op daai stadium.
Mens moet egter seker ook aanvaar dat nie ALMAL gehelp sal kan word nie, al wil Helpende Hand hoe graag ook al.
Met enige en alle beurse en lenings is daar kategoriee, reels, regulasies, voorwaardes en beperkte aantal geleenthede.
Ek stel voor jy gee nie moed op nie, en probeer weer. Miskien is jou kind hierdie jaar die een wat uitstaan bo al die ander 10 000 wat in dieselfde ry staan, met dieselfde behoefte en dieselfde tipe eksamenuitslae.
sterkte.

Johan II ·

Dankie Peanut, ek het in BAIE toue moes staan v beurse en lenings om klaar te kon swot. Daar is maar net baie behoefte en min plek. Vandag dra ek ook by en hopenlik help dit weer iemand. Maar moenie “verbitter” word nie, dis hoe dit is.

Henry ·

In die dae toe matriek as standerd 10 bekend was, het ons ‘n BA graad ook as Standerd 11 geken.

ook n ouer ·

Yvonne doen dadelik weer aansoek
Stuur vir H Hand hierdie skrywe van jou oor jou sielsongelukkiheid. Helpende Hand asseblief help hierdie ouer en student. Dit sal so baie beteken vir albei van hulle. Asb kan julle haar en haar kind help?
Baie dankie.

moeder ·

Helpende Hand gee asb steun aan bogenoemde ouer en student. Die student se drome kan nie verpletter word nie . Gee haar asb n kans.Gee julle asb vir haar n kans om haar droom te verwesenlik. Dit is nie te laat nie. Julle kan dit doen
Ek glo vas in julle en respekteer julle. Help asb vir hulle?

ada ·

Helpende Hand sal julle asb hierdie ongelukkige ouer help? Asseblief?

hannes marais ·

afriforum en helpende hand het die afrikaanse gemeenskap gekaap..miljoene rande gaan in hulle bankrekening in deur lede geld….en afriforum maak nie veel hondhaar af nie

miem ·

Yvonne bel die nodige mense soos gemeld in die artikel. Ek hou styf duimvas vir jou. Groete Miem.

ada ·

Jaco en Hannes moet nie kommentaar lewer oor iets waarvan julle niks weet nie. Agri en SHH doen baie vir ons land en studente. Ek het twee kinders op Stellenb. Die een wat Ing swot word deur HH gehelp. Die ander een swot BA sielkunde en tale en dit is nie n gloryfied matriek nie. Glo my. Moet nie net afbreek as jy nie insig daaroor het nie. Ek was op bestuur van HH en het self ondervind wat gedoen word om ander te help. Wat doen julle om ander te help? Sit op die leunstoel en kla en afbreek? Waarom help julle nie ook nie? Daar is duisende studente wat hulp nodig het. Word ook n lid van HH en beteken iets.Ledegeld is minimaal.

Johan ·

Jip se hulle Ada. Ek stem volhartig saam met jou. Maak eerder n bydrae en hou op neul en afbreek.

ouer ·

Dankie vir die positiewe kommentaar oor HH. Dit word waardeer.Ek is ook n lid van HH en istrots daarop. My klein bydrae help n student.

Abie ·

Jaco en Hannes breek julle alles gewoonlik net af sonder om ondetsoek in te stel? Die mag van die gewoonte? My kind swot ook BA.

Fanie ·

Yvonne, AfriForum se nuutgestigte fonds het nog nie geld om te help nie. Die Helpende hand Studiefonds help jaarliks 1500 studente met R40 miljoen, maar kry 6000 aansoeke. Hul maak staat op vrywillige bydraes, kry geen staatshulp of bydraes van groot maatskaplye nie, en gee rentevrye lenings. Hul kan ook net doen wat hul kan. Moet asb nie die wat in moeilike tye nog probeer aanval nie.

dup ·

Ek word eerder deur HH en Afriforum gekaap as iemand anders .Ten minste kaap hulle my in Afrikaans.My gesin se studie koste (3)was en is steeds hoog maar ek kan nie die wereld daarvoor blameer nie, ek kan en moes maar self iets doen.Ek het egter lof vir enige poging om iemand te help solank dit op meriete en alleen op meriete is.Vasbyt.

Jan maak n plan ·

Nou wat maak Maties so spesiaal Hoekom nie Puk, Tuks of Kovsies nie. Wat van studente daar?

gert ·

Dit gaan nie oor Maties nie. Dit gaan oor beskikbaarheid van spesifieke kursusse afstand en dies meer.

Maria Van Dieweeck ·

Ek wonder soms wat ons voorouers van vandag se Afrikaners sou dink. As iemand n plan probeer maak, is dit tog seker beter as sit en neul. Ek dink die feit dat meriete gaan gebruik word is PUIK!

Andrea ·

Afriforum Jeug, loer bietjie ma hierdie saak by Tuks ook, asb…

prof Naude ·

Henry ek daag jou uit om nou vir BA in te skryf en dan sien hoe jy doen. Sal graag dan daarmee wil opvolg.Jy behoort Cum Laude te kry aangesien jy jou super intelligensie so adverteer. Dit geld natuurlik ook aan alle kommentare wat die BA graad so afkraak. Dit sal goed wees om nederig te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.